Rugby (alweer) die sondebok

Wêreldbeker (Foto: sarugby.co.za)

Wêreldbeker (Foto: sarugby.co.za)

In rugby is daar ‘n reël dat ‘n mens nie ‘n man sonder die bal mag speel nie, in krieket is dit ‘n foutbal wanneer ‘n mens ‘n kolwer se kop probeer afboul en in atletiek mag ‘n mens nie buite jou baan hardloop nie.

Ek glo nie daar loop iemand in Suid-Afrika rond wat nie met skok en byvoeglike naamwoorde, wat nie hier tuishoort nie, op die minister van sport, Fikile Mbalula, se aankondiging gereageer het dat hy ‘n demper geplaas het op vier van die Groot Vyf: rugby, krieket, atletiek en netbal, om te bie om wêreldtoernooie aan te bied.

Die minister dreig dat hy sy besluit eers oor ‘n jaar sal hersien, wat die SA rugbybase laat skarrel het, want hulle moet binne ‘n paar maande bie om die Wêreldbekertoernooi in 2023 aan te bied.

Saru se uitvoerende hoof, Jurie Roux, het gesê dat Saru reeds aan 11 van die 13 vereistes, of ondernemings wat hulle aan die regering gegee het, voldoen het.

Raai wat, ek is vas oortuig daarvan dat rugby se verbod binne ‘n paar maande opgehef sal word en siedaar, alles loop weer klopdisselboom.

Die minister se tydsbereking was perfek, hy het ‘n lae hou ingekry en rugby-ondersteuners se bloed laat kook. Onthou dis binnekort verkiesing en die Statebondspele, Ierse toer, Rugbykampioenskap en Kaapstad se Sewestoernooi word nie hierdeur geraak nie. Wat bly dan eintlik oor?

Is daar al teen swem opgetree? Wat van die Davisbeker- en Fedbeker-tennisspanne? Wat van gholf, rolbal, gimnastiek, pluimbal, muurbal, skiet, roei, bergfietsry, fietsry, tafeltennis, en kennetjie?

Nee, slaan waar dit die seerste maak – rugby.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

7 Kommentare

Gerhard ·

Gaan net oor waar daar geld ter sprake is. Amper soos staatsdiens. Jy kry ń pos alhoewel jy nie die werk kan doen nie. Die oomblik as jou bevoegdheid individueel bepaal word en jy dienooreenkomstig vergoed word tel transformasie nie want dan kan die span nie blameer word nie.

Kaspaas ·

Dit is verkiesings jaar so blah blah blah. Tyd het gekom dat SA Sport uit die internasionale kodes geskors word agv die rassistiese kwota stelsel. Die ANC sal skegs bky wees as alle Sport dissiplines 100% swart is. Die tyd kom dat ek vir my n ander span moet kry om te ondersteun.

Herman ·

Ek weet nie wat nie maar iets sal gedoen moet word. Miskien alle sport in SA international boikot. Stop alle span sporte om oorsee deel te neem.

De Beer Herman ·

Cut your nose to spite your face situasie plaas die bal weer in die minister se baan deur hom en die ander daarop te wys dat die groot toernooie juis bydra tot opheffing en hy juis sy eie mense indoen Rugby wereldbekertoernooie kan op TV gekyk word en ander lande kan besoek word Hy vermaak net homself

Johan 2 ·

Die ANC het nie hul “eie mense” nie…slegs slagoffers. Hul voel net mooi niks v SA nie, net v geld. Eintlik is hul maar net n koloniale mag wat net kom plunder.

Hannes Delport ·

Dit ‘n baie hartseer wanneer ‘n persoon op grond van velkleur en nie op grond van vermoë gekies word nie. So ons spanne kan maar verloor solank die kwota van die regte velkleur spelers net reg is. Belaglik dat sokker die kwota behaal en sukkel om te kwalifiseer v.d Afrika beker?! Maar dank vader, die kwota is darem reg? Ek wonder net by myself hoe voel die sogenaamde kwota spelers? Wil hulle bv. bekend staan as die beste swart, wit of kleurling skrumskakel of net eenvoudig die beste skrumskakel in Suid-Afrika? Dis absoluut belaglik. Net soos die res van die ANC se belaglike besluite rondom swart bemagtiging. Is dit nie maar omgekeerde rassisme nie? Die ANC, EFF en andere, is gou om alles op die arme oorlaaide apartheidsdonkie te laai, maar wat van Swart bemagtiging? Is dit nie maar ook rasisme net in ‘n ander vorm nie? “Los tog die bok uit!”, was ou president Nelson Mandela se kreet. “Los tog die politiek uit sport uit en laat die beste man/vrou ons land verteenwoordig, ongeag velkleur!”, is my kreet!

Johan ·

sokker moet dan mos 30% wit wees of hoe. Dan kan 4 uit elke 11 spelers afrikaanse vanne op hul rug dra. net regverdig ne.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.