Rigtinglose Bokke kry eerste pak in Argentinië

`n Nuwe Bok-laagtepunt (Foto: woligovabe.xlx.pl)

`n Nuwe Bok-laagtepunt (Foto: woligovabe.xlx.pl)

Die Springbokke het Saterdagaand in Salta deur die eerste helfte geploeter en daarna marginaal verbeter maar nogtans 24-26 in hulle tweede Rugbykampioenskap-toets teen Argentinië verloor.

Dit was die eerste keer dat hulle in Argentinië verloor het en daar kan geen verskonings wees nie. Die Bokke het sterk meegewerk om hulle eie ondergang te bewerkstellig en kan geen klagte hê dat die beste span gewen het nie. Trouens, die telling vlei die Springbokke.

Dit was die ou-ou storie. Die teenstanders het die rugby gespeel, Suid-Afrika was nóg vis nóg vlees in hulle benadering, en basiese dinge soos die verdedigingstrukture onder Allister Coetzee se afrigting moet nou ernstige aandag begin kry.

Hy moet ook nóú besluit wat sy benadering is. Jy kan nie ʼn aanvallende losskakel soos Elton Jantjies kies en op die veld gaan waar skopwerk jou klaarblyklike wedstrydplan is nie.

En dan, wanneer die impakspelers op die veld kom om die pas te versnel, bring jy die skoppende losskakel Morné Steyn van die bank af.

Watse logika is dit?

Jy kan ook nie teen een van die beste skrumeenhede in wêreldrugby jou beste twee voorrymanne van die bank af bring nie. Hulle moes begin het.

Hoekom is Suid-Afrika se sterkpunt, die dryfmaal, kwalik gebruik?

Hoekom staan die agterlyn so vlak dat Damian de Allende, juis nie ʼn man met vinnige verspreiding nie, telkens onder stof geloop word nes hy die bal kry? Dit gebeur dan nie by die Lions nie.

En hoekom word die vormspelers nie gekies nie?

Só kan ʼn mens aangaan …

♦ Wat die verloop betref: in die eerste 20 minute was dit grootliks ʼn skopstryd wat Argentinië gewen het omdat hulle bereid was om met (goeie) teenaanvalle te kom.

Hulle het meer gehardloop. Die rede daarvoor is eenvoudig: terwyl Francois Louw gereeld vroeg by die afbreekpunte aangekom het, had hy geen kans nie. Daar was vier, vyf Poemas en hy was dikwels man-alleen die Bokke nadergedraf het.

Met hulle spelers wat dieper opgestel was, het die tuisspan se agterlyn hope probleme vir Suid-Afrika veroorsaak. Hulle was gedurig gevaarlik, en ʼn mens kan verstaan hoekom: hulle het feitlik 70% van die besit in die eerste helfte gehad. Met sulke balbesit en manne wat weet hoe om te hardloop en ruimte te skep en te gebruik, was die tafel vir die Poemas gedek.

Die tweede helfte was dit beter van Bokkant af hoewel nie naastenby oortuigend goed nie. Hulle het ten minste ʼn bietjie kontinuïteit gekry en hier en daar gevaarlik gelyk.

Bryan Habana het sy 65ste toetsdrie gedruk, die meeste ooit deur enige toetsspeler ná goeie hanteerwerk van Eben Etzebeth en Louw. Oordeel en hanteerfoute, en steeds onnodige skopwerk wat met Argentynse teenaanvalle geneutraliseer is, het dit beperk.

Rustyd was Argentinië 13-3 voor. Aangehelp deur die beserings van die twee Argentynse spelbrekers, die losskakel Nicolás Sánchez en die senter Juan Martin Hernández wat in sy plek losskakel toe geskuif en Sánchez ook as skopper vervang het, het die Bokke sewe minute voor die einde die voortou geneem.

Die soveelste losskrumoortreding deur Suid-Afrika drie minute later het egter aan die plaasvervanger Santiago Gonzalez Iglesias die kans gegee om die wenpunte vir die Poemas te skop.

