
Malcolm Marx met 2018 se SA Rugby Annual. (Foto: Gallo Images/Saru)
Die 47ste uitgawe (2018) van die SA Rugby Annual, met die rugbyspeler van die jaar, Malcolm Marx, op die voorblad, is van Woensdag af aanlyn en in toonaangewende boekwinkels landwyd te koop.
Die gesaghebbende publikasie staan onder die redaksie van Duane Heath en Eddie Grieb, en word deur die SA Rugbyunie (Saru) uitgegee.
Luidens ʼn verklaring deur Saru boekstaaf dit die geskiedenis van SA rugby namate dit ontvou; en vanjaar se uitgawe bevat meer rekords, verbasende feite, bakens en onvergeetlike oomblikke as enige vorige uitgawe.
Dit dek alle Suid-Afrikaanse rugby van skoolvlak tot by die Springbokspan.
Die jaarboek beslaan 576 bladsye en die aanbevole kleinhandelprys is R205.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
1 Kommentaar
Regtig?