Rooi beslis nie mooi, al het die Bokke gepronk

Die rooi Boktruie – Beast Mtawarira, Eben Etzebeth en Siya Kolisi (Twitter @Springboks)

Die Suid-Afrikaanse rugbybase kan walgooi soos hulle wil, maar hulle het ʼn heerlike Sondagmaal van sappige skaapboud en gebakte aartappels met ʼn gebrande malvapoeding bederf.

Die rooi truie waarin die Bokke Saterdagaand in Salta teen die Argentyne Poemas gespeel het, was onooglik lelik.

Bloedrooi truie, swart krae, rooi broeke en rooi kouse… Die springbokkie op die linkerbors was verdwerg, so ook die protea op die regterbors.

Eina!

Is dit werklik gedoen om 25 jaar se eenheid in rugby te herdenk? Hoekom is daar dan terselfdertyd nie met die Groen-en-Goue Springbokbaadjies (dit was darem net eenmalig, so is mos beloof) weggedoen nie? Wanneer jy eers begin geld mors, is daar mos nie brieke nie.

Dink net hoe mooi sou Allister Coetzee (hoofafrigter) en Ian Schwartz (spanbestuurder) op die spanfoto gelyk het in skreeulelike rooi baadjies met ʼn swart omboorsel?

Vroeër in die week het die Bokflank Jaco Kriel gesê dit maak nie saak in watter truie die Bokke speel nie. Ja, die spelers sal in rooi, geel, pienk en blou speel, net solank hulle toetsrugby kan speel en die tjek in die pos is.

Hoe ironies is dit nie dat spelers eers kritiek lewer wanneer hulle uitgetree het, soos Bakkies Botha nie – en ook die gewese Bokafrigter, Jake White – wat hulle monde daaroor uitgespoel het.

Saterdagaand ná die toets het Nick Mallett teruggekap en gesê die kritiek was onnodig, maar ek wonder wat hy daarvan sou gedink het as sý Bokspanne in rooi moes speel?

Sê nou maar die Bokke het Saterdag verloor?

Nee, moenie krap waar dit nie jeuk nie, moenie ons vertel dat ʼn gebrande poeding smaaklik is nie.

Hopelik het die Bokke die gety laat draai, en hopelik sal die vordering teen die Wallabies en All Blacks voortduur, maar moenie dit met rooi truie ongedaan maak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Henry ·

Die rooi gedoentes het verseker dat my huis en my pelle se bsluit van maande gelede in die kol is en dat ons laaaaankal nie meer bereid is om kwotaspanne en ander foefies te gedoog nie. Nie nou nie en vir seker nie in die toekoms nie.

Mallett en andere se sprokies oor die nut en waarde van sirkustoertjies, is voorspelbare politiek-korrekte snert wat met minagting bejeën word.

Henk du Preez ·

Hierdie was n toetslopie met die rooi truie, ek gee vir julle n brief. Dit is nie meer lank nie dan is die groen en goud iets van die verlede, en die Springbok. Dan gaan dit vir ons opgedis word dat daar nou van die apartheids kleure ontslae geraak is, en almal gaan dit aanvaar want ons is gewoond gemaak aan die rooi truie. Teen hierdie tyd behoort julle almal te weet dat alles wat SARU doen n politieke ondertoon het, maak nie saak hoe hulle dit wil verkoop nie. Watch this space, die Bokke speel in die volgende wereldbeker met n ander kleur truie en nie meer met die groen in goud nie. Daar sal seker nog n paar toetslopies wees met ander kleure en dan is die groen en goud op die ashoop.

Kommentators ·

Sulke tye mis jy vir ou Spiekeries, hy kon rugby uitsaai, hy kon analiseer en het op positief gefokus eerder as negatief. Ou Nick as jy wil hê ons moet end-uit luister, fokus op die positiewe, sien die goeie in die spelers raak, broei daarop. In alle eerlikheid, Allister het ‘n verloorspan gekry en goed verloor, maar hy het dit gebruik om die positief in spelers en kombinasies te sien en die regtes bymekaar gebring en soveel wen wedstryde en met sulke goeie tellings, Allister indien ek dalk iewers gewonder het, jy het 95% verkeerd bewys!!!! Rustig oor Nick se uitlatings oor jou span, hy sal nooit tevrede wees, dalk moet mens besef dit is hoekom hy net ‘n kommentator is en nie ‘n afrigter. Spelers, luister net na jul afrigter asb, ons hou van jul rugby en dan natuurlik is die wenne ‘n bonus.

