Rugby-grofgeskut brand los in Groenkloof

Die grofgeskut brand Saterdag in Groenkloof los wanneer twee van Gauteng se sterkste spanne mekaar op die Harlequinterrein in ʼn vriendskaplike wedstryd voor die bors vat.

Quins-Bobbies-rugby (QBR), die naaswenner in die Noorderbonde se afgelope Assupolreeks, en Brakpan, die Valkekampioen en ʼn semifinalis in verlede jaar se internasionale Goue Bekerreeks (GB), behoort vir ʼn goeie skouspel te sorg.

Pretoria Polisie, wat saam met Quins gesmelt het, om QBR te vorm, het in die GB-halfeindronde teen Valsbaai, die uiteindelike naaswenner verloor.

Die klubs se tweede en o.21-spanne meet eweneens kragte, en OBR o.20 speel teen die gerekende Johannesburgse rugbyakademie Eye of the Tiger.

QBR III en QBR Madalas speel onderskeidelik teen Baviaanspoort I en II.

Die program –

Onderste veld

12:00 QBR Groen o.20 teen Eye of the Tiger

13:15 QBR Groen o.21 teen Brakpan o.21

14:45 QBR Rooi teen Brakpan II

16:15 QBR Swart teen Brakpan I

Boonste veld

13:15 QBR Rooi III teen Baviaanspoort I

14:45 QBR Madalas teen Baviaanspoort II

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.