Ross Cronjé weer in Lions se beginspan na sy ruskans

Andries Ferreira kry ʼn blaaskans vir die Rebelswedstryd. (Foto: GB Jordaan)

Ross Cronjé begin weer as skrumskakel en Dillon Smit sal sy adjudant wees vir die Lions se wedstryd Saterdag (07:00) teen die Rebels in Melbourne.

Cronjé was nie verlede week in die 23-tal vir die wedstryd teen die Force nie. Faf de Klerk was in die beginspan met Smit toe ook op die bank.

Saterdag is De Klerk as deel van Johan Ackermann se rotasiebeleid nie in die wedstrydgroep nie. Smit se vinnige en akkurate skoonmaak teen die Force toe hy De Klerk vervang het, kan dalk met nóg ʼn goeie vertoning vir De Klerk na die nommer drie-skrumskakel in die franchise laat afskuif.

♦  Hoewel die Rebels loshande die swakste span in die Superreeks is en verlede week deur die Kings in die Baai verinneweer is, het Ackermann net drie veranderinge gemaak aan die span wat verlede week effens té hard moes werk om die Force onder te kry.

Benewens Cronjé, kry Cyle Brink as steelkantflank kans in die plek van Ruan Ackermann en begin Lourens Erasmus op slot terwyl Andries Ferreira ʼn blaaskans kry en nie in die groep is nie.

Lions –

Andries Coetzee, Sylvian Mahuza, Lionel Mapoe, Harold Vorster, Courtnall Skosan, Elton Jantjies, Ross Cronjé, Warren Whiteley (kapt.), Cyle Brink, Kwagga Smith, Franco Mostert, Lourens Erasmus, Ruan Dreyer, Malcolm Marx, Jacques van Rooyen. Bank: Akker van der Merwe, Corné Fourie, Hencus van Wyk, Ruan Ackermann, Robert Kruger, Dillon Smit, Jacques Nel, Anthony Volmink

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Garath ·

Is Ross tans beter as FAF? Of betaal FAF die prys vir sy oorsese speel aankondiging?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.