Ruan Pienaar met knal terug ná besering

Ruan Pienaar (Foto: Ulster Rugby)

Ruan Pienaar (Foto: Ulster Rugby)

Ulster se Springbok-skrumskakel, Ruan Pienaar, het sy terugkeer na die Europese Pro12-liga met `n dawerende knal aangekondig.

Op Kingspan in Belfast het hy 17 punte tot die Ierse provinsie se sege van 37-17 oor die Skotse superklub Glagow Warriors behaal.

In sy eerste wedstryd vanjaar nadat hy van `n besering herstel het, het Pienaar `n drie gedruk en drie doelskoppe en twee strafdoele in punte omskep.

Brandon Thomson, die gewese SA o.20-losskakel wat deur die Stormers aan Glasgow geleen word, het as heelagter `n drie en `n doelskop vir die Skotte behaal.

 In nog `n wedstryd in die Europese Pro12-liga het Hanno Dirksen, `n seun van die Gasel-losskakel Hansie Dirksen, `n drie vir die Walliese streekspan Ospreys (Swansea) teen die Ierse provinsie Munster gedruk.

Die Iere, wat deur die Springbok Rassie Erasmus gebrei word, het 25-23 gewen.

Dirksen, met 32, is nou vyfde op die Ospreys se lys van topdriedrukkers van alle tye, en hy is in `n fel mededinging gewikkel met die skrumskakel Rhys Webb, wat met 33 vierde is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.