Robbie Coetzee onskuldig nadat rooikaart die Leeus kos

Robbie Coetzee – onskuldig na rooikaart sy span kos (Twitter)

Robbie Coetzee, haker van die Goue Leeus wat Saterdag ná 51 minute afgestuur is omdat sy stewel na bewering kontak met ʼn Sharksspeler se gesig gemaak het, is Maandag deur ʼn tugkomitee onskuldig bevind.

Hy sal dus Saterdag teen die Westelike Provinsie op Nuweland mag speel.

Die tugkomitee het bevind dat die kontak “heeltemal per ongeluk” was en dat hy geen bedoeling  gehad het om die teenstander in die gesig te skop nie.

Die Leeus was 31-12 voor toe Coetzee afgestuur is.

Hoewel daar natuurlik ook ander redes was – waaronder die veel beter spel van die Sharks – dat die Leeus ná die afstuur van Coetzee nie weer  ʼn enkele punt aangeteken het nie, het die feit dat die Leeus vir ʼn halfuur met net 14 man moes speel ʼn beduidende invloed op die ommekeer in die twee spanne se vertonings en ook die uitslag gehad het.

♦  Die Leeus se binnesenter Rohan Janse van Rensburg se uitwysing vir ʼn gevaarlike duikslag is ook van die hand gewys en hy sal ook teen die WP kan speel.

♦  Die Blou Bulle se heelagter Duncan Matthews verskyn Dinsdag voor ʼn tugkomitee nadat hy  vir ʼn gevaarlike duikslag teen die WP op Loftus uitgewys is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Nico ·

Hoe dan nou ek hoop die skeinsregters wat betrokke was word ook vasgevat oor hulle besluit dit staaf Johan Ackerman se sienings oor die rooi kaarte tydens die wedstryde hulle het nou n goeie wedstryd opgedinges

Nico K ·

Ek het nie die voorval gesien nie, maar voel ook dat rooikaarte en selfs geelkaarte te vinnig gegge word en dit het ‘n groot uitwerking op die spel. Wat van soos in sokker eers ‘n geelkaart wat net ‘n waarskuwing is en ‘n 2de oortreding van dieselfde speler ‘n rooikaart.

Ben ·

Ek is nou gatvol vir daardie skeidsregters en TMO wat nie hulle werk behoorlik kan doen nie.Sulke swak beslissings kos die span wat die wedstryd verloor het en n baie goeie game word gespoil.Straf die skeidsregter en TMO en skors hulle vir n maand dat hulle hulle reelboeke kan gaan bestudeer teen hulle eie koste.

Jack Russl ·

Eerstens dink ek dat hy dit wel met opset gedoen en dat hy die rooikaart verdien het en dat hy geskors moes gewees het vir ‘n paar weke. Dis my opinie.

Nou het ons ‘n speler wat amper die helfte van ‘n wedstryd misgeloop het en dit het gevolg gehad dat sy span verloor het. Dit is onmoontlik om te weet wat sou gebeur het, maar ek sou graag wou sien dat indien ‘n rooikaart uitgedeel word en dan word die beskuldige onskuldig gevind dat die wedstryd weer gespeel moet word. Indien Robbie nie die rooikaart gekry het nie sou die Leeus waarskynlik nie verloor het nie, al het Seconds sy bes probeer.

Daar is prosesse wat die skeidsregters deurmaak om hulle optrede te evalueer en hulle word gestraf. Sal ook meer duidelikheid daaroor wil sien. Speler kry rooikaart, word by verhoor geskors of vrygestel, dus weet ons wat gebeur. Skeidsregter word geevalueer, maar ons hoor niks van die proses of straf nie. Sal die toeskouers ook meer tevrede stel as hulle weet hoe die skeidsregter aangespreek word vir sy foute

PJN ·

Hulle moet die ref ‘n rooikaart gee vir die res van die seisoen!!!!

