Reaksie: ‘Dit was `n vernedering’

Jean de Villiers - teleurgesteld (Foto: guardian.com)

Jean de Villiers – teleurgesteld (Foto: guardian.com)

Die Springbokkaptein Jean de Villiers was duidelik verslae na Saterdag se 37-25-neerlaag teen Argentinië.

“Dit was `n vernedering. Dit was nie aanvaarbaar dat ons twee drieë van eerstefase af afgestaan het nie. Ons het miskien te hard probeer en te geforseerd gespeel. Daar is egter geen verskoning nie, ons was net eenvoudig nie goed genoeg nie.”

Hy het Poemas met hulle sege gelukgewens en erken dat hulle verdien het om te wen.

De Villiers het gesê die Springbokke is as groep baie teleurgesteld. “Ons het nie reg aan die trui en aan die land laat geskied nie.”
Hy het ook daarop gesinspeel dat die spelers miskien nie reg ingestel was nie. ”Moontlik is dit meer `n kwessie van die geestelike sy regkry as die fisiese aspekte.”

♦ Die Argentynse kaptein Agustin Creevy was uiteraard baie gelukkig. Hy het deur sy tol na die wedstryd gesê dit was waarvoor hulle gewerk het en sy spelers geloof dat hulle die passie deur die wedstryd behou het.

Hy bygevoeg dat deel van die oorwinning behoort aan die spesiale Argentynse gaste wat teenwoordig was.

Hy het verwys na van die spelers wat 50 jaar gelede deur Suid-Afrika getoer en toe die Junior Springbokke geklop het wat op Kingspark teenwoordig was. Hulle was op die heel eerste toer in die Argentynse rugbygeskiedenis.

Van die oubase, nou almal hier om en by 75 jaar oud, het voor én na die wedstryd gehuil.

`n Mens kon ook voor die wedstryd sien die Poemas is opgesweep en gereed om te wen toe hulle gestaan en huil het tydens die sing van hulle volkslied.

♦ Die Poemas het Saterdag met `n ander wapen op die bors as altyd gespeel met 1965 daarop geborduur. Dit was inderdaad `n groot geleentheid in die Argentynse rugbygeskiedenis en hulle hou ook aanstaande naweek in Buenos Aires makietie wanneer die Bokke daar speel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Kobus ·

ek se dit al lankal, Meyer is nie geskik vir bok rugby nie, hy maak dit n bespotting, ek kan dit nie verstaan hoe sy kop werk nie , die leeus eindig 2 de in sa groep in super rugby, hulle sou n beter poging in die semi’s as wp aangewend het maar nog steeds is daar nie een leeu in die span nie, hy laat eerder spelers uit posisie speel as om nuwe talent te ontgun, spelers verlaat nie die land oor politiek nie, maar eerder oor swak afrigters, ek bly n trotse all black ondersteuner en laat sak my kop in skaamte oor swak spankeuses en afrigting, sorry oogklap Meyer , maar jy is nie geskik vir springbok rugby nie.

Jaco ·

Ek verstaan nie… As jy so trotse All Black-ondersteuner is, hoekom is Meyer se swak prestasie vir jou rede om jou kop te laat hang?! Verdomp, jy kry nie eens die hoofletters reg nie, so ek stel voor jy hou jouself by “all black” rugby, en los die afrigting vir ouensnwat so bietjie meet daarvan weet as jy. In elk geval – ek het nie een keer vir Meyer op die veld gesien nie – dis die spelers wat die wedstryd verloor het. Jy kan ñ pers tot by die water bring, maar jy kan hom nie maak drink nie. Dieselfde geld vir ñ rugbyspeler. Jou ou “all black” spannetjie het nie juis veel beter gedoen vandag nie. Ek neem aan jy het hulle afrigter ook vertel waar Dawid die wortels begrawe het, reg?! Of is dit net vir die Springbokke vir wie jou dom rugbybrein se onderrok so uithang?

Frans ·

Kobus. Stem saam met jou oor “Eier Meyer” maar hoekom nou so veraaier wees om die All Blacks te ondersteen of bly jy in Kiwi Land.

rudi ·

Ek is n trotse springbok ondersteuner, maar stem tog saam, hoekom word spelers so kort voor wereldbeker uit posisie gespeel, en as n span en afrigter, vat verantwoordelikheid bietjie, en hou op om verskonings te maak.SA rugby het ongelooflik baie diepte en talent!!!

Hennie ·

Afrigteroet asb nou besluit wie is die beste 15Hy id onseker, die spelers is onseker em die land is onseker Kan ons rigting kry asb?

Kobus ·

jammer Jaco , lyk my ons kyk verskillende games, sorry dat my spelling ️jou ook nie aan staan nie.

