Rugbykampioenskap: dis om van te huil

Dane Coles met sy haker-teenstander Malcom Marx en Ruan Dreyer wat moet walgooi. (Foto: Facebook All Blacks)

Waarheen nou?

Wat kan ʼn mens sê wanneer jy die dag met 57-0 verneder word soos die All Blacks in Saterdag se Rugbykampioenskap-toets in Albany aan die Bokke gedoen het?

Wat kan jy sê as jy met ʼn rekordtelling vermorsel word? As jy geen punte kan aanteken nie, agt drieë afstaan, net drie lynstane wen en vyf verloor; en ook drie skrums verloor en ʼn hele paar keer gestraf word as jou vaskopstutte grond toe gaan? En jy 33 duikslae mis en jou bank byna geen impak kan maak nie?

Wat sê jy as jou kaptein nie van voor af lei nie? As jy ʼn strafskop kry, maar ʼn skrum op die halflyn verkies en dan verbrou?  En so aan, en so aan, soos ʼn langspeelplaat wat bly vashaak!

Nou weet ons dat die drie oorwinnings oor Frankryk en twee oor die Argentynse Poemas ons valse hoop gegee het, want die All Blacks het die kloof tussen hulle en die Bokke veel wyer gemaak.

Dis nou nie meer die fisieke letsels nie, maar ook die sielkundige bagasie waarmee ons sal moet saamleef.

Vergeet van die vooraf heuning wat die All Blacks om ons monde smeer. Hulle smokkel met ons koppe. Hulle ‘het ons nommer’, soos die Engelse sou sê, want die oorwinnings oor die Bokke raak al hoe makliker.

Hoe gaan ons van Saterdag se nederlaag kan vergeet, en van verlede jaar se drag slae van 57-15?

Hoe het die Wallabies dit amper reggekry om ʼn paar weke gelede byna die All Blacks in Dunedin te troef? Hoe het die Britse en Ierse Leeus die reeks teen die All Blacks met een-elk gedeel, maar die Bokke raak die kluts heeltemal kwyt wanneer hulle teen die All Blacks speel?

Iewers is ʼn groot skroef los en dalk moet ons daarvan vergeet om te veel klem op die All Blacks te lê.

Daar is geen kitsoplossing nie. Ons spelers se vaardighede steek nog te veel af, ons het nie genoeg diepte om die All Blacks te troef nie. Ons kort spelers met die X-faktor.

Ja, ons kan ons man teen die Franse en Poemas staan; en ja, ons kan die Wallabies dalk verras. Maar die All Blacks, en selfs Engeland?

Aikôna.

Wie het sy man gestaan? Gaan kyk maar weer na die video, ek kan nie nou aan een Springbok dink nie.

En aan die All Blacks se kant het die Bokke vir Damian McKenzie, Rieko Ioane, Aaron Smith, Brodie Retallick en Kieran Read, noem hulle maar op, weer na wêreldsterre laat lyk … wat hulle wel is.

Puntemakers –

Nieu-Seeland (31) 57: Driee”:  Rieko Ioane, Nehe Milner-Skudder (2), Scott Barrett, Brodie Retallick, Tu Tu’Ungafasi, Lima Sopoaga, Codie Taylor. Doelskoppe: Beaduen Barret t (6). Strafdoel: Barrett.
Suid-Afrika 0

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

71 Kommentare

Marisa ·

Ons ouer garde hunker na name soos Frik du Preez, Jannie Engelbrecht, Mannetjies Roux ……

Sjo! ·

Ek stem met wat Jy se maar waar kry in die nuwe bedeling?
Plus Jy kan 3 top gehalte spelers daar he maar die res klub gehalte in dieselfde span stoot Jy n kruiwa opdraande…sorry…

Frans C ·

Die All Blacks het die Bokke se swakhede wreed bloot gelê en wys dat veel meer as net ‘n
wedstrydplan nodig is.
Wie ook al die opdrag gegee het dat by die lynstane van ‘n diep ingooi gebruik gemaak moet word ,moe onmiddellik laat weet het dat daarvan afgesien moet word.
Die verskil in afrigting en vaardigheidsvlakke was duidelik vir almal.Dit het die All Blacks nie lank geneem om die Bokke se wedstrydplan te ontrafel nie en het by tye kat en muis
met die Bokke gespeel.

