Rugby sal nooit weer dieselfde wees

rugbybal2.jpg

Argieffoto.

Daar is sekere uitdrukkings in rugby wat gaandeweg besig is om uit te sterf.

Donkiejare gelede (dis nou lank, lank gelede) is daar altyd gesê “toe Paul Kruger nog vir Diggers rugby gespeel het”.

Wanneer ʼn speler die bal aangeslaan het, is daar langs die kantlyn geskree “bring vir hom ʼn mandjie” of “hy het pap in die hande” of “gee vir hom ʼn sirkustent”.

Wanneer iemand seergekry het, het die “pynpolisie”, oftewel die SA Noodhulpliga of as jy in ‘n Engelse dorp gespeel het, lede van die St. John’s-ambulansdiens jou ten hulp gesnel.

Jy kon jou wind uitgeval het, harsingskudding opgedoen het, jou skouer uit lit geruk het, jou hand, knie of voet beseer het, maar daar is altyd water oor jou kop gegooi met die vraag “Boet, is jy nou oukei?”

Wanneer hulle jou nie dadelik tot jou sinne kon bring nie, het ʼn slim Jan langs die kant geskree: “moenie dat hy ly nie, skiet hom,” en dan het almal uitgebars van die lag.

Wanneer ʼn speler of span iets bereik het, is daar gesê “hy het die doelpale verskuif”.

Hoe was dit moontlik, het ek altyd as kind gedink, totdat ek eendag op Loftus Versfeld was waar die rugbypale aan die begin van die krieketseisoen verwyder is.

Ook toe die Springbokke in 1981 op ʼn poloveld teen die Amerikaanse Eagles toetsrugby gespeel het en Thys Burger onder meer moes help om rugbypale in te plant.

Wanneer jy iemand te pletter geloop het, is gesê “jy het hom gras laat vreet” of “jy duik sy nerwe af”.

Soms wreed en emosieloos, maar in sorgvrye dae sonder die kommer van ʼn Covid-19-pandemie, ensovoorts.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

lollapot ·

Pragtige skrywe Pieter Kruger! Jy neem my terug na die 70’s op Loftus, my Polisie pelle en ‘n sak lemoene! Dik gespuit met Vodka . . .

Piet ·

Die rede hoekom jy net water oor spelers kon gooi wat beseer was is omdat hulle daai tyd 20Kg ligter en heelwat stadiger was as vandag se spelers. Hulle tref mekaar heelwat harder as in daai tyd

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.