Reënboogbekerreeks: Kan CJ teen die Bulls afsluit?

Argieffoto van CJ Stander (Foto: Michael Bradley/AFP)

Dit kan een van rugby se grootste sprokiesverhale wees as CJ Stander Munster se leisels ʼn laaste keer in die eindstryd van die Reënboogbekerreeks teen die Bulls in Treviso neem.

Dit kan maklik gebeur, want die Reënboogbekerreeks (Europa) stuur op ʼn driehoekige stryd tussen Benetton (Italië), Munster (Ierland) en die Glasgow Warriors (Skotland) af om te bepaal watter span op 16 Junie in die Noord-teen-Suid-eindstryd teen die Bulls speel.

Benetton het Saterdag in Treviso sy onoorwonne vertoningslys in dié seisoen se kort reeks behou toe hy sy vierde opeenvolgende oorwinning behaal het deur Connacht met 20 – 12 te klop.

Benetton (18 punte) is voor op die puntelys en moet nog teen die Ospreys in Bridgend in Wallis speel.

Munster (15 punte), wat die Cardiff Blues Vrydagaand met 31 – 27 in Limerick geklop het, het die maklikste pad, want sy laaste wedstryd is in Parma teen Zebre, wat nou nie een van die swaargewigte is nie.

Die Glasgow Warriors, wat Connacht Saterdag met 27 – 16 geklop het, kom teen Leinster te staan, wat die hardste neut sal wees om te kraak.

Op die keper beskou is Benetton die gunsteling, maar sal dit nie ʼn wonderlike afskeidgeskenk vir Stander wees as hy sy Munsterspan in die eindstryd teen die Bulls kan aanvoer nie?

Stander, wie se provinsiale paadjie in 2010 in Pretoria begin het, se paadjie is verder in Munster oopgekap nadat hy geweeg is, maar glo te lig bevind is in die Jakarandastad.

Boonop rig die oud-Affie Johann van Graan Munster af!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

tweeling ·

Hy sal nie speel nie, dan kom sy beroeps pensioenfonds uitbetalings in gedrang. ‘n Speler kan nie terug keer tot die professionele vlak as hy uitgetree het en hy verwag dat die pensioen fonds sal bly betaal nie. Hy weet dit baie goed. Dit is maar net weer sensasie wat die media nou weer rond strooi.

Lourens ·

Sovêr ek weet het CJ duidelik gestel dat hy uittree na die Ierse seisoen. Dit beteken hy kan vir Munster speel as hulle teen ‘n SA span sou speel.

commontar ·

Is dit nie dalk beter om te sê voormalige Springbok hulpafrigter nie as daar Johann van Graan verwys word nie. Enige leek kan vir ‘n skool inskryf en moet volgens wet skool gaan – eks seker Johann dink nie dat een van sy grootste prestasies ooit is die feit dat hy op skool was nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.