Rondes bepalend vir Assupolreeks, Flyatoernooi

dragonsSaterdag se rondes in die Noorderbonde se Assupolreeks, sowel as dié in die Blou Bulle se Flyatoernooi is bepalend vir die onderskeie reekse.

♦ In Afdeling A1 van die Assupolreeks sal Dragons bitter graag sy wedstryd teen Pretoria Polisie (albei Blou Bulle) wil wen om in die wedloop te bly. Dit sal egter nie so maklik teen die land se vyfde beste oop klub wees nie, veral nie op sy tuisveld nie.

Rustenburg Impala (Luiperds) behoort sy eerste plek te versterk teen Harlequins (Blou Bulle), wat die grens Noordwes toe oorsteek.

♦ Die huidige kampioen, Centurion, veg met sy rug teen die muur in Afdeling A2 wanneer hy die Naka Bulle in die Moot gaan aandurf. Hy het tans `n ligapunt minder as Naka, wat tweede op die punteleer is.

♦ In Afdeling B1 het Northam (Limpopo Blou Bulle) reeds seker gemaak van sy plek in die B-eindstryd, maar in Afdeling B2 en B3 kom die wedstryde Saterdag op kwarteindstryde neer. Die wenners sal mekaar op 5 Maart in die halfeindstryd pak.

In Afdeling B2 speel Lonmin (Luiperds) tuis teen Witbank Ferro’s (Pumas); en in Afdeling B3 speel Pietersburg Noordelikes (Limpopo Blou Bulle) tuis teen Middelburg (Pumas).

flya logo 2♦ Die Flyatoernooi op die Tuine-sportterrein, Pretoria, se eindstryde word Saterdag van 14:00 af uitgespook.

Westelikes speel dan teen Cullinan in die Presidentsligaspanne se plaateindstryd, gevolg deur Korrektiewe Dienste en Bronkhorstspruit wat 15:30 in die Eerste Ligaspanne se plaateindstryd aanmekaar spring.

Transnet Parke speel 17:00 teen Hartbeespoort in die Presidentspanne se eindstryd; en Noordelikes en die Silver Valke 18:30 in die Eerste Ligaspanne se eindstryd.

Jaco Olivier, die klubbestuurder van Tuine, laat weet daar sal volop kos en drinkgoed te koop wees.

Opgesomde Assupolpuntelere –

Afdeling A1

Eerste spanne: Impala 12. Polisie 7, Dragons 5, UJ 5, Harlequins 0.

Tweede spanne: Dragons 10, UJ 9, Polisie 6, Impala 4, Harlequins 1.

Derde spanne: UJ 11, Dragons 10, Polisie 7, Harlequins 1, Impala 1.

Onder 21-spanne: UJ 14, Dragons 10, Polisie 5, Impala 2, Harlequins 0.

Onder 20-spanne: UJ 15, Dragons 7, Harlequins 5, Polisie 5, Impala 0.

Afdeling A2

Eerste spanne: Tukkies 9, Naka Bulle 6, Centurion 5, Tuine 0.

Tweede spanne: Tukkies 9, Centurion 5, Naka Bulle 5, Tuine 0.

Derde spanne: Tukkies 9, Centurion 5, Naka Bulle 5, Tuine 0.

Onder 21-spanne: Tukkies 9, Tuine 6, Naka Bulle 4, Centurion 0.

Onder 20-spanne: Tuine 10, Centurion 4, Naka Bulle 4, Tukkies 1.

Afdeling B1

Eerste spanne: Northam 10, Pukke 2, Wits 0.

Tweede spanne: Pukke 5, Northam 5, Wits 0.

Onder 21-spanne: Wits 5, Pukke 5, Northam 0.

Afdeling B2

Eerste spanne: Ferro’s 5, Lonmin 4, Letaba 1.

Tweede spanne: Ferro’s 5, Letaba 4, Lonmin 0.

Onder 21-spanne: Ferro’s 5, Lonmin 2, Letaba 2.

Afdeling B3

Eerste spanne: Noordelikes 5, Middelburg 5, TUT 0.

Tweede spanne: Middelburg 5, Noordelikes 5. TUT 0.

Onder 21-spanne: TUT 10, Noordelikes 0, Middelburg 0.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.