Stephanus ·

Ek hoop daardie rooi truie word NOOIT weer gebruik nie. AFSKUWELIK!!!!

Chris Ws ·

My hart is bly hulle het in die EFF se kleure gespeel.Ek hoop van harte SARU hou dit so!Die Groen en Goud moet gebere word vir die dag wanneer die politieke inmenging verby is,regtig verby is.Ons nationale span is beslis nie Springbokke nie.Ver daarvan af ,so laat die EFF truie maar bly.Tenminste spaar hulle die onteering van die Springbok embleem asook die Groen en Goud.

Pieter ·

Eintlik stem ek saam met jou Chris Ws, dit was my eerste gedagte toe ek die rooi gedoente sien en ek het met baie minder vreugde na die westryd gekyk en net gewag dat hulle die Parlement Vastrap gaan doen en vergeet waarvoor hulle daar is.

André ·

Jake White het sy sê gesê en in die proses vergeet dat die Bokke in sy tyd ook in ‘n eenmalige ander trui gespeel het.

bgj van der westhuizen ·

wel mense daar die was net in voor loper vol gende keur is dit geel en net met n protea op en dan sal hulle ander naam kry nog ja alle mense wat vir springbok is dit is tyd dat saam staan en geen sary een komste by woon nie en geen produkte koop van dit nie doen soos gedoen was met spur al wat in die land werk en aan geglo word is geld maak hulle seer waar dit regtig seer maak n/b kyk al vir die laas paar jare nie meer nie wand dit is nie meer n springbok span nie van dat die pretea by gekom het kan hulle ook nie meer speel nie

Pieter ·

Ek dink “die Ngunis” behoort ‘n lewensgetroue naam te wees.

Piet Pille ·

Onthou een ding, dit gaan alles om geld. Daar is lankal nie meer iets soos trots of ‘n tradisie wat uitgebou en ge-eer moet word nie. Jaco Kriel en dies meer sal sonder ‘n trui (dalk nog ‘n broek ook) speel as die geld reg is. Hou dit rooi sodat die Groen en Goud altyd herdenk kan word vir wat dit was en sal wees.

Jaybee ·

Geluk met die oorwinning. Maar Groot Asseblief begrawe die rooi trui. Ons Bokspan behoort NET in die groen en goud trui te speel.

Rica ·

Ek het beslis nie met Jaco Kriel saamgestem dat die kleur van die trui nie saak maak solank hulle net in ‘n Springbok toets kan speel. Die groen en goud is ons trots. As dit dan nie anders kon nie, hoekom nie rooi trui, wit of swart broek en rooi kouse nie? Maar kla sal/sou niks verander het nie. Wat egter die ergste was, was dat die rooi trui, broek, onderbroek en kouse erg kwaai was op die oe. Moes gedurig oe knip om te kan sien. Rooi? Regtig ‘n slegte kleur.

Eddie de Jager ·

Dit is ironies hoe iets wat bedoel is om eenheid te vier, meer verdeeldheid saai.

Tiger ·

Eddie de Jager,dit is juis die anc se doel om onenigheid te veroorsaak tussen die Springbok ondersteuners.Dis waarom hulle kwota spelers in die span in dwing en die span in ‘n ander kleur trui broek en kouse laat speel het.Hulle weet dit maak Springbok rugby ondersteuners die joos in.Dis als deel van hul taktiek om dit waarvan blankes hou te vernietig.

danie ·

Eenmalige ding, steur my nie daaraan nie. In elk geval niks erger as die Proteas wat eenkeer ‘n jaar in pienk speel nie.

martin ·

Die All Blacks het die Haka , Die Sa span moet nou die Gumboot dans doen , Nie meer Bokke nie Hartseer!!!

AG NEE... ·

Dis hoekom die amokrokko bokko nooit n kans sal staan teen die All blacks nie! Geen rugby kultuur meer geen trots te bespeur ,die ou BOK trui word vir mahala weggegee….. kyk bietjie na die All Blacks kleedkamer reels trots en kultuur.. Die rooitrui speel net vir geld en kwotas,teen goeie spanne wil ek sien wat gebeur? Gee daai manne net n rooi berret ok en n regte Afrika embleem miskien n ak 47 op die bors in plaas van die Springbok ….Noem hul Sommer die – Eff span…

Robert ·

Het nogal van die rooi gehou, laat my dink aan die leeus……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.