♦  Nou wag die Wallabies en die All Blacks op hul tuisvelde op onderskeidelik op 10 en 17 September op die rigtinglose Bokke. Vir wat als verkeerd is, is die regruktyd te min …

Puntemakers –

Argentinië (13) 26: Drieë: Joaquín Tuculet, Juan Manuel Leguizamón. Doelskoppe: Nicolás Sánchez, Juan Martín Hernández. Strafdoele: Sánchez (2), Hernández, Santiago Gonzalez Iglesias.  Bokke 23 (3) – Drieë: Bryan Habana, Pieter-Steph du Toit. Doelskop: Johan Goosen. Strafdoele: Elton Jantjies (2), Morné Steyn (2).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

andre ·

Wat bly daar oor om te se, dis nag nella. Geluk allester coetzee

Pieta ·

Wim, dankie vir jou beriggewing. Ek kon nie die wedstryd kyk nie en sou graag wou weet wie die puntemakers was – ook die Bokke s’n, asb! Of is dit nie noemenswaardig nie?!

Burt ·

Vir solank as wat politiek op enige sport afgedwing gaan word, gaan die beste span en afrigter nie opdaag kom wedstryd dag nie. Als in Bokrugby is swak huidiglik want dit word deur politici gemanupileer…….bewys my verkeerd !!

johan ·

Burt, ek is bevrees ky is 110% in die kol, politiek en sport is nie maatjies nie. Dis waarom NZ so goed is, alles gaan om sport by hulle, GEEN POLITIEK NIE!!! Wanneer gaan ons politici leer???

Edward ·

Ons krieket span staan nou nommer 6 in die wêreld. Ons rugby span verloor teen Argentinië. Ek wonder of Alistair se geld op die pumas was?

Danie ·

Ons kaptein hardloop rond en swaai armpies om groter te lyk terwyl die opponent hom omseil met gemak.
Ons binnesenter se verdediging is so swak dat dit teiken punt word.
Ons magtige “Beast” het verander in ‘n lompe rondvaller.
Daar is soveel “leiers” op die veld dat daar niemand oor is om te speel nie met die “amptelike” leier wat nie regtig lei nie.
Ons spelpatroon – enige iets behalwe wat die verkose “elite” se sterkpunte is.
Verdediging is mos druk op die skouer en kyk of hy grond toe val – wag (meestal agter voordeel lyn) met wye arms en hoop hy hardloop teen jou vas.
Aanval is raar en ondersteuning is iets wat in storie boeke geskryf word.
Verlore is die dryfkrag, verlore die visie op die veld – welkom ploeter en vernedering

Cais Smit ·

Danie,jy noem name wat nie waar is nie,daar is geen plan nie en as jy wil beskuldig,beskuldig die manne wat afrig.Hulle speel soos wat hul afgerig word,die manne het vuur gespoeg oor die vorige bok afrigter en nou sit die politiek daar op die afrigting stoel.

Johann ·

Die politieskorrekte span speel seker maar net politieskorrekte rugby…

Cert ·

Los nou maar die politiek. Ek twyfel of daar enige wit spelers is wat better is en hierdie span non klop. Alister het jare gesukkel met die WP en niks reg gekry nie.

Jannie ·

Tussen meyer en coetzee kyk hulle wie die swakste afrigter kan wees en wie die bokke die vinnigste kan vernietig, ek begin saamstem dat die bok embleem moet waai want ek begin skaam word om te se ek support die bokke. Miskien moet mbalula ons volgende afrigter word. Viva. All Blacks !!

b j smit ·

wat kan jy verwag van kwota afrigters en spelers niks want hulle weet niks en dit help nie om faf te blameer nie hy doen dit onder instruksies

tom ·

Hier kom nog n skok borge begin onttrek wie gaan jou borg as hulle so sleg speel .die agter lyn afrigter weet niks van rugby

Uys ·

Alles goed en wel
Politiek meng nou ook in by die embleem van die bokke. Kyk na Maroela se onderstebo Springbok en Protea wat regop is
Skerp Maroela.

Anoniem ·

A-span sit op di bench en moet in 20 min. kom red wat B-span in 60 min. verbrou het.
Kies n nuwe kaptein met durf en ywer, iemand soos Whiteley of Kriel.
En SA benodig n losskakel! Die 7’s rugby is huidiglik meer suksesvol met doelskoppe as di bokke! Wat n joke!

Uiltjie ·

Die Springbokspan is kritiek! Iemand Sal moet ingryp. Alister, jy Sal moet vir Eddie Jones moet Bel.

Stef ·

Hoe Hoe kritiek Uiltjie?

