
Die Suid-Afrikaanse kragsenter André Esterhuizen het gister die wendrie vir Harlequins in die Engelse Premierskap gedruk (Foto: Twitter)
Die Suid-Afrikaanse kragsenter André Esterhuizen het gister die wendrie vir Harlequins in die Engelse Premierskap gedruk. Sy span het die voorloper in die kampioenskap, Leicester Tigers, 26 – 20 geklop. Harlequins is in die derde plek op die punteleer.
Die Suid-Afrikaners Hanro Liebenberg en Jasper Wiese het drieë vir Leicester gedruk. Liebenberg was ook die span se kaptein vir die dag.
In die ander wedstryde wat gister beslis is, het Northampton Saints vir Bath 36 – 31 geklop. Northampton is in die vierde plek op die punteleer.
Wasps was met 41 – 12 baas teen Worcester Warriors. London Irish het Vrydag ses drieë gedruk om Newcastle Falcons 42 – 14 af te ransel.
Die span in die tweede plek op die punteleer, Saracens, speel vanmiddag 16:00 teen Exeter Chiefs, wat in die vyfde plek is.