Remgro sit voet neer oor WP-skuld

Wat baie mense glo die laaste toetswedstryd sal wees wat aanstaande Saterdag op Nuweland aangebied word, word nou voorafgegaan deur die nuus dat die Westelike Provinsie Rugbyunie (WPRU) se geld-ellendes vererger het.

Die brief waarin Remgro sy ultimatum aan die Westelike Provinsie stel, word breedvoerig in die Huffington Post en verskeie ander media aangehaal. Dit bevat, onder meer, Remgro se planne om die verskuldigde sowat R44 miljoen van die WP te verhaal.

Die bedrag is in drie paaiemente in 2016 aan die Westelike Provinsie betaal om die personeel en spelers te kan betaal.

Remgro het aanvanklik daarin belang gestel om hul aandeel in die unie na 74% op te stoot, maar het toe daarteen besluit ‒ moontlik weens die aanvanklike eis van Aerios teen die WPRU.

Remgro skryf in hul onlangse brief dat hulle “in goeie gees” gepoog het om tot ʼn vergelyk met die WPVU te kom oor die terugbetaling en dat hulle oor die afgelope 18 maande begrip oor die Westelike provinsie se probleme getoon het.

Die brief stel dit onomwonde dat “elke regsmiddelmiddel tot ons beskikking sonder enige verdere kennisgewing aan die unie” gebruik sal word om die terugbetaling te bekom. Die ultimatum is dat die WP voor 6 Julie hul reëlings vir die skuld se terugbetaling moet bevestig.

Dit wil voorkom asof Remgro dit oorweeg om as sekuriteit vir die lening beslag te lê op eiendom van die WP.

Die WP se president, Thelo Wakefield, het egter aan die unie se klubs ʼn brief gestuur waarin hy ontken dat Remgro hul lening onttrek het. Dít nieteenstaande ʼn brief van die prokureursfirma  ENSafrica aan die WP.

Daarvolgens dring Remgro daarop aan dat die WP se raad op hul  vergadering in die komende week moet instem tot ʼn reeks besluite ‒ onder meer dat verbande van WPRU-eiendomme (Brookside in Claremont en die rugbykompleks in Oranjezicht), ten gunste van Remgro geregistreer moet word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Henk ·

Wpru het seker nie gedink die illuminati gaan aan hulle geld leen/borg sonder dat rupert homself daaruit kan verryk nie?

Cjan ·

Kyk wies in beheer van WPRU, dis hoekom dit so gaan. Fire hom en dit sal beter gaan. Kyk maar na waar die Lions was en nou. Kevin de Klerk het help bou nie net geskep nie.

Joe Hall ·

Van spietkop tot WP se baas is heel koddig, met tragiese gevolge…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.