Rugby sal nooit weer dieselfde wees nie

`n Bokfoto van 1965, toe dit nog vir seuns en versamelaars belangrik was

`n Bokfoto van 1965, toe dit nog vir seuns en versamelaars belangrik was

Ek was gaande toe ek die eerste keer grondbootjiebotter en stroop op my toebroodjies gekry het. Maar ná ʼn paar maande het dit afgesaag geraak, netsoos Marmite, toebroodjiesmeer en die vorige aand se groenboontjies.

Ek was ook baie in my skik toe ek  jare gelede ʼn foto van ʼn foto van ʼn Springbokspan op die middelblad van ʼn gesinstydskif  gekry het. Die latere foto’s is uitgehaal en bewaar, of dadelik op die kamermuur geplak.

Die tydskrif se sirkulasie het dié week die hoogte ingeskiet, want hoewel daar ʼn paar berigte oor Liz Taylor se sesde of sewende huwelik was, oor  ʼn sinkgat in Blyvooruitsicht, Glenda Kemp se luislang en Beau Brummel se kaal-kaskenades, het die Bokfoto die tydskrif se verkope die hoogte laat inskiet.

Hier kort voor Kersfees is ʼn plaat van Gerhard Viviers se kommentaar oor die een of ander toets vrygestel … dit was baie gewild en is oor elke Blaupunkt in die voorhuis laat blêr.  Ons het alles oor elke Bok geweet, ons het geweet wie Colin Meads was, Sid Going, JPR Williams en Gareth Edwards.

Maar dié jare is verby, want rugby, en sport in die algemeen, het afgesaag geraak, omdat dit in ooraanbod is.

Sal iemand oor ʼn paar jaar nog die Springbokspan kan opnoem wat teen Engeland gespeel het, en wat van die span wat teen Japan of Italië verloor het?

Sal iemand oor ʼn paar jaar nog daarin belangstel om een van Bryan Habana se vergulde skoene in ʼn museum te sien? Of om die bal wat Elton Jantjies deur die pale gejaag het, te bewaar? Sal iemand nog belangstel in die kouse wat Adriaan Strauss teen Italië gedra het?

Stel enige kind nog in die handtekeninge van sy helde belang? Maak ons nog toetsprogramme bymekaar? Sal iemand nog daarin belangstel om die dagboek wat een van die spelers of ʼn beampte op toer gehou het, op te slurp? Sal iemand nog in Craig Joubert se fluitjie wil hê wat hy in die Wêreldbekertoernooi gebruik het?

Nee, die doelpale het geskuif en kan nooit weer teruggeplaas word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Josua Keys ·

Dit is 100% die waarheid, ek sien dat hulle nou ‘n sport kanaal op DSTV het waar twee spanne rekenaar speletjies teen mekaar speel…….. wat ‘n Joke en die jongmense sien dit as sport, geen fisiese kontak, geen hardloop, geen gebruik van die liggaam behalwe om op te staan van die stoel af om toilet toe te loop DIT IS MOS NIE SPORT NIE MAN!!!! en as jy na vandag se sport kyk het die reels ook so verander veral in Rugby dat ons dit maar net sowel raak rugby kan noem.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.