Rudolph weer kaptein van gedugte Luiperdsgroep

luiperdsJeandré Rudolph, wat die Luiperds verlede jaar na die eindstryd van die Curriebeker Eerste Liga en die NWU-Pukke na Varsitybeker-glorie gelei het, is weer in 2017 vir die Luiperds  beskikbaar.

Die Luiperds-rugbyunie het Dinsdag in ’n persverklaring aangekondig dat staatmakers soos Rudolph, die voormalige kaptein Juan Language, die losvoorspelers Marno Redelinghuys en HP Swart almal weer volgende jaar vir die span van Noordwes sal uitdraf.

Boela Venter, woelige flank van die Griffons, en die Kings-losskakel Lungelo Gosa sal ook voortaan hulle rugby in Potchefstroom speel, terwyl van Rustenburg Impala, die nuwe Goue Bekerkampioen, se spelers ook nog betrek kan word.

Die NWU-Puk se losskakel Schalk Hugo en Gosa is die twee losskakels in die groep. Die Luiperds is ondanks die vertrek van hul Namibiese Wêreldbekersenter, Johan Deysel na die Sharks, steeds gedug in die middelveld met spelers soos Henko Marais, Juffrou Vermeulen en Bradley Moolman.

Daar is 13 spelers in die groep van 23 wat in 2017 nog in die Varsitybekerreeks kan speel.

Die gekontrakteerde groep –

Jaco Hayward, Bradley Moolman, Rowayne Beukman, Juffrou Vermeulen, Henko Marais*, Schalk Hugo*, Lungelo Gosa, Chriswill September*, Jeandré Rudolph*, Juan Language, Marno Redelinghuys*, HP Swart, Boela Venter*, Loftus Morrison*, Stairs Mhlongo, Ruan Venter*, Walt Vermeulen*, Mogua Mabokela*, Lucky Ngcamu, Joe Smith, Louis van der Westhuizen*, Dane van der Westhuyzen*, Wilmar Arnoldi*.

*Spelers wat steeds in 2017 vir NWU-Puk Varsitybekerrugby kan speel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.