RG uit eindstryd, maar ook goeie nuus vir Bulle

Ulrich Beyers - reg vir die eindstryd (Foto GB Jordaan)

Ulrich Beyers – reg vir die eindstryd (Foto GB Jordaan)

RG Snyman se gesigbesering in die Curriebekerhalfeind teen die Westelike Provinsie sal hom soos verwag is uit Saterdag se eindstryd teen die Vrystaat Cheetahs in Bloemfontein hou – maar daar was ook goeie nuus vir die Blou Bulle.

Die heelagter Ulrich Beyers het betyds van sy skouerbesering herstel en is fiks verklaar vir die wedstryd.

Daar is gevolglik net een verandering aan die span wat teen die WP baas was maar teen die einde op ʼn laaste drie moes staatmaak om te wen. Jason Jenkins, soos Snyman nog onder 21, vervang sy Junior Springbok-slotmaat van verlede jaar in die opdrafspan.

Jenkins se plek op die bank sal deur Nic de Jager ingeneem word.

Ironies genoeg is daar nie plek op die bank vir die held van verlede week se laat sege een die WP nie. Die jong skrumskakel Ivan van Zyl, wat die breekslag gemaak het om die Bulle op die aanval te plaas en ʼn paar minute later die wendrie gedruk het, moes plek maak vir die Springbok Piet van Zyl, wat weer fiks is.

Hoe hartseer dit ook vir die jong Ivan is wat ook nog onder 20 is, het die afrigter Nollis Marais vroeër die week laat blyk die ouer Van Zyl, Piet, sal terugkeer indien hy fiks verklaar word.

Sy spel in vanjaar se Curriebekerreeks was uitstekend. Hy is na die Springbokgroep voor die laaste toets tee die All Blacks genooi maar kon nie vir die toets oorweeg word na hy tydens ʼn Bokoefening   beseer is nie.

Die span –

Ulrich Beyers, Travis Ismaiel, Dries Swanepoel, Burger Odendaal, Jamba Ulengo, Tian Schoeman, Rudy Paige, Arno Botha (kapt.), Jannes Kirsten, Roelof Smit, Marvin Orie, Jason Jenkins, Jacobie Adriaanse, Jaco Visagie, Lizo Gqoboka. Bank: Bandise Maku, Martin Dreyer, Pierre Schoeman, Nic de Jager, Hanro Liebenberg, Piet van Zyl, Joshua Stander, Bjorn Basson

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.