Rassie wil die rugbypubliek weer rede gee om te glo

Foto: (AP Photo/Shuji Kajiyama)

Sedert 2015 het die Springbokke al ’n hele paar keer met rooi gesigte van die veld gestap: Hulle het onder meer teen Japan en Italië verloor en het in 2017 ’n rekordnederlaag van 57 – 0 teen die All Blacks gely. O ja, in hierdie tydperk het hulle ook met 39 – 3 teen Ierland die onderspit gedelf.

Maar Rassie Erasmus, Bok-afrigter, het ’n droom dat die Springbokke weer die nommereen-span ter wêreld sal word – ’n eer wat hulle bykans ’n dekade terug te beurt geval het.

“Ek dink ons was vir die afgelope paar jaar onder druk om onsself weer te bewys,” het Erasmus gesê.

“Ons was sedert die 2015-Wêreldbekertoernooi al die vyfde, sesde en selfs die sewende beste span ter wêreld en ons het bykans teen al die spanne pakslae gekry.”

Hy het bygevoeg dat ondersteuners vertroue in die span verloor het en dat die huidige groep spelers aanvanklik net probeer het om weer ’n gerespekteerde span te word; nie net in Suid-Afrika nie, maar ook op die internasionale verhoog.

“Ons is egter nou in ’n fase waar ons weer die nommereen-span ter wêreld wíl wees.”

Hoewel die Bokke nie daardie doelwit ná die naweke se wedstryde kan bereik nie – Nieu-Seeland en Engeland sal steeds die voorste spanne wees, maak nie saak wie in hul tweestryd wen of verloor nie – kan die William Webb Ellis-trofee alles verander.

As Siya Kolisi se span Sondag vir Wallis wen, sal hulle na die derde plek op die wêreldranglys klim, ’n posisie wat hulle laas in Augustus 2015 beklee het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

20 Kommentare

jongste oudste gewildste
Andreas

Blah, blah, blah…..

Werner

Voor die Wêreldbeker-Toernooi was Rassie se wenrekord net 50%. Swakker as Snor en Heyneke, maar nadat hy vir Kanada, Namibia en Japan geklop het, dink hy dis oulik. Hoeveel keer het die bokke vir Nieu-Zeeland geklop in sy tyd?

Kolisie is net in n seremoniële pos. Die kaptein is eintlik Duanne!

Netta

Net so, Werner!

AB

Julle was op ‘n stadium nr 1. Julle is nie meer nie. Sal ook nie weer wees nie!

Dubbelloop

Ja Werner en Andreas, wat sal julle opinie en uitdrukking verander? Sou ons die naweek Wallis kafdraf en Nieu Zeeland wen, sal julle steeds verskonings soek om dalk iets anders te blameer, maar volstrek weier om Rassie en sy manne alle krediet en n klop op die skouer gee? Ek het dit al meer as een keer gesê, Rassie het baie reg gekry as afrigter en onder al die politieke druk wat hy moes verduur. Mens kan ook nie sy verloor wedstryde aan die begin vir hom die blaam gee nie. Dit was nog a.g.v. AC se swak afrigting. Kom… Lees meer »