Reaksie: ‘Dit was `n vernedering’

Jean de Villiers - teleurgesteld (Foto: guardian.com)

Jean de Villiers – teleurgesteld (Foto: guardian.com)

Die Springbokkaptein Jean de Villiers was duidelik verslae na Saterdag se 37-25-neerlaag teen Argentinië.

“Dit was `n vernedering. Dit was nie aanvaarbaar dat ons twee drieë van eerstefase af afgestaan het nie. Ons het miskien te hard probeer en te geforseerd gespeel. Daar is egter geen verskoning nie, ons was net eenvoudig nie goed genoeg nie.”

Hy het Poemas met hulle sege gelukgewens en erken dat hulle verdien het om te wen.

De Villiers het gesê die Springbokke is as groep baie teleurgesteld. “Ons het nie reg aan die trui en aan die land laat geskied nie.”
Hy het ook daarop gesinspeel dat die spelers miskien nie reg ingestel was nie. ”Moontlik is dit meer `n kwessie van die geestelike sy regkry as die fisiese aspekte.”

♦ Die Argentynse kaptein Agustin Creevy was uiteraard baie gelukkig. Hy het deur sy tol na die wedstryd gesê dit was waarvoor hulle gewerk het en sy spelers geloof dat hulle die passie deur die wedstryd behou het.

Hy bygevoeg dat deel van die oorwinning behoort aan die spesiale Argentynse gaste wat teenwoordig was.

Hy het verwys na van die spelers wat 50 jaar gelede deur Suid-Afrika getoer en toe die Junior Springbokke geklop het wat op Kingspark teenwoordig was. Hulle was op die heel eerste toer in die Argentynse rugbygeskiedenis.

Van die oubase, nou almal hier om en by 75 jaar oud, het voor én na die wedstryd gehuil.

`n Mens kon ook voor die wedstryd sien die Poemas is opgesweep en gereed om te wen toe hulle gestaan en huil het tydens die sing van hulle volkslied.

♦ Die Poemas het Saterdag met `n ander wapen op die bors as altyd gespeel met 1965 daarop geborduur. Dit was inderdaad `n groot geleentheid in die Argentynse rugbygeskiedenis en hulle hou ook aanstaande naweek in Buenos Aires makietie wanneer die Bokke daar speel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

18 Kommentare

jongste oudste gewildste
Kobus

ek se dit al lankal, Meyer is nie geskik vir bok rugby nie, hy maak dit n bespotting, ek kan dit nie verstaan hoe sy kop werk nie , die leeus eindig 2 de in sa groep in super rugby, hulle sou n beter poging in die semi’s as wp aangewend het maar nog steeds is daar nie een leeu in die span nie, hy laat eerder spelers uit posisie speel as om nuwe talent te ontgun, spelers verlaat nie die land oor politiek nie, maar eerder oor swak afrigters, ek bly n trotse all black ondersteuner en laat sak… Lees meer »

Frans

Kobus. Stem saam met jou oor “Eier Meyer” maar hoekom nou so veraaier wees om die All Blacks te ondersteen of bly jy in Kiwi Land.

rudi

Ek is n trotse springbok ondersteuner, maar stem tog saam, hoekom word spelers so kort voor wereldbeker uit posisie gespeel, en as n span en afrigter, vat verantwoordelikheid bietjie, en hou op om verskonings te maak.SA rugby het ongelooflik baie diepte en talent!!!

Hennie

Afrigteroet asb nou besluit wie is die beste 15Hy id onseker, die spelers is onseker em die land is onseker Kan ons rigting kry asb?

Kobus

jammer Jaco , lyk my ons kyk verskillende games, sorry dat my spelling ️jou ook nie aan staan nie.