Reds vs. Sunwolves: 4 geelkaarte, 2 rooi

Gerhard van den Heever. Foto: Facebook.

Net ’n verkeersbeampte op die N1 sou waarskynlik meer kaartjies as Angus Gardner uitgedeel het.

Dié skeidsregter het ses kaarte in vandag se kragmeting in Brisbane gewys en teen die einde van die wedstryd het 14 spelers teen 12 gespeel.

Die Sunwolves se dissipline het kwaai gelol en hulle is vier keer ’n geelkaart en een rooikaart (Semisi Masirewa) gewys.

Daarteenoor het die Reds se Harry Hockings ook ’n rooikaart gekry omdat hy vir Rahboni Warren-Vosayaco in die gesig met die stewel bygekom het. Warren-Vosayaco het terselfdertyd ’n geelkaart gekry omdat hy die Reds-speler vasgehou het.

Die Reds het uiteindelik ’n morsige wipplankstryd met 32 – 26 gewen.

Die oudvleuel van die Bulls en die Stormers, Gerhard van den Heever, het twee drieë vir die Sunwolves gedruk.

Die uitslag sorg dat die Reds tweede op die Australiese punteleer is, met die Sunwolves in die laaste plek.

Puntemakers:

Reds: Drieë: Bryce Hegarty, Taniela Tupou, Sefanaia Naivalu, Brandon Paenga-Amosa. Doelskoppe: Hegarty (3). Strafskoppe: Hegarty (2).

Sunwolves: Drieë: Gerhard van den Heever (2). Doelskoppe: Hayden Parker (2). Strafskoppe: Parker (4).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Rupert Ashford ·

Soos hulle altyd in boks se, dit was ‘n home town decision. Australiese rugby is in diep moeilikheid en dit word ook deur die skeidsregters se kwaliteit bewys.

Afrikaan ·

Angus Gardner is geboelie op skool… nou kry hy die groter manne terug.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.