Soos my een maat se wat polisse verkoop ” Die een voet is in die graf en die ander voet op n piesang skil”

Louis ·

Ongelukkig het dit ʼn aanvaarbare norm in Suid Afrika geword om die gemiddeld te aanvaar as goed genoeg. Dit saam met die druk van politici om sport en die samelewing as geheel te “hervorm” het die gevolg dat al hoe meer mense maar net nie meer kla, of nog erger, omgee dat net die beste goed genoeg is nie. Die gevolg is dat gemiddeldheid deursyfer en kwaliteit wegkalwe. Afrigters, leiers, spelers, fiksheid, skills, dissipline, taktiek en beplanning. Gemiddeld, nie die beste nie, maar “goed genoeg”. Totdat hierdie benadering verander sal dit net slegter gaan. Met alles in hierdie mooi land van ons. Ek voorspel dat ons nooit ooit weer die wêteldbeker, of enige ander groot toernooi in enige sportsoort sal wen nie. Nooit nie, tensy die benadering en toewyding baie verbeter en net die beste mense of spelers gekies word om die ding te doen nie. Vergeet van hoe jy lyk of watter taal of watter politieke party jy ondersteun nie. Net as jy die heel beste is, en bereid is om hard te werk vir n positiewe resultaat, is jy goed genoeg.

Fourie ·

Louis jy stel dit baie goed. Ons het hier te make met ‘n simptoom van wat in die land aangaan. ‘n Afrigter kan dit nie verander nie. Daar’s net te veel verkeerd …

Stef ·

Ons moet driee ook druk. Ons vaardighede is swak. Is jammer daar is nie n komoetisie om te kyk Wie Skop Die Meeste Besit Weg. Ons sal dit los hande wen.

Stef ·

Hiermee tender ek my bedanking uit die supporters groep van die Springbok. Dankie vir die goeie tye maar die tyd het gekom vir n vars verandering. Ek gaan n nuwe span ondersteun. Dit was n lang en moeilike besluit wat die laaste 7jaar in my kop gemaal het. My springbok truie, T hempde en kepse sal ek mooi bere en eendag vir my klein kinders van die eens goeie springbok vertel. Die bestuur mag dalk vra hoekom en waarom en watter beter voordele gaan jy kry? Die antwoord is maklik ek gaan n span ondersteun met n wen kultuur het. Ek gaan n span ondersteun wat my trots gaan maak. Ek gaan n gelukkige supporter wees.
Hiermee groet ek die Bok. Jy sal altyd plek in my hart he en ek sal met een oog julle vordering dophou. Vir nou moet ek fokus op my nuwe span.
Groete
n Complaisant moeg om te verloor Springbok supporter.
Ps: Onthou net Springbok rugby behoort aan sy supporters ook. Ons is immers aandeel houers
#tag ek se maar net

Frans C ·

Springbokke is gelukkig om nie verder te verloor nie.Oupa Mohoje was gelukkig om op die veld te bly na die talle hoogvatte wat hy uitgevoer het.Die patroon wat gevolg word is ‘n baster patroon, iets tussen Leeus en Stormers rugby. Nie die Leeus of Stormers spelers gedy daarin in nie en spartel soos visse op droeë grond.

Rugby mag wel ‘n spansport wees maar geen speler wat sy sout werd is sal toelaat dat sy direkte teenstander amok op die veld maak.Ter versagting kan gesê word dat ek my PVR
‘n paar keer teruggespeel het en dit het gelyk of die een doelskop wel oor was.

Nou lyk dit verder of party ouens op vakansie is want wat soek Marx en Mostert daar as hul nie eers die plaasvervangerbak kan haal nie?

Josua Keys ·

Allister moes die hele Lions afrigting span saam hom aangestel het as hulp afrigters hy sou geweldig by hulle geleer het en sy afrigtings metodes daarby kon aanpas, Allister wou nie want hy het geweet dat Johan Ackerman nie saam sy span keuses sou stem nie en eerder mense gekies wat na hom sou luister as omna hulle te luister, daarom kon hy nog nooit met die Stormers iets uitrig nie. As persoon dink ek Allister is dalk nie n slegte mens nie maar dit het tyd geword dat hy terug klas toe gaan en by ervare afrigters soos Ackers en Swys gaan lees want sy huidige afrigting span is Clueless en die bokke se lyftaal wys dit ook uit maar hulle is te bang om hul stem dik te maak anders verloor hulle dalk hul plek in die span.

Rugga007 ·

Ek sit met trane in my oë,vandag. Dat ons eens gevreeste span so kon val. N span vir wie die All Blacks nie altyd voor kans gesien het nie. Ek wil nie vergruis word nie, politieke inmenging tenspyt.