Philip ·

Sommige van die spelers in die Protea span wat dink hulle is springbokke, het groot kop die media skryf hulle hoog aan dan swel die kop wat hulle onder die indruk plaas dat hulle bloot net op die veld moet wees om wen. Tendai Mtawarira, Damian de Allende, Bryan Habana, Ruan Pienaar, Cobus Reinach, Pat Lambie, Siya Kolisi, Vincent Koch, Jean de Villiers hierdie groep mag dalk goed vaar in hulle junior provinsiale spanne maar in die hoogste vlak waar hulle aangewend word, plaas hulle’n rem op die span en kan gerus uitgehaal word sodat daar vuur in die span kom om weer soos springbokke te kan speel. Anders sal hulle soos proteas bly speel soos die spreek woord sê: To be a champ you have to play like a champ, otherwise go roll in the mud.

Louis ·

Heyneke Meyer en sy veterane moet rolbal oorweeg maar rugby nope.ek dink Heyneke is nog een van die swakste afrigters wat SA nog gehad het.Ag nee sies man kry jou span reg dalk maak ons die eerste been in die worldcup

Louis ·

En wat de hel maak Pollard in daai span hy moet nog vir junior bokkies oorweeg word

Louis ·

Heyneke Meyer dit is nou mooi nou is die Ire 2de op wereld ranglys en jou floubull bokkies is 3de ek hoop ni jy gaan vir Moses (matfield) gebruik nie

Johan ·

meyer verloor sy laaste 7 uit 11 wedstryde, want hy is nie die naam afrigter werd nie. Vir wie het hy rugby gespeel? Seker vir die gesigtrekspan. Vir wie het van Graan rugby gespeel? Seker vir die gesigtrekspan se derde span. Ek glo meyer is in “huisarres” omdat hy nie weet watter goeie spelers daar by die Pumas en die Leeus is nie. Meyer se tv het beslis nie kleur of klank sodat hy van ander spelers kan kennis neem nie. Hoekom kies hy soveel helpers? Omdat hyself nie weet wat om te doen nie. Meyer jy kan bly wees oom Louis Luyt is nie meer met ons nie. Jy sou lank al gefaks gewees het. Neem n edele wyse besluit vir jou land en bedank vrywillig. Jy doen SA rugby n oneer aan.

FC ·

Sedert die springbokgriep (jammer, groep) aangekondig was is daar alreeds vrae gevra oor die groot hoeveelheid krankes en meyer vriende in die groep. Daar is heelwat spelers wat maar effens was in die super reeks. Die volgende spelers verdien nie hulle plek nie: J de Villiers, Bostik Serfontein, Altwee Oupas – Mohoje en Matfield, Stampkarre Alberts en Strauss.
Terug by gister se wedstryd en die groot probleem was ons losvoorspelers en skakelpaar wat duidelik nie weet wat verdediging is nie.

Takkie Takuuza ·

Manne, Heineke tree uit na die wêreld-beker. Ek verwag om julle almal se cv’s daar te sien wanneer sy pos adverteer word. Ek kan nie verstaan hoekom kenners soos julle nie reeds daar is nie, absolute skreiende skande dat talent soos die ontbreek uit ‘n bok-afrigting span. Daar sal egter nie “joiner-all black” kandidate oorweeg word nie. In die land word slegs gewone black aanvaar. Julle mag dalk regkom by die cape crusaders se boe-brigade. Ek hoop dat die aansoekers darem ten minste op skool rugby gespeel het en ook provinsiale kleure in rusbank-rugby verwerf het. Mag die beste man wen.

Takkie ·

Aag Louis, jou antibul-mentaliteit is baie meer tipies. Ons praat in elkgeval Bok-rugby hier. Daai ou is aangestel om die job te doen, al wat ek en jy kan doen is om te ondersteun en vir ‘n maand lank saam te staan agter die span sonder provinsiale oogklappe aan. Kan jy? Ek kan.

Kelkiewyn ·

Selfs ek het geweet die Springbokke gaan verloor. Ons sit met ‘n heel paar bejaardes met tokse aan. En dan word goeie spelers uit hul posisie gespeel, soveel so dat hulle nie die span meer haal nie. Kyk hoe uitstekend het Francois Hougaard gister vir die bulle gespeel – terloops ek is ‘n Cheetah in murg en been en ‘n bejaarde vrou – op die plek waar hy moet wees! Heyneke het 3 jaar gehad om die jong spelers te slyp as span vir die wêreldbeker, maar nee die man volhard met die manne wie se rugbydae lankal verby is! Hoe kon hy sê hy gebruik die rugby kampioenskap om kombinasies te toets?! Magtie dit moes vir meer as ‘n jaar of twee al in plek gewees het!!

Herman Bosman ·

Kyk die Bokke of Proteas wat hulle ookal genoem word het ons nou 1 groot guns be wys Al voel ons in ons harte so Daar is geen manier dat die spelers die wereld beker kan wen nie Teleurstelling sal dus nie so groot wees nie.

Ollie ·

Kobus,ek merk op jy het nie Jaco se vrae oor jou lojaliteite geantwoord nie. Dit gaan my verstand te bowe dat ‘n ou wat Afrikaans praat nie sy eie nasionale span sal wil ondersteun nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.