Rugby: Faf is terug met mening

Faf de Klerk in aksie (Foto: Premiership Rugby/Facebook)

Daar is goeie nuus vir die Springbokke. Skrumskakel Faf de Klerk is terug met mening nadat hy 30 minute vir sy span, die Sale Sharks, in die Engelse Premierskap gespeel het.

Hy was op die plaasvervangerbank na ʼn lang besering.

De Klerk en nege ander Suid-Afrikaners in die Sale Sharks se groep van 23 spelers het ʼn bonuspunt-oorwinning oor Harlequins behaal. Harlequins spog self met drie Suid-Afrikaners in sy wedstrydgroep.

De Klerk het onder meer ʼn skoppie uitgevoer in die kwartgebied van Harlequins wat gelei het tot Robert du Preez se tweede drie.

Agsteman Dan du Preez is boonop as speler van die wedstryd aangewys in Sale Sharks se oorwinning van 36 – 14.

In gister se ander Premierskap-wedstryde het die voorloper op die punteleer, die Leicester Tigers, 36 – 16 met die Worcester Warriors afgereken. Saracens, wat tweede op die punteleer is, het Bath 40 – 3 afgeransel.

Wasps het teruggeveg en net-net 27 – 26 teen Exeter Chiefs gewen. Die Chiefs het rustyd 21 – 8 voorgeloop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.