Rugby se reëls knou die spel

FLUITJIERugby het net 22 algemene reëls, maar die turksvy is die 629 subklousules wat die spel se gewildheid kortwiek.

“Steve Hansen en André Watson het dit al gesê en my Kanadese vrou stem saam: Rugby se reëls is verwarrend en moet vereenvoudig word,” skryf Edward Pye van Australië. En hy hap nie sommer net in die lug nie: Hy het sy akkreditasie as skeidsregter geslaag.

En voor hy by die sakedeel van sy artikel kom, kry hy ‘n lekker klap in: “Die redes hoekom die All Blacks die spel so lank al oorheers, is omdat hulle verskeie soorte taktiek het vir die beheer van afbreekpunte. Die meeste van hulle is op die grens van onwettig en McCaw is waarskynlik die suksesvolste speler in die geskiedenis as dit kom by die manipulering van die reëls.”

Rugby raak al gewilder in Noord-Amerika, waar dit die snelgroeiendste sport is en ook begin om borge op kollege- en klubvlak te kry.

“Amerikaners hou van rugby omdat dit goedkoper is om te speel as Amerikaanse voetbal en yshokkie. Die spel het ook ‘n etos van sportmanskap en kameraderie, wat in die meer gekommersialiseerde sportsoorte ontbreek.”

Die spel se groei kan egter gekortwiek word as die toeskouers weens verwarrende reëls van wedstryde wegbly.

Hy skryf 629 reëls is heeltemal te kom pleks wanneer:

  1. Die reël ‘n verduidelikende diagram nodig het;
  2. Dit buitensporige omstandigheidsituasies skep;
  3. Dit die ontleding van iemand se voorneme verg;
  4. Kenners sukkel om dit te verstaan;
  5. Dit inkonsekwent met reëls in soortgelyke gevalle is;
  6. Iemand nie maklik by die reël kan hou nie;
  7. Dit nie die verloop van die spel beïnvloed nie en
  8. Die opsie vir die blaser nooit toegepas word nie.

Rye gee dan ‘n voorbeeld van (1): Vir ‘n laatvat op ‘n skopper kan die span ‘n strafskop kies waar die bal geland het of waar die laatvat uitgevoer is. Wie sal nie die eerste opsie kies nie?  (Miskien kyk hy hier die moontlikheid van `n verder strafskop, maar in  die middel van die veld en naby genoeg vir `n strafdoel, mis)

‘n Voorbeeld van (2) is Reël 3.5 en sy 20 subklousules: Vervanging in die voorry. Is dit ‘n besering, was die speler vroeër gegeelkaart, of onthou hy skielik om sy ma te bel? Met die vervangings rondom 60 minute kan jy die helfte van jou span vervang.

Die vervangings mors tyd en die nuwe vars spelers skep groter druk op die verdediging en maak meer foute omdat hulle nie opgewarm is nie.

Die oplossing is om tot tien spelers op die bank te hê, maar jy mag net vyf of minder gebruik en ook net in die geval van beserings. Dit sal ook fikser spelers kweek.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.