Ek glo die meeste sal saamstem dat daar genoeg kleurling / Swart talent is om goeie mededinende spelers in die veld te stoot. Dis die aanwending van die spelers volgens my wat heeltemal verkeerd toegepas word. Spelers word ryp gedruk,nie genoeg kans gegee om hulle vaardighede op te skerp nie, genoegsame self vertrou op te bou nie.

Provinsialisme staan nog sterk in SA rugby. En dit is eintlik waar ons probleem lê. 75% van ons top talent is gebasseer by die drie groot bonde, Bulle,Sharks.Stormers,solank as wat SA RUGBY gaan toe laat dat die prakryk aangaan sal ons rugby ageruitgaan. Hoekom is NZ rugby so sterk? Talent ja. Sent rate kontraktering beslis. Al NZ se top spelers word deur die NZ Rugby unie gekontrakteur,geen speler behoort aan n unie nie, dit laat hulle toe om talent eweredig te versprei tussen al hulle spanne,so kry almal genoegsame speel tyd.
Jy sien nie in NZ rugby dat spelers elke jaar van provinsie verander nie. In NZ speel n speler maklik 100 wedstryde in 5jaar vir n span, in SA gebeur dit ook maar vir 3 of 4 verskillende spanne.

In NZ is daar n sentrale borg wat al hulle spanne borg. In SA het almal verskillende borge.

Die meeste top NZ spelers kry min of meer dieselfde geld.

As gevolg van agente in SA en die spelers wat so rond skyf raak die spelers so duur dat plaaslike spanne hulle in elk geval nie kan bekostig nie,en dan laat dit hulle in elk geval geen ander keuse as om oorsee te gaan speel nie.

As ons dieselfde stelsel as NZ kan aanaanvaar dan kan ons maklik 12 top spanne in die Currie beker laat speel.

My insiens is dat ons rugby adminastreurs nie genoeg ruggraat het om die spel van ons waaroor ons so lief is vorentoe te vat nie. En solank as wat Provinsialisme nog sterk staan in SA rugby kan ons maar vergeet van n ware front agter ons nasionale span,en dit kwotas ten spyt.

Balie ·

Die agterlyn gaan niks maak, Faf hardloop 4 tree om n bal 3 tree aan te gee. Jantjies kry bal onder hewige druk, hy gee bal en die druk vir 12. Wat verwag iemand moet jy maak as jy die bal en 2 verdedigers gelyk kry? Ek verwag die bokke om met 50 of meer punte teen NZ te verloor, Faf het die hart, maar ek is jammer hy verkoop ons agterlyn met elke tree wat hy hardloop en nie uitgee nie, ons senters se verdedeging is verdag soos jou seuns se Nederlandse pel, se brownies, Oupa gaan verseker n rooikaart kry teen NZ vir sy verdedeging. Dan almal kla oor ons spelers wat nie kan dink en regte besluite kan neem nie. Die probleem lê in skole rugby waar daar sleg patroon rugby gespeel word. Die veld word in blokke gedeel en op die plek mag jy die volgende 3 bewegings doen ens. Alle vorme van inisiatief neem word nekom gedraai. Enige speler wat sy eie gesonde verstand gebruik word onmiddelike vervang. Hoe verwag ons dat spelers moet dink as hulle groot is, hulle word vsn bulletjie rugby geleer moenie dink nie doen net?

R Eaton ·

Ja Balie. Faf verkoop se agterlyn. Daarom het die leeus die beste agterlyn gehad die jaar van al ons spanne. Die agterlyn sal altyd onderdruk wees as jou pak nie oorheers.

Balie ·

Ja R Eaton, so jy se dit het geen uitwerrking op die agterlyn as die 9 vier tree dwars oor die veld hardloop voor hy pas nie? is dit nie waar oor almal arme Raun Pienaar geslag het nie? RP het hoeveel keer op Europese liga man van die wedstryd gewen, dit het hom nie n briljante speingbok 9 gemaak nie, al wat ek sê Jantjie kan dalk beter besluite neem as hy 4 tree vinniger die bal kry, Faf sit ongelooflike druk op pns agterlyn met die dwarshardloop.

Koos ·

Faf hardloop nie om uit te gee as hy vir die Leeus speel nie, as hy dit vir die bokke doen is dit oor hy so afgerig word

J ·

Ons in Alberton was gelukkig Coetzee se spankeuse-arrogansie gespaar. Sonder krag gewees van 20:00 – 08:00 vanoggend.

