Rekordhouer nuwe Bolandse kaptein

Clemen Lewis – nuwe Bolandse kaptein. (Foto: BRU)

Die speler wat die rekord hou vir die meeste wedstryde vir die Boland, lei Saterdag die bond in sy kragmeting in die Curriebeker- Eerste Liga teen die Valke in die Bosmanstadion, Brakpan.

Clemen Lewis (haker) sal die Kavaliers in sy 155ste wedstryd aanvoer.

Die span se gereelde kaptein, Zandré Jordaan, is weens ʼn besering nie beskikbaar nie. Wayne Wilschut neem sy plek op agsteman in.

Die skakelpare ruil om, met Juvelian de Koker (skrumskakel) en Elgar Watts (losskakel) in die opdrafspan, en Adriaan Carelse en Vian van der Watt op die bank.

Edwin Sass is terug op binnesenter in die plek van Gerrit van Wyk, wat Logan Basson op die linkervleuel vervang.

Die span –

15. Divan Nel, 14. Charlie Mayeza, 13. Alcino Izaacs, 12. Edwin Sass, 11. Gerrit van Wyk, 10. Elgar Watts, 9. Jovelian de Koker, 8. Wayne Wilschut, 7. Ludio Williams, 6. Chaney Willemse, 5. Rinus Bothma, 4. Marlyn Williams, 3. Clinton Theron, 2. Clemen Lewis (kaptein), 1. Arnout Malherbe. Bank: 16. Francois Esterhuyzen, 17. Kyle Kruger, 18. Yves Bashiya, 19. Kenan Cronjé, 20. Vian van der Watt, 21. Adriaan Carelse, 22. Sergio Torrens.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.