Rebels nie rats genoeg vir Stormers

Dillyn Leyds en Damian de Allende het drieë vir die Stormers gedruk. Foto: Facebook.

Voor vandag se kragmeting teen die Rebels het die Stormers-breier, Robbie Fleck, gesê hy wil hul oorsese toer op ’n hoë noot afsluit.

Wel, dit was nou dalk nie heeltemal Miemie Coertze nie, maar Steven Kitshoff-hulle was beslis meer nootvas as ’n hele paar karaoke-sangers!

Fleck het sommer na die eerste helfte al rede gehad om effens te glimlag, want anders as teen die Reds verlede naweek, het die Stormers darem punte aangeteken. Trouens, hulle het selfs ’n voorsprong van 10 – 3 geniet om die Rebels op die agtervoet te plaas.

Die Stormers het al in die verlede gewys hulle beskik oor die vermoë om wedstryde in die tweede helfte te verloor, maar – om ’n geykte uitdrukking te gebruik – elke kragmeting begin op ’n skoon bladsy.

En vandag het hulle daardie bladsy goed volgeskryf om die Rebels 41 – 24 op hul tuisveld ore aan te sit.

Die Rebels het weliswaar in die tweede helfte eerste punte aangeteken – sommer 39 sekondes ná die afskop om presies te wees – maar daarna het Juarno Augustus, Damian de Allende en Ruhan Nel hul deel gedoen om die Stormers-wa deur die drif te trek.

Nog goeie nuus vir die Stormers is dat Seabelo Senatla weer sy verskyning op die veld gemaak het. Die oud-Blitsbok het sommer uit die staanspoor gewys hy is lus vir rugby en dat hy nog oor bakkievragte spoed beskik.

Mens weet nie of hulle die Crusaders vandag sou geklop het nie, maar die Kapenaars het met hope durf en karakter ná ’n moeilike toer gespeel. Boonop was hulle sonder ’n rits van hul staatmakers.

Die toer is toe inderdaad op ’n goeie noot afgesluit.

Puntemakers:

Stormers: Drieë: Dillyn Leyds, Juarno Augustus, Damian de Allende, Ruhan Nel. Doelskoppe: Jean-Luc du Plessis (2), Joshua Stander (3). Strafskoppe: Du Plessis, Stander.

Rebels: Drieë: Reece Hodge, Will Genia, Campbell Magnay. Doelskoppe: Quade Cooper (3). Strafskop: Cooper.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

marco polo ·

Dalk is hulle beter af sonder van daardie “staatmakers”, soos bv die kaptein.

PR ·

Marco, eintlik verdien jou kommentaar nie reaksie, omdat mense soos jy aan ‘n sekere kompleks ly. Jy is beslis ook nie ‘n Stormer ondersteuner en kan jou advies vir jouself hou. Sies!!!

marco polo ·

Foeitog PR, klink asof jy die een is wat n probleem het. Ek is inderdaad n Stormers ondersteuner, maar wie wil nou naweek na naweek sien hoe jou span verloor.

Pieter du plessis ·

Marco,jy is heeltemal reg die res van die rugby spelende wêreld kies hulle beste 15 maar sa spanne kies gedeeltelik hulle beste maar moet plek maak vir kleur kwotas ,die sharks het puik swart spelers maar die stormers kaptein is n now now.

Swartwolf ·

Marco Polo ek is nie ‘n Stormer ondersteuner nie maar jy is reg. Die kaptein speel nie net ellendig nie maar raak heeltemal weg in harde wedstryde en lei glad nie die span nie. In meeste wedstryde se hy nie ‘n woord nie. Kitshoff speel heeltyd sy hart uit en stuit vir niks maak nie saam hoe hard die wedstryd. Daar is baie beter spelers en leiers as Kolisi.

Piet de Jager ·

Ek ondersteun diegene wat Kolisi se leierskap bevraagteken, of liewer sy gebrek aan leierskap. En dan hoort hy nie eers op meriete in die provinsiale span nie. Praat liwer nie oor die Bokke nie.
Wel gedaan Kitshoff. Jy het gewys hoe voer mens ‘n verloorspan tot ‘n wenspan aan.

Vryheid ·

Ek het spesiaal kom kyk wat is die kommentare – of dit die ooglopende probleem, dat n meestal patetiese swart speler (kolisi) op grond van sy velkleur bo wit spelers verkies word, maw blatante rassisme – ook deur ander rugby kykers raakgesien word en aan die groot klok gehang word. Bravo!!!

Die dubbele standaarde en die absolute patetiese aanvaarding deur blanke afrikaners daarvan skrei te hemele.

Boikot die rugby en die beginsellose leiers van die sport

Johanvz ·

Ek val nie in die Premium-klas nie so sien nie enige rugby nie. Ek verlaat my op Maroela se opsommings van wedstryde gespeel, maar ek bespeur ‘n onwilligheid by dié wat die werkie moet doen. Dan is dit nou gladnie die moeite werd om die kommentare te lees nie. Ek lees meer politiek hier as by die politieke verslae. Ek kan niks leer by enige kommentator nie, net beledigings oor en weer. As vloekwoorde toegelaat was sou ek seker ‘n gros nuwes geleer het. Nee-wat, ek bly maar weg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.