Rugby: Bokke is weer wêreld se nommer 1

Makazole Mapimpi, Frans Steyn en Herschel Jantjies vier hul sege oor Nieu-Seeland. (Foto: Twitter)

Die wêreldkampioene is terug waar hulle hoort. Die Springbokke het nie net die All Blacks geklop nie, hulle kry ook weer hul eerste plek op rugby se wêreldranglys terug. Die Nieu-Seelanders skuif weer na die tweede plek toe en Australië bly derde.

Selfs die Nieu-Seelandse rugbyskrywers het groot lof vir die Bokke. Nadat daar baie kritiek was oor die vervelige skoptaktiek met sommige kommentators wat die Suid-Afrikaners selfs daarvan beskuldig het dat hulle rugby doodmaak, sing hulle nou weer ʼn ander deuntjie. Die Bokke het gewys daar is meer as net hul skoptaktiek – hulle maak die voorspelers sag en kan die bal rondslinger om die opponente aan die slaap te vang.

Afrigter Jacques Nienaber sê sy span het nou waardevolle momentum opgebou vir hul Europese toer in November. Hy beskou die oorwinning oor die All Blacks as van sleutelbelang vir die wedstryde teen Wallis (6 November), Skotland (13 November) en Engeland (20 November) om die jaar af te sluit.

Die Springbokke het die All Blacks met 31 – 29 geklop. Foto: Twitter.

Veral Engelse afrigter Eddie Jones sal graag die Bokke terug aarde toe wil bring met ʼn nederlaag op Twickenham. Jones het reeds hierdie week ʼn groep van 45 spelers vir ʼn kamp bymekaargebring en hy begin al werk aan sy plan vir die Wêreldbeker in 2023 in Frankryk. ʼn Hele klompie ou staatmakers is nie in daardie groep nie.

Nienaber het gister gesê sy span is nog nie waar hulle in 2019 was toe hulle die Wêreldbeker in Japan gewen het nie. “Maar ons groei en is op pad na daardie standaard. Die November-toer is nog ʼn kans om as span te verbeter.”

Volgens Nienaber het die All Blacks sy span meer ruimte gegee en daarom het hulle meer met die bal gehardloop. “Hulle het ʼn bietjie teruggeval en ons het meer plek gehad om die bal te behou. Ons soek nog die balans tussen hardloop met die bal en skop.”

Nienaber erken daar was baie geraas en regverdige kritiek nadat die span drie agtereenvolgende wedstryde verloor het. “Maar die spelers het nooit opgehou om hard te werk en nuwe planne te maak nie. So, ek is baie bly vir hulle.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Harley Davidson ·

Die All blacks het reeds gewen, die sa kwota span moes net aansien behou, geluk daarmee.

piet ·

Dit moet vir jou harde slag wees dat die kwota Bokke eintlik die AB’s in albei wedstryde ore aangesit het. In die eerste wedstryd was die AB’s net gelukkig om te wen en in die laaste een is hulle heeltemal ore aangesit in alle fasette van die spel. Die Bokke moes hierdie toets baie verder gewen het, hulle was soveel beter as die AB’s. Eintlik was die Bokke in 3 van die laaste 4 toetse die beste span op die veld. Net in die 2de wedstryd teen Australie het hulle die pakslae verdien. Dit gese, die Bokke het dit vir hulself moeilik gemaak met die dom taktiek in die vorige wedstryde. Kan net hoop hulle het daaruit geleer.

MakersMark ·

Stem saam Piet die bok voorspelers is by verre die beste in die wereld. Dis wedstryd bestuur en basiese dissipline wat somtyds kort. Verder is hul uit die boonste rakke. Dalk kan die agterlyn bietjie opgeknap word. Kolbe op heelagter, en Reinach of Jantjies op 9, Pollard moet net sy kop regkry – hy het paar jaar terug op Ellispark oor Richie McCaw gehardloop vir 5 punte en natuurlik sy self vertrou regkry by skoptyd. Anders vir meer aanvallende rugby is Goosen dalk die man. Bokke kan steeds die 2 de beste in die wereld klop. Want hul is die beste.

piet ·

Ons het net so ‘n gevaarlike agterlyn wat net ingespan moet word. Kolbe, Mapimpi en Fassi sal nag maak as hulle baie bal sien.

Harley Davidson ·

Jy verstaan maar net nie ek gee nie om as die hele Bokspan spelers van kleur het omrede hulle die beste is nie ,die sisteem is verkeerd en moet beveg word net soos apartheid.

Jean ·

Die kwotas was nie een van die probleme nie, dit was Willie.

