Redelinghuys se nek ‘nie gebreek’

Julian Redelinghuys. Foto; GB Jordaan

Julian Redelinghuys. Foto; GB Jordaan

Aanvanklike vrese dat die Goue Leeus se Springbokstut, Julian Redelinghuys, sy nek in Saterdag se halfeindstryd tussen die Goue Leeus en die Vrystaat Cheetahs in Bloemfontein gebreek het, is in ʼn verklaring deur die Leeus se spandokter, Rob Collins, besweer.

Die vaskopstut is in ʼn Bloemfonteinse hospitaal opgeneem, nadat die Vrystaat Cheetahs se haker, Torsten van Jaarsveld, hom van voor geduik het. Hy is in ʼn stabiele toestand.

Redelinghuys het volgens Collins sy nek by die C5/6-vlak ontwrig.

“Hy het minimale, tydelike, verswakking in sy linkerarm. Hy is in traksie in ʼn Bloemfonteinse hospitaal en sal Sondag ʼn operasie ondergaan om die ontwrigting te verminder en dit te stabiliseer. Hy sal na verwagting volkome herstel,” lui die verklaring.

Dit is nog nie duidelik of die Bokstut, wat ʼn besliste keuse was vir aanstaande maand se Springboktoer na Brittanje en Italië, weer sal kan rugby speel nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Moulder ·

dankbaar vir die goeie nuus……maar hy sal dwaas wees om ooit weer rugby te speel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.