Reinach vir ‘drie van die jaar’ benoem

Cobus Reinach. (Kyodo News via AP).

Wêreldbeker-wedstryde mag dalk skaarser as hoendertande vir die Springbokke se Cobus Reinach wees, maar een van dié blitsige skrumskakel se drieë teen Kanada is deur Wêreldrugby in hul drie van die jaar-kategorie benoem.

Reinach is saam met Charles Ollivon (Frankryk), Sergio Parisse (Italië) en TJ Perenara (Nieu-Seeland) in hierdie lekker kategorie benoem.

Sy drieë teen die Kanadese het rugbykenners laat regop sit en dit was veral sy spoed wat almal beïndruk het.

Dit was egter sy derde drie wat vir die benoeming gesorg het.

Elton Jantjies (losskakel) het met sy perfekte skoppie gesorg dat Warric Gelant (vleuel) die bal skitterend raakgevang het.

Daarna het Damian de Allende die beweging aan die gang gehou, met Reinach wat ’n briljante spanpoging onder die pale afgerond het.

Hy het in dié wedstryd die vinnigste driekuns in Wêreldbeker-geskiedenis behaal.

Van die vorige wenners sluit Bryan Habana, Jacques Fourie en Francois Hougaard in.

Suid-Afrika se Herschel Jantjies is as een van die deurbraakspelers van die jaar benoem. Die toekenningsplegtigheid is op 3 November in Tokio.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

JJ ·

Die finaal is nie plek om “almal speelkans” te gee nie. Hou die bestes op die veld.

JohanL ·

As ek dit reg het, het Cobus meer WB driee gedruk as WB wedstryde gespeel?

Apools ·

Ons het gesien hoe hy jou afgestamp het toe jy probeer hoog tackle vir daai een drie.

Siener ·

Weer deurmekaar. Reinach speel vir die Bokke.
Die Blinde en dowe skool is hoe die Bokke tans speel sonder hom.

J ·

Presies, teen geen sterk spanne nie. As ek geweet het dis so maklik om n bok te word sou ek rugby gespeel het. kyk nou net na willie, faf, kolisi en kie.

jakes ·

Ja, Rassie volhou met sy keuse ten spyte daarvan dat nie Faf of Willie enigsins beindruk het nie. Natuurlik sal Rassie na n verloor teen die Engelse beweer dat hy en sy span baie geleer het uit hul foute. N verskoning wat eie aaan SA se afrigters en kapteine is wanneer hulle wedstryde verloor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.