Rose kies dorings teen Bokke

Eddie Jones. (Foto Twitter@EnglandRugby)

In Owen Farrell se afwesigheid het Engeland steeds ’n goeie span gekies wat Saterdag op Twickenham teen die Springbokke kragte meet.

Courtney Lawes gaan die span aanvoer, terwyl die opwindende Marcus Smith die no. 10-trui sal dra. Ander bekendes is Manu Tuilagi, Tom Curry, Sam Underhill en Maro Itoje.

Farrell se besering beteken ook dat Tuilagi weer terug op senter is nadat hy teen Australië op vleuel diens gedoen het.

Die tuisspan verwag ’n fel stryd in die skrums, maar hul onervare voorry kan dalk harde bene teen die Bokke kou.

“Hierdie is ons grootste wedstryd van die seisoen en ons wil die herfsveldtog op ’n goeie noot afsluit. Ons wil ons beste vertoning voor 82 000 toeskouers op Twickenham lewer,” het Eddie Jones (afrigter) gesê.

Dit sal die eerste wedstryd tussen die twee lande wees sedert die Springbokke in 2019 die Wêreldbeker-eindstryd met 32 – 12 gewen het.

Die Suid-Afrikaners kon egter laas in 2014 vir Engeland op Twickenham klop.

Engeland: Freddie Steward (heelagter), Joe Marchant (regtervleuel), Henry Slade (buitesenter), Manu Tuilagi (binnesenter), Jonny May (linkervleuel), Marcus Smith (losskakel), Ben Youngs (skrumskakel), Tom Curry (agtsteman), Sam Underhill (flank), Courtney Lawes (kaptein en flank), Jonny Hill (slot), Maro Itoje (slot), Kyle Sinckler (stut), Jamie Blamire (haker) en Bevan Rodd (stut). Plaasvervangers: Nic Dolly, Joe Marler, Will Stuart, Charlie Ewels, Sam Simmonds, Alex Dombrandt, Raffi Quirki en Max Malins.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Treurwilger ·

Mag die beste span wen.
En die skeidsregter hare op sy tande hê.

Dit sal interessant wees as die Maroela-sportskrywers hul objektiewe mening kan gee oor die “Rassie-video-sage”, nadat die volledige verslag van Wêreldrugby gelees is.
Die skeidsregtersfoute is daar vir almal om te sien, sommige selfs deur die sondebok erken, so dit gaan heel duidelik nie vir ‘Die Paneel’ en kalm, denkende rugbyliefhebbers daaroor nie, maar Rassie se minagting van die prosedure, wat nie ingepas het by sy tydskedules nie(!)
Dink net as elke afrigter so optree …

Eenogige Bokondersteuners moet waak teen permanente ‘slagoffersindroom’ – dis ongeneeslik.

MakersMark ·

Wêreld rugby is suur omdat Rassie hulle skeidsregters ‘n les in rugby reëls gegee het. Baie in senior posisies in die rugbywêreld (NZ en veral England) is uiters suur omdat die bokke hulle elke toets ‘n les gee in toetsrugby. Sommige beweer selfs wat die bokke speel is nie rugby nie. Hul patroon is niks flashy nie. Bok voorspelers is onspeelbaar veral in die vaste fasette, en dan dodelike verdediging. En dis hoekom wêreldrugby so suur is. Selfs aanmerkings die bokke moet “meer hardloop”, of skielik moet die plaasvervangings nie plaasgevind nie “want iemand kan sterf” volgens Ian McGeegan. Dis sy verweer teen die “bomb squad” wat hulle so opvoeter. Bottom line is die bokke is fisies te sterk. Geen man hou daarvan om geboelie te word nie.

Boksombende ·

Ek hoop SO dat die Bokke die Engelse die les van hulle lewe Saterdag gee. Mag Wereld Rugby se suur uitspraak Engeland duur te sprake kom.

JohanR ·

Kan jy dink hoe die Engelse pers sal aangaan as England wen teen die Bokke. Is ook geen wonder soos hulle aangaan met Rassie se besluit dat Meghan Markle die hase pad gevat het nie. Ek hoop vir ‘n lekker Bok wen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.