JN ·

Maar skielik nadat die plaasvervangers op is in die tweede helfde gebeur dinge voor…
Dink nou net vir jouself die beste in die eerste helfde is op en dan kom die die lot van die twee helfde op….Beste van die beste..Dink hoe die Abs voor sou sukkel!
Probleem is die mense is al so gewoond aan kwota afforsering dat hul glo dit so goed soos dit kan wees…Kyk hul was nie sleg nie maar dit kan beter!
Vir die eerste keer in n lang tyd het kolisi gespeel soos n speler wat wil speel om sy salaris te verdien! Kyk hy het my kritiek oor hom stil gespeel, nou vra ek net kan hy so aanhou speel wedstryd na wedstryd want dan is dit onmoontlik vir my om hom as n kwota te sien..
Se my nou eerlikwaar sommer om vir jouself te lieg is Morne Steyn nie n beter opsie as Jantjies nie?
Jy is reg met Willie..Hy moet gaan, hy maak al lank genoeg droog! selfs nie eens n bal teen die kop sal hom wakker skrik nie die vaak vis gesig uitdrukking van hom na dese…
liewe hemel ou!

absoluut ·

Shame jasper, as jy nog nie getrek het nie moet jy vinnig ou maat

MakersMark ·

Geluk bokke! Wereld kampioene en nr 1 op IRB ranglys. En die B&IL afgeslag ! Groen en Goud maak ons trots.

Thom ·

Die All Blacks het gespeel , presies soos ‘n span wat reeds die toernooi gewen het . Bly die beste span in die wêreld .

piet ·

Hulle was gelukkig om die eerste toets te wen. Absoluut niks tussen hierdie 2 spanne op die oomblik nie. In albei toetse was die Bokke die beter span op die veld. Hierdie AB- span is nie naastenby so goed soos gedurende die McCaw era nie. Ek dink hulle gaan nog pakslae kry (waarskynlik weer teen Engeland ook).

Harley Davidson ·

All blacks het die kompetisie gewen die bokke is derde agter Australië.

piet ·

Thom, ek weet nie. Hulle het ook nie juis fantasties gespeel in die eerste wedstryd nie. In albei wedstryde was ons die beste span op die veld dink ek.

Kerneels ·

‘Beste span inni wereld’… maar 2de op ranglys… Mmmmm

Pieter ·

Kyk, dit was nie maklik vir hulle om teen 15 all blacks en ‘n skeidsregter te speel en dan nog te wen nie, en wens daar is ‘n paar klagtes teen beide die skeidsregter en ‘n paar spelers gelê. Ek soos baie ander ondersteuners is ek veral bly dat die bal nie so baie geskop was, soos in vorige wedstryde nie, en dat ons spelers vir ‘n slag kon voel hoe dit is om die bal vas te hou. Ek hoop net die Springbokke afrigters die wedstryd sal gebruik as ‘n basis en dat hulle elke speler tot sy potensiaal sal gebruik vir die toekoms.
Baie geluk aan die Springbokke en hulle afrigters dit was ‘n taak wel gedaan en nie die maklikste taak nie

JN ·

Om die All Blacks te wen wil gedoen word en om met een of twee punte teen hul te verloor soos die vorige wedstryd was ongelukkig.
Hoe verduidelik jy wen die Abs maar verloor teenoor die swakker Wallabies???
Die All blacks vermorsel spanne reg oor die wereld en min kan kers by hulle hou..
Jy meet jouself teenoor die Abs en was nog altyd so…
Die soort wedstryd plan was beter, meer aanvallende hardloop rugby en skoppe, slim afwisseling het die wedstryd in die bokke se guns geswaai met n bietjie geluk. Maar dit werk teen die Abs!
Kompetisie was great by afbreek punte en lynstane.
Kolisi ek moet erken ek is een van jou hewigste kritiek lerweraars maar as jy so speel speel jy my mond stil so wel gedaan.. Jy het my verbaas met die wedstryd..
Ek hoop van harte dit bly so sodat jy nie gebrandmerk word as n kwota nie maar sal maar sien die volgende wedstryd!
Steyn wow wat n verskil het jy nie gemaak nie…
Willie dit is tyd om te tjaila ou maat jammer…
Wel gedaan aan die Springbokke…

SjN ·

Moet asb nie Willie le Roux grappe aanstuur nie, hy vang dit nie!!!

Gerhard ·

Ja nee, dit is nou ons Bok span daai. Baie trots op hulle en as mens mooi terug gaan kyk, paar Bokke en AB’s wedstryde kyk en veral waar die Bokke gewen het, was dit met fisiese aanval rugby waar ons seevier. Met veral die AB’s moet mens hulle totaal en al fisies aanvat en ek weet, dit is baie maklik vir my om dit te se, ek sit 1000de km’s weg van daar in die oond waar alles gebeur, maar dit is trots Suid-Afrikaanse rugby daai en waar ons reeds die AB’s se Criptonite is, is dit die tipe spel, so af en toe, op die regte plek n skop of twee, dan sal ons die sterkste rugby moontheid in die wereld bly en kan ek nie sien dat daar n span is wat ons sal kan klop nie. Jammer vir Willie vir die foute wat gemaak is en Handre met paar mis skoppe, is ons steeds trots op julle. My bors is breed, my bloed is groen en kan nie wag dat ons Eddie se span weer troef nie. Bokke Bo!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.