Die groot probleem in moderne rugby is dat hopeloos te min spelers is wat weet hoe om te keer dat jou onmiddellike teenstander amok op die veld maak.In 1970 was ‘n enkel plettervat van Joggie Jansen op Cotrell genoeg om die hele wedstryd se momentum te verander.

Ek is redelik oortuig daarvan dat as Barrett net eenkeer behoorlik laaggevat word hy minder gretig sal wees op die aanval.Die Bokke kan eenvoudig nie toelaat dat die All Blacks in Kaapstad weer gekke van die Bokke maak nie.

Schan Bezuidenhout ·

Moenie hoop plaad op ‘n verbetering in Kaapstad nie. Kaapstad is so goed soos ‘n tuistoets vir alle Nieu Seelandse spanne. Kyk maar hoe die paviljoen soos ‘n swart see gaan lyk. Die Keipies is mos oorheersend AB ondersteuners.

Onafdwendbaar! ·

Sorry maar Jy is in vir nog n helse teleurstelling in Kaapstad ,gaan Kaap wees van geen hoop na die All blacks daar deur is! Daars nie genoeg vaardighedes of breinkrag in die amokrokko bokko span nie! Teen hul die All blacks moet jy fisies wees,veral op hul skrumskakel en loskakel area moet Jy hul intimideer en op die agter voet sit, maar ook heel belangrik slim speel en slim spelers is daar nie genoeg van in die ammokrokko span of afrigters nie…kan nie sien hoe die amokrokkos in kaapatad sal wen nie sorry.

Ferreira ·

NZ is ‘n Klein land wat ver oor sy gewig deel neem aan sport. Wat hulle doen, doen hulle 100% Gaan kyk na die laaste olipiesse spele enhoeveel goud het hulle hewn per bevolking. NZ en sy mense wil wen Gaan kyk na hulle ekonomie. Wat wil ons mense doen ?

Dries ·

Ek verskil net met een ding: die opskrif.
Verlede jaar was “om van te huil”.
Hierdie is om van naar te word.

Johan ·

Dis wat jy kry as jy ‘n derderangse afrigter vir ‘n nasionale span kies. Teen die Franse het die bokke op die kruin van Johan Ackerman se afriting- en speelstyl gery en niemand het van die springbok afrigter se rol gepraat nie maar van die impak van die hulpafrigters
Dit het die springbok afrigter net die volgende paar wedstrydengevat om sy stempel af te druk en sy eie spankeuse in te bring – en siedaar 57-0 is die resultaat! !

rollie ·

Ek dog Brendan Venter en Franco Smith is daar om sake reg te ruk?

Boerseun ·

Kan nie klas coach nie. Op die ou end is dit maar jare se veswakking van die grondvlak spel in SA . Alhoewel daar dalk een of twee spelers is wat in top 5 nasies plek sal kry lyk die res maar gemiddeld. Ouens soos skosan, cassiem, kolosi , jantjies, rhule sal nie een in top 5nasies span kry nie.

rollie ·

Ja Boerseun, weer net die swart spelers se skuld ne? Kolisi was een van die beste spelers vir die Bokke sover vanjaar. Hougaard, Kriel en Coetzee sal ook nie enige ander internasionale span haal nie en ook nie Dreyer nie. Pateties.

rollie ·

Jy kan dieselfde van die helfte van die wit spelers sê. Ek dink jy slaan die bal mis wat Kolisi aanbetref

Schan Bezuidenhout ·

Korrek. Wiskundig het nul ‘n waarde. Ek sou hulle niks gegee het.

PieterF ·

Die Bokke se bestuurspan het hopelik nou besef dat die huidige span nooit die werklike sterk spanne sal kan klop nie. Uitstekende provinsiale spelers is nie noodwendig goed genoeg om op toetsvlak mee te ding nie. Deur beter spankeuses behoort die Bokke meer mededingend en minder verdwaas op die veld te wees. Springbokrugby is ‘n verleentheid en dit is nou tyd om ons geliefde Springbok-embleem in die verlede te laat terwyl daar daar nog enkele goeie herinneringe is; die Protea moet gebruik word vir deelname, soos Bafana, sonder enige verwagting (lees: moontlikheid) dat wedstryde gewen kan word.

Peet ·

Dis hoe dit lyk as God jou afgod vernietig. SA se afgod rugby

Wessie ·

Dan is God seker nog op pad NZ toe, want hulle verafgod rugby selfs meer as ons!

