Rassie verras toe (wel) met Bongi en Elton

Malcolm Marx se werk by die afbreekpunte sal gemis word. (Foto: GB Jordaan)

Dit was toe nie net spoke wat opgejaag is nie. Die Springbokke pak die Wallabies Saterdag in Brisbane sonder hul enigste baljagter, Malcolm Marx. En Elton Jantjies het die jawoord bo Handré Pollard op losskakel gekry.

Erasmus het altesame ses veranderinge ‒ en ʼn posisionele skuif ‒ aan die span aangebring wat twee weke gelede met 19-32 teen die Argentynse Poemas in Mendoza verloor het.

Uit is die senterpaar van André Esterhuizen en Lukhanyo Am, Pollard, die loskopstut Beast Mtawarira, Marx (haker) en die vaskopflank Francois Louw.

In hul plekke kom onderskeidelik Damian de Allende en Jesse Kriel (die vierde senterpaar in ses toetswedstryde, maar straks die meeste gevestigde kombinasie), Jantjies, Steven Kitshoff, Bongi Mbonambi en Pieter-Steph du Toit.

Dan skuif die kaptein Siya Kolisi weer terug in die nommer ses-trui, waar hy sy stempel veel beter behoort af te druk.

Dalk is ʼn mens onnodig sinies, maar hoe gaan jy die Wallabies se David Pocock en Michael Hooper verhinder om jou besit te vertraag, of om self besit om te keer, as jy jou beste (en enigste baljagter) Marx op die bank kies?

Hoe gaan jy Pollard sy selfvertroue laat herstel as jy Jantjies bo hom inspan?

Kom ons speel duiwelsadvokaat: Veronderstel Jantjies en Mbonambi speel skitterend en wen die toets teen die Wallabies, hoe kan jy hulle dan weglaat vir volgende Saterdag se toets teen die All Blacks in Wellington?

Met die keuse van Kitshoff en Du Toit (en die senterpaar) is daar geen fout te vind nie, ook nie met die keuse van ’n stewige plaasvervangersbank (Marx, Mtawarira, Wilco Louw, RG Snyman, Louw, Embrose Papier, Pollard en Cheslin Kolbe) wat ʼn groot impak behoort te maak wanneer hulle opgestuur word nie.

Maar, veronderstel nou die Bokke is reeds agter (onthou hulle het sedert 1992 nog net een uit 11 toetse in Brisbane gewen) en die momentum is teen hulle ‒ gaan die bank dan nog ʼn verskil kan maak of sal hulle dan net opvangrugby moet speel?

Die Springbokspan (aantal toetse tussen hakies)
Willie le Roux (46), 14 Makazole Mapimpi (3), 13 Jesse Kriel (32), 12 Damian de Allende (30), 11 Aphiwe Dyantyi (5), 10 Elton Jantjies (26), 9 Faf de Klerk (16), 8 Warren Whiteley (19), 7 Pieter-Steph du Toit (38), 6 Siya Kolisi (kapteins, 33), 5 Franco Mostert (22), 4 Eben Etzebeth (69), 3 Frans Malherbe (21), 2 Bongi Mbonambi (18), 1 Steven Kitshoff (29). Bank: 16 Malcolm Marx (16), 17 Beast Mtawarira (103), 18 Wilco Louw (8), 19 RG Snyman (4), 20 Francois Louw (59), 21 Embrose Papier (3), 22 Handré Pollard (31), 23 Cheslin Kolbe (0).

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

bloues ·

Mpimpi kan nie verdedig nie. De Allende het na n lang besering Saterdag vir die WP nie uitgestaan nie. Jantjies? Geen baljagters nie. RG op die bank?

Soos ek reeds genoem het, ek dink nie die bokke sal een van hul oorblywende wedstryde wen nie.

bollie ·

WP het nie laas Saterdag gespeel nie. Jou blourok hang uit.

Frans C ·

Niemand wat vir David Pocock intoom gaan hou of ewenaar nie.Marx se weglating.’n groot fout en kan die Bokke duur te staan kom.

