Rugby kan soms ʼn baie wrede spel wees

Rugby, soos ander sportsoorte ook maar, kan soms ʼn baie wrede spel wees.

Dit het die hartverskeurende ervaring van Honduras in die nuwe Sentraal-Amerikaanse Kampioenskap pas weer bewys.

Saterdag het El Salvador hom in ʼn rillerstryd naelskraap met 27-24 verslaan (rustyd 11-5). In die eerste wedstryd het Honduras rustyd met 20-12 teen Panama voorgeloop, net om op die ou end met 27-39 te verloor.

Twee keer het die span puik vertoon, twee keer was dit net-net nie goed genoeg nie, en sluit hy ondanks sy mededingende poging die reeks sonder ʼn sege af.

Aanstaande Saterdag se wedstryd tussen Panama en El Salvador sal die tuiste van die beker bepaal.

Die reeks vervang die vorige Suid-Amerikaanse C-kampioenskap.

♦ ʼn Uruguaanse Vyftiental moes Woensdag ook kwaai terugveg om die Argentynse provinsie Córdoba met 40-36 te troef.

Die Uruguane was op ‘n tydstip met 5-19 agter, maar het gaandeweg die oorhand gekry.

Hulle speel einde Augustus ook weg teen Brasilië.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Dina ·

Ek ken honderde mans wat se toekoms vernietig is deur rugbybeserings, en ons volk het ons land verkoop vir die spel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.