Rugby: Dan, Rohan druk vir Sale Sharks

Argieffoto van Dan du Preez. (Foto: Sale Sharks/Facebook)

Die Suid-Afrikaners Dan du Preez en Rohan Janse van Rensburg het elkeen ʼn drie gaan druk en Faf de Klerk en Robert du Preez het elkeen ʼn drie verdoel om Sale Sharks se bas te red.

Die Suid-Afrikaners se span was 7 – 21 agter, maar het teruggeveg om 24 – 24 te eindig teen Bath in die Engelse Premierskap. Sale Sharks is vyfde op die punteleer.

Owen Farrell het 12 van Saracens se 27 punte aangeteken in ʼn naelskraap oorwinning van 27 – 23 teen die Bristol Bears. Saracens is tweede op die punteleer.

George McGuigan het drie drieë vir die Newcastle Falcons gedruk, maar dit was nie genoeg om Wasps te klop nie. Jimmy Gopperth het laat in die wedstryd ʼn strafskop oorgeskop om die tuisspan 27 – 24 te laat wen.

Vanmiddag om 16:00 Suid-Afrikaanse tyd speel die span wat eerste op die punteleer is, Leicester Tigers, teen die Exeter Chiefs, wat vierde is.

Die Suid-Afrikaners Hanro Liebenberg en Jasper Wiese is in die Tigers se beginspan en Jacques Vermeulen draf uit vir die Chiefs.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.