Laetitia ·

Rassie ek hoop jy bing vir Marx baie gou op die veld of anders gaan die Aussies bokvleis eet

Morne ·

Nee wat Rassie. Hoe moet die ondersteuners weer in die bokke glo as jy sulke spanne kies. Elton, Frans Malherbe, Mbonambi……wat soek hulle daar? Waars Marx, Marco van Staden, Wilco Louw. Dit was mos nou die geleentheid om Damien Willemse te kies met Pollard langs hom op senter. Nee wat. Hier kom nog n rekord loesing

Manie ·

Rassie jy kan maar probeer soos wat jy wil. Kwotas en prestasie loop nie hand aan hand. Ek vermoed jy weet dit ook en jy is daar net vir die geld.

bollie ·

5 uit 30 sedert 1992 teen Aus in Aus. Maak dit 5 uit 31. Die senterpaar is die enigste verbetering die and is verswakkings. AC kon darem verlede jaar gelykop speel. Rassie aan die ander kant…..

A ·

Vorige toets het ek tv kanaal verander. Gaan nie eers die moeite doen om te kyk nie

Leon ·

Nee wat hier kom n pakslae van noot. Hoe los jy marx uit, pocock smile nou van oor tot oor, senters beter, maar vleul verdediging gaan n probleem wees vir bokke.
Grys hare hier kom ons

Jacques ·

Wat vir my kommerwekkend is, is dat spelers reeds 30,31 of meer toetse gespeel het en dan weet ons nog steeds nie of hy goed genoeg is om in die Springbokspan te wees. nie.

LR ·

Ai arme Rassie. Die oes aan goeie verdienstelike rugbyspelers in hierdie land is maar skraal. Weet nie waar sien Kobus Wiese en Bryton die sogenaamde diepte van goeie spelers in hierdie land raak nie.
Maak vrede daarmee rugby is besig om omonkeerbaar te verander in hierdie land.

Sewes ·

As enige iemand belangstel – die hoërskole speel ‘n sewes toernooi op Pietersburg Saterdag. Dit gaan baie meer bevredigend wees om dit te gaan kyk as na die voorspelde getjommel wat bokke (???) gaan opdis. Nooit as te nimmer sal die Aussies vir Pocock drop na die bank toe nie!! Wat dink Rassie?? Moes Beast plek maak vir Kitshoff en toe is die verhouding nie reg nie? Daarom drop jy jou stêr speler vir kwota?

Jacques ·

Wat vir my kommerwekkend is, is dat spelers reeds 30,31 of meer toetse gespeel het en dan weet ons nog steeds nie of hy goed genoeg is om in die Springbokspan te wees nie.

bollie ·

Ek kan ons wereldklas-spelers op een hand tel. Ongelukkig is die oorgrootte meerderheid slegs gemiddelde provinsiale spelers. Dis ons probleem. Weet ook nie waar Wiese en kie aan die diepte storie kom nie. Beslis nie diepte in gehalte nie.

Nico ·

Crusaters het gewys Marx beteken niks as hy kompetisie omdielosbal het nie en dan kan hy ook nie in die lynstane ingooi nie. Dit kan net goed wees vir Pollard sodat hy terug aarde toe kan kom. Marco moes bo Kolisi gekies gewees he. Hy is net in naam kaptein en nie op die veld nie. De Elendig gaan hom maar net weer disnis hardloop soos al die nommer 12’s en as kriel die bal gaan kry weet hy nie dat hy spanmaats het nie ,want hy wil die doellyn alleen oorsteek. Hy gee nie ‘n bal uit nie.

bollie ·

Het van Staden nie ‘n kansie gekry teen Wallis nie? As ek reg onthou het hy niks daar uitgerig nie en so ‘n klomp strafskoppe afgestaan dat hy maar eerder van die veld gehaal is.

Niklaas ·

Rassie is veronderstel om ‘ n baie groter rugby kenner te wees as ons leunstoel kritici. Dalks weet hy iets wat ek net nie kan insien nie , so ons word miskien vreeslik verras met Bongi en De Elendig se towerspel Saterdag. Ek sal Esterhuizen nie te lank splinters laat optel nie. Van die losskakel situasie praat ek maar liewers nie. Kom ons hoop die wonderwerk gebeur Saterdag en bokke wen !

bollie ·

Ek verstaan nie die kritiek teen De Allende nie, beslis die beste beskikbare keuse. Lyk my Rassie het vir kombinasie in die voorry gegaan. Malherbe, Mbonambi en Kitshoff het al menige voorrye gesink as kombinasie. Junkies is die enigste rerige swak keuse alhoewel Pollard maar net so useless is. Ek sou vir Willemse kans gegee het. Ons gaan sukkel by die breekpunte, dis ‘n feit soos ‘n koei.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.