Richardsbaai het geen illusie oor Premierliga

Richardsbaai - KZN se Eerste Liga-kampioen.

Richardsbaai – KZN se Eerste Liga-kampioen.

Die nuweling in die KwaZulu-Natalse Premierliga, Richardsbaai, het geen illusie van wat op hom in die reeks wag nie, maar sal vinnig aanpas en sien na die uitdaging uit.

Só sê Rynie Kearns, die voorsitter van die klub, wat sy bevordering verdien het deur verlede jaar die bond se Eerste Liga te wen.

“Dis vir einge span `n baie groot sprong na die Premierliga toe omdat die spel daar baie vinniger en deegliker gespeel word.

“Uiteindelik hang dit alles af van die gehalte spelers en afrigting waaroor `n klub beskik. Die afrigters van Richardsbaai het reeds hul oefenprogram aangepas om die spelers reg voor te berei.”

Kearns sê die klub het ook die nodige ondersteuning en `n bestuur wat deeglik daarvan bewus is dat die Premierliga geweldig hard is, en dit baie van die spelers en die klub gaan vereis.

“Richardsbaai is hard aan die werk om homself vir `n uitdagende 2017 reg te skud.”

richardsbaaiVanjaar se bestuur is: Jan Joubert (president), Rynie Kearns (voorsitter), Gerrit Boersma (ondervoorsitter), John Kearns (sekretaris), Rob Sedice (penningmeester), Karel Ockerse (klubkaptein), Erich Esterhuizen (wedstrydsekretaris), Allen Viljoen, Dolly Joubert, Thabo Nyandeni en Nicolette Esterhuizen (lede).

Die afrigters is Trevor Montgomery (hoofafrigter), Grant Fouché (spanbestuurder), Kobus Beukes, Kobus Wernich (eerste span), Corné Deetlefs (tweede span) en Eugene Lenders (derde span).

Devon Muller is verlede jaar as die klub se speler van die jaar sowel as die o.21-speler van die jaar bekroon.
Hy het intussen `n kontrak gesluit om in Brasilië rugby te speel.

Frank Hughes was die beste agterspeler, Jele Sibonele die beste voorspeler en die eerste span die beste span.
John Kearns was die klubman van die jaar.

Ander toekennings is gedoen aan Johnny Saaiman (meeste deursettingsvermoë), Raynard Scheepers (beste vordering), Derik Ehlers (veelsydigste speler), Thabo Maweni (toegewydste speler), Jan Joubert (beste ondersteuner) en Nicolette Esterhuizen (getroud met rugby).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.