Rugby: Reinach is gereed om Faf te vervang

Cobus Reinach. (Kyodo News via AP)

Selfs Springbok-afrigter Jacques Nienaber sê Cobus Reinach was uitstekend in Montpellier se oorwinning oor Racing 92 in Frankryk die naweek. Met Faf de Klerk wat beseer is, het Nienaber ʼn keuse tussen Reinach en Herschel Jantjies om op 6 November teen Wallis te speel.

Nienaber het op ʼn mediakonferensie gesê hy het na die hoogtepunte van die wedstryd gekyk en hy reken Reinach was uitstekend. Die 31-jarige skrumskakel het twee drieë gedruk.

Nienaber en sy span was hierdie week in Frankryk sodat hulle die Britse kwarantyn kan vryspring.

Altesame 23 van die 32 spelers in Nienaber se groep is in Parys met die res wat eers vir hulle Europese spanne moes speel.

“Diegene wat die kans het om te speel vir hulle klubs, moet goed speel om in aanmerking te kom vir die span. Die spelers wat saam met ons in die groep is, moet ook goed oefen om in aanmerking te kom,” het Nienaber gesê.

Hy reken nie daar gaan verrassings in sy spankeuse wees nie.

Die bes betaalde rugbyspeler in die wêreld, Handré Pollard, het vir Montpellier op senter gespeel. Volgens Nienaber bly hy eerste keuse as losskakel. Hy was ook op senter laat in die oorwinning oor die All Blacks op 2 Oktober.

Tydens die toer van die Britse en Ierse Leeus in Suid-Afrika is die span toegelaat om drie waterdraers tydens die wedstryde te gebruik. Rassie Erasmus, direkteur van rugby by SA Rugby, is toe ingespan.

Volgens Nienaber is hulle nou weer terug by twee waterdraers, wat beteken daar is nie plek vir Rassie nie. Hy sal nou saam met Nienaber in die afrigterslosie wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Harley Davidson ·

Ek hoop die beste speler op meriete word gekies,en die kwota sisteem gebaseer op velkleur word nie toegepas nie.

Kirst ·

Ek het ‘n uitdaging vir jou; probeer een kommentaar op ‘n artikel oor sport lewer wat nie die woord kwota bevat nie.

Harley Davidson ·

Dit gaan moeilik wees met Suid Afrikaanse sport,miskien die sokkerspan wat nie onderhewig is aan rasse keuring nie.

Dirk Mostert ·

Faf moenie oorhaastig weer begin speel nie. Laat die besering eers goed herstel.

Anoniem ·

Ek lees nog nêrens op hierdie forum van wêreldrugby se erkenning dat hulle met Rassie saamstem op 23 van die 26 uitwysings van swak skeidsregter beslissings nie.

Anoniem ·

Die keuse is maklik. Nienaber verwys in ‘n berig na Reinach as “excellent” en na Jantjies as “pretty good”.

Tubac ·

Die omhelsing wat hy gekry na die wedstryd in Frankryk is darem te dik vir n daalder. Wonder of die mengsel sal verander.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.