Anton KLD ·

En du Preez (afrigter) het saam met die beslissing gestem, want dit het die Sharks die kans gegee om te wen. Seconds (skeidsregter) moes dalk net ‘n minuut of twee geneem het voordat hy in sekondes die rooikaart gewys het.

wesley ·

Ek verstaan ook nou heeltemal nie… Ek het die voorval gesien en gevoel indien die skeidregter weet dit was perongeluk (soos hy self gese het soos hy die kaart uit sy sak pluk), moes hy maar net n geel kaart gegee het om te waarsku teen moontlike gevaarlike situasies, en sodoende kon Robbie terugkom en nogsteeds n fair game gemaak het.

Die skeidregters raak al hoe maller met hierdie kaarte, en laat die basiese spel reels by hul vingers deurglip… Byvoorbeeld: as ek weer een keer sien hoe n scrummie n bal ingooi by die skum onder sy 8ste man se voete reg voor die ref, gaan ek dit verloor!

BAREND ·

die rooi kaart van qwagge smit was ook met n doel gedoen ,dit was in die crussaders se oefen program, dit was die eenigste manier om die leeus te wen en almal het darvoor gewal

Josua Keys ·

In al die jare wat ek rugby gespeel het was daar nie dinge soos rooikaarte of geelkaart snert nie, wie aan die idee gekom het moet asb n sielkundige gaan sien want dit is besig om rugby erg te versuur. Ek stem heelhartig saam dat vuilspel uitgewys en gestraf moet word maar wys die speler dan ‘n geelkaart en gee ‘n strafskop teen die speler kry hy ‘n tweede geelkaart in die wedstyryd dan ‘n rooikaart dan moet hy die veld verlaat en ‘n ander speler sy plek inneem. Na die wedstryd kan die spelers wat geelkaarte en rooikaart gekry het voor die tug kommitee verskyn en nadat daar deeglik na die video materiaal gekyk word dan stappe teen die speler geneem word, sou die speler dadelik ‘n rooikaart kry moet hy die veld verlaat en vervang word met ‘n ander speler vir die res van die wedsrtyd. Ek stem heelhartig saam met Kobus Wiese dat daar ten alle tye op die veld 15 teen 15 spelers moet wees en ons in Suid Afrika moet almal saamstaan sodat hulle die huidiglike belaglike toepassing van die reel sal wysig en aanpas om regverdigheid ten alle tye te verseker, dit sal ook help dat daar minder druk op skeidsregters geplaas word om spelers van die veld te stuur wat dalk die uitslag van ‘n wedstryd kan bevoeter. Daar was al gevalle waar daar 12 spelers teen 15 gespeel het en dit opsigself is die oorsaak dar speler erg beseer kan word.

Genieve ·

Ek is netso keelvol vir die rooikaarte.Waar is die waarskuwings en die skeidsregters kan gerus eers met die kapteine praat om mt hul spelers te praat.Hulle is net te vinnig om rooikaarte uit te deel.Die rooikaart tussen die Leeus en die Hurricans het ons die wedstryd gekos want ons het net met 14 man gespeel.

Piet Pille ·

Josua, raak saam gevat. Meer oordeel van skeidsregters word verwag. Rooikaart en dan ‘n dag later vind ‘n “tug komitee” die speler onskuldig!!!! Die wedstyd is dan reeds opgevoeter.

Josua Keys ·

Dankie Piet en Genieve wat saamstem, ek wens net Maroela wil die een verder vat sodat dit by SARU kan uitkom en ook by die Wereld rugby raad. Die Leeus en van ons ander Super Spanne het wedstryde verloor a.g.v geel en rooikaarte en om terug te dink aan die pakslae wat die bokke teen Engeland ‘n paar jaar terug gekry het a.g.v rooikaarte, dit hoort eenvoudig net nie in Rugby nie of sal ek eerder sê die huidiglike toepassing van die straf reels. Maroela help asb vir Kobus Wiese en die Suid Afrikaanse publiek dat ons sy voorstel aanvaar kan kry by die Wereld Rugby Raad reg oor die wereld sodat ons rugby kan geniet vir 85 minute en nie halftyd al wil huistoe gaan omdat n speler ‘n geel of rooikaart gekry het wat dit nie regtig verdien het nie en dat Rugby weer ‘n regverdige sport van 15man teen 15man of vroue sal wees tot die eind vluitjie blaas.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.