‘Red rugby: Besnoei spelersgeld, vermy agente’

Spelers moet drasties minder betaal word en agente uitgeskakel word om die lewensvatbaarheid van beroepsrugby te verseker.

Só skryf die uitgesproke gewese Engelse toetsspeler Austin Healy in The Telegraph (Londen).
Gebeur dit nie, voorspel hy, kan die meeste klubs in die Engelse Premierliga binne drie jaar bankrot wees.

Maroela Media het onlangs berig dat slegs een van die 12 klubs, Exeter, in die afgelope boekjaar ʼn wins getoon het.

Healy beskou Remgro se onttrekking aan Saracens se eienaarskap as ʼn waarskuwing dat meer klubs se geldkraantjies kan opdroog en dit ʼn vernietigende domino-uitwerking op die liga kan hê, tensy drastiese stappe gedoen word.

Hy sê reusesalarisse vir glansspelers lei noodwendig tot ʼn breë salarisinflasie van 15 tot 25% omdat die res van die spelers besef die glansspelers vaar nie soveel beter as húlle op die veld nie, en dan hul eie eise verhoog.

Voorts reken hy van die spelersagente misbruik die stelsel, en die liga behoort ʼn plan te maak om agente te vermy.

Healy stel voor dat spelers se salarisse, soos in “gridiron”, bekend gemaak word om die inflasionêre uitwerking van gerugte oor bepaalde spelers se verdienste uit te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Frans C ·

Vandat rugby ‘n werk geword het het die aantal spelers wat dit wil beoefen toegeneem
omdat dit toegang gegee het tot verdienste vir gehalte spelers,wat ander beroepe ver oorskry.
Omdat die wenmotief feitlik die enigste manier is om toeskouers na stadions te lok,
moes salarisse gedurig aangepas word om gehalte spelers te behou omdat aanbiedings van oorsee plaaslike aanbiedings,weens die swak Rand ver oorskry.

Ek weet nie wat die oplossing is nie,maar dit is duidelik met die verlies aan gehalte spelers, Suid Afrikaanse rugby skade berokken en dat ons maar moet vergeet om enige
internasionale kompetisie te wen.

Lol ·

Healy se voorspelings en voorstelle sal tot gevolg he:
1. Gemiddelde spelers se salarisse sal meer markverwant word met ander beroepe.
2. Suidelike Halfrond spelers sal moet begin werk soek buite rugby.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.