Redelik goeie prentjie van kwarteind gevorm

ʼn Redelik goeie prentjie van die spanne in die kwarteindronde van die Supersportreeks kan sedert Vrydag en Saterdag se rondomtalie-kragmetings gevorm word.

In die Noorde lyk dit na die Goue Leeus-vyftiental en die Blou Bulle, met die Pumas wat waarskynlik een van die beste derde plekke kan beklee.

In die Sentrale Afdeling lyk die Griekwas seker van die eerste plek, met die vyftientalle van die Sharks en die Vrystaat wat sake om die tweede plek uitspook. Die een wat uitval, sal heel waarskynlik ook een van die twee bes geplaaste derde plekke beklee.

In die Suide is daar steeds geen keer aan die Westelike Provinsie nie; en Grens en die Oostelike Provinsie betwis die tweede plek. Die span wat derde kom, kan ook in aanmerking kom deur beter as die ander derde plekke te vaar.

Die opflikkering in Oos-Kaapse rugby is te verwelkom, en is hopelik nie van verbygaande aard nie.

Wat Saterdag se wedstryde betref, het die Goue Leeus-vyftiental die Welwitschias in Windhoek met 84-0 verniel (rustyd 24-0); die Sharks-vyftiental het die Luiperds-vyftiental op Potchefstroom oortuigend met 40-24 verslaan (rustyd 24-10); en die WP het ʼn kloekmoedige Boland met 22-8 geklop (rustyd 8-8).

Die Lions se linkervleuel, Gerrie Labuschagne, het drie drieë gedruk.

Die puntemakers –

Welwitchias 0 (0).

Goue Leeus 84 (24) – Drieë: Gerrie Labuschagne (3), Hacjivah Dayimani (2), Bobby de Wee (2), James Venter (2), Gerdus van der Walt, Jano Venter, Adriaan Bester, Selom Gavor, Morné van der Berg. Doelskoppe: Siya Masuku (7).

Luiperds 24 (10) – Drieë: Henko Marias (2), Johan Smith. Doelskoppe: Gerhard Nortier (2), Schalk Hugo. Strafdoel: Gerhard Nortier

Sharks 40 (24) – Drieë: Adriaan Esterhuizen (2), Wian Vosloo, Stephan Coetzee, Khaya Majola, Andrew du Plessis. Doelskoppe: Garth April (4), Benhard Jansen van Rensburg.

WP 22 (8) –Drieë: Eital Bredenkamp, Kurt Coleman, Michal Hazner. Doelskoppe: Kurt Coleman (2); Strafdoel: Kurt Coleman.

Boland 8 (8) – Drieë: Clinton Theron. Strafdoel: Divan Nel.

Opgesomde punteleer –

Noord

Blou Bulle 27, Goue Leeus 26 (wedstryd minder), Pumas 19 (wedstryd minder), Valke 14 (wedstryd minder),  Welwitschias 6.

Sentraal

Griekwas 27, Vrystaat 22 (wedstryd meer), Sharks 21, Luiperds 17, Griffons 7.

Suid

WP 34, Grens 20, OP 15 (wedstryd minder), Boland 12 (wedstryd minder), SWD 7 (wedstryd minder).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.