RK: Nuwe bonusstelsel, toets op Twickenham

Die Mbombelastadion, Nelspruit. (Foto: skyscrapercity.com)

Die Mbombelastadion, Nelspruit. (Foto: skyscrapercity.com)

Vanjaar se Rugbykampioenskap (RK) kry `n nuwe bonuspuntstelsel en `n toets word die eerste keer in die Noordelike Halfrond gespeel.

Sanzaar sê in `n verklaring wat Donderdag in Sydney uitgereik is dieselfde bonuspuntstelsel wat vanjaar in Superugby toegepas word, sal in die Suiderlande se kampioenskap geld.

Hy bevestig ook dat Argentinië soos vroeër aangedui is, sy “tuistoets” teen Australië op Twickenham in Londen sal speel – en dat die Mbombelastadion in Nelspruit sy eerste RK-toets kry.

Die bonuspunt vir vier drieë word dus vervang met een wat toegeken word wanneer `n span drie of meer drieë méér as sy teenstander druk. Die punt vir `n nederlaag met sewe of minder punte bly onveranderd van krag.

Andy Marionos, die hoof- uitvoerende beampte van Sanzaar, sê die Superreeks toon dat die nuwe stelsel die topspanne dwing om 80 minute lank voluit te speel en beloon spanne vir aanval sowel as verdediging. Hy reken dit het vanjaar vir van die opwindendste en spannendste kragmetings in die geskiedenis van Superrugby gesorg.

Suid-Afrika se eerste wedstryd vanjaar is op 20 Augustus teen Argentinië in Nelspruit.

Die res van sy program sien so daaruit –

27 Augustus: Argentinië, Estadio Matearena, Salta

10 September: Australië, Suncorp-stadion, Brisbane

17 September: Nieu-Seeland, AMI-stadion, Christchurch

1 Oktober: Australië, Loftus Versfeld, Pretoria

8 Oktober: Nieu-Zeeland, Kingspark, Durban.

Die reeks word met die Twickenham-wedstryd afgesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.