Regstel én bak staan vir Johannesburg Polisie

bobbies curriebekerDis Saterdag regstel én bak staan vir Johannesburg Polisie.

Eerstens sal hy teen Randfontein wil vergoed vir sy teleurstellende vertoning verlede week teen Wits in die Pirates-grootuitdaagliga, tweedens is dit waarskynlik die hoogtepunt in die klub se bestaan wanneer hy as gasheer vir die Curriebekerwedstryd tussen die Goue Leeus en Griekwas op Markspark optree.

Gerhard Swart, die klub se hoofafrigter, sê daar is verskeie veranderinge aangebring aan die span wat teen die studente verloor het. Dit sluit `n nuwe kaptein, die slot Eddie Booysen, in.

Marius Burger haak in Stephen Erasmus se plek, Charl Olivier is terug in die opdrafspan as flank, en Anthony Kapp skuif in Nico Johst se plek buitesenter toe.

In die agterlyn is Martin da Souza terug op sy voorkeurposisie van skrumskakel. Ryno Brits begin die wedstryd op losskakel, en daar is twee nuwe vleuels, Zuku Mgijima en Toni Abreu.

Swart sê daar is Dinsdag `n indringende ontleding gedoen en die span se probleme is uitgewys.

“Ons het geweet die Pirates-liga sal taai wees, maar verlede week se vertoning is onaanvaarbaar.

“Alles is opnuut herset en kleiner wysigings is aan ons struktuur en wedstrydplan aangebring. Ons sal die komende twee wedstryde as proefneming met die oog op die tweede ronde benut.”

Die span –

Kobus Visagie; Toni Abreu, Anthony Kapp, Sipo Mohlahla, Zuku Mgijima; Ryno Brits, Martin de Souza; Ralph Barnard, Herman du Plessis, Charl Olivier, Kevin Breedt, Eddie Booysen (kaptein), Dwayne Korff, Marius Burger, Sammy Makhubo. Bank: Stephen Erasmus, JP du Toit, Armand Goosen, Chris Pretorius, Juan de Klerk, Louis Snyman, JZ de Jager.

Saterdag se program –

09:30: O.8-skolewedstryd

10:30: Hyde Park High I teen Rooseveldt High I

12:00: Bobbies II teen Randfontein II

14:30: Goue Leeus-danseresse

15:00: Goue Leeus teen Griekwas (Curriebeker)

17:00: Springbokke teen Ierland op agt grootskerm-TVs

17:30: Bobbies I teen Randfontein I

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.