Stef ·

Kom ons boikot Springbok rugby. Ons bele nie meer in toets kaartjies, springbok truie, t hempde en kepse. Enige iets wat gepaard gaan met springbok rugby boikot ons.
Soos duisende / miljoene ander is ek n aandeel houer wat bele in bok rugby. Vir nou is my beursie toe. Julle is nie n grap nie. Julle is n skande vir n trotse tradisie wat vernietig word.
Tot julle weer, en ek twyfel, n krag raak in wereld rugby se ek vaarwel.
Groete
n Getroue aandeelhouer wat nie meer gaan investeer in die snert nie.

Boela ·

Ek doen dit al sedert 2014 – kyk nie meer enige rugby by stadions of op TV nie, ek kyk ook geen rugbygeselsprogramme op TV nie (dus bereik advertensies tydens dié programme my glad nie), en ek koop geen rygbyprodukte nie. En wat ‘n verligting is dit nie om nie langer ‘n politiek-korrekte kwota-belaaide span te ondersteun nie!

Herman Goosen ·

Ek is bevrees verkeerde spelers is slegs die helfte van die Springbokke se probleem. Minderwaardige taktiek en verkeerde spelstyl is ons voorland met onwaardige bestuur en keurders wat Springbok rugby nog jare gaan laat skade ly. Die goeie nuus is dat teen die tyd dat Springbok rugby weer onder ordentlike bestuur kom dit relatief min moeite gaan verg om dinge weer uit te sorteer.
Dankie tog ek is jare lankal nie meer ‘n Springbok ondersteuner nie. Toe ek ‘n kind was was ‘n Springbok speler die beste in die land – nie die afrigter se gunsteling nie. Om eerlik te wees is ek oortuig dat die breinlose taktiek van voorry oorstoot in ieder geval onmoontlik is met die voorspelers wat ons tans het. Alistar se keuse van WP voorry manne maak hierdie taktiek onwenslik sedert hulle bekend is dat hulle die mins fisiekste pak in SA rugby het.

Ollie ·

Ek verstaan nie, dit lyk maroela is n eensydige politieke nuus blad wat net voorsiening maak vir mense met n politieke oortuiging. Haal vir ras uit die sport en ondersteun SA , dit is waarom SA sport nie vorerentoe kan gaan nie.

Cjan ·

Onttrek die Leeuspelers wat in die Bokke is. Ackers gaan sukkel om hierdie Bokleeus weer op vorm te kry vir rugby. Kies WP en Bul spelers. Verander bokembleem na Proteas embleem en sluit Springbokglorie af.

Arie ·

Ja Boela ek het lus en join jou kan R500 spaar om supersport te stop, ons minister van sport is besig om te wen deur ons sport op te D… Ek meen op te neuk. Selfde met die bulle, hulle baas het ook dadelik ingestem met die kwotas en kyk wat help dit ons – verdomde verraaiers dis wat hulle is. Ek stem saam boikot sport laat supersport saam vou, dalk kom daar iets beters van

Anoniem ·

Wanneer ek so na die lee stadions kyk dink ek die toeskouers is klaar besig om Suid-Afrikaanse rugby te boikot. Ek wil ‘n voorspelling waag om te se dat die Bokke ‘n hengse loesing van die All Blacks te wagte kan wees. Met so ‘n getjommel kan dit ook nie anders nie.

JOHAN DE VILLIERS ·

Eerste probleem ons minister van sports. Dan Allistair Coetzee en sy afrigterspan wat in ‘n liga van laer as Curriebeker hoort. Kry ‘n SPRINGBOK wat weet waaroor dit gaan as afrigter. Speel net die bestes. So nie sal ons losers bly ‘n bafana bafana light waar onder gemideldheid die standaard is.

Meerkat ·

Nee matjies hoekom so bitter. Dit is lekker om polieties korrekte wees, dit is n vertoonvenster van slapgat geit !! Feit jantjies kan nie agter n pak speel wat nie oorheers of waar die ander span se vedediging vining opskiet nie, gaan kyk maar na die Super 16 final. en wie kan vir my sê wat is die naam van ons agterlyn afrigter ? Ag alles is net n gemors. Moet nou eers n paar Prozacs gaan sluk om my gemoed te prober regkry vir die week se werk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.