Andre ·

En hoeveel was die boerbokke betaal om hulle naam net n plank te slaan,ek dink daar moet mense random gekies word om n wedstryd vir die boerbokke te speel teen dieselfde vergoeding dit behoord die armmoede n bietjie hok te slaan in ons ou land

Lcom ·

Los Combrinck, Faf ,Bosh,Van Rensburg ,Kwaga en nog n handvol talentvolle speelers by die huis in ruil vir tjommies in jou span, en die bokkies kan netsowel braai terwyl die game aan die gang is. J Y KAN TOG NIE slegter as 0 doen nie.
.

Kobus ·

Hulle het so sleg gespeel dat hierdie onder die wet ingeskryf moet word as hoogverraad !

Divi ·

Ons beste spelers is oorsee, ons beste afrigters is oorsee, hierdie was ons C span, ons kan nie verwag hulle moet wen teen die beste span in die wereld nie, haal die springbok van die trui af, bere hom in n glas kas en dan onthou ons hom net vir die goeie tye toe SA rugby nog springbok rugby was

Rupert Ashford ·

Dit kry jy van sosiale ingeneurswese. Amper 30 jaar … dit sal net erger raak.

Johan ·

Allister Coetzee is tans by verreweg die Bokke se beste “impakspeler”-hy moet baie vinnig sy goed inpak en waai

Robert ·

So leeg soos Nelson Mandela staduim nou is, so leeg is my hart vir Suid Afrikaanse rugby.
Redes daarvoor is almal genoem hierbo maar transformasie en politiek is die sondaar.
Dit is nie van om te huil nie , maar om van naar te word.

Toppie ·

Grap is dat ons elke maand ten duurste DSTV moet betaal vir sulke swak rugby en ander sport as gevolg van kwotas, dink ek het my kwota van Supersport gehad.

lionel ·

Ek gaan my dstv cancel ek gaan seisoen kaartjies weg gooi sal dit nie vekoop nie want sal nie n ander mens so aanreg aandoen om na n klomp amateurs op n veld te gaan kyk nie. N wen in die kaap gaan NIE die gemors reg maak nie. Eers japan toe italia nou n record pakslae in NZ. Springbok rugby is dood daar is niks in die land wat reg is nie al wat ons het is ons rugby nou is ons van dit ook gerob. Ek sal eeder skole rugby gaan kyk daar is nie groot sponsers of tv kanale wat jou n plaas se geld vra vir n klomp nonsens nie. Saru kan maar gaan vlieg en MTN julle het nou julle bed gemaak slaap in hom want daai trui is niks werd nie en ook nie daai speelers wat met julle naam rond loop nie nou weet julle hoe voel daai springbok embleem. Lekker

Wollie ·

Wat ‘n klomp clowns. SA sal nooit weer die hoogte sport in die internationale arena bereik nie. Daar ios bloot net te veel politieke inmenging. Allister Coetzee mag dalk nog goed genoeg wees om ‘n provinsiale span af te rig, maar om die nationale span af t rig skiet hy ver te kort. Die ou het geen plan nie en ook nie ‘n plan B op die veld nie. Doellose skoppe kos ons. Jy kan net veld wen en drieë druk met die bal in jou besit. Daardie konsep kon ons span nog nooit verstaan nie. Doen so voort chokers.

Veritas ·

Daar is absoluut geen verskoning vir die gemors waarna ons vandag moes kyk nie. Die huidige springbokspan hoort nie op dieselfde veld as die All Blacks nie. Nie eers om teen te oefen nie. Ons kan seker darem nie verwag dat die Bokspan áltyd moet wen nie maar vandag se vernedering bewys net dat ons nie in die hoër liga hoort nie. Wanneer laas kon ‘n Springbokspan nie eers een punt aanteken nie? As ek Brendon Venter was, het ek my bedanking sommer vandag ingedien. Geen gewese Springbok sal met hierdie span vereenselwig wil word nie. Pateties is nie die regte woord nie. Ons was vandag sowat drie vlakke laer as dit.

ChristoB ·

Hê Hê! Dis hoekom ouens soos ek eerder Saterdae gaan vlieg. Baie lekkerder baie rustiger en zero stress! Al 5 jaar lank. The Right Stuff!! Rugby..wats dit??

Bok ·

Ai ai ai. Kan nie glo mense koop n kaartjie om na so n sukkelende bok span te kyk nie. Kon nie eers 3 punte( 1,2,3) op die bord kry nie. AC, doen die regte ding, wees trots en le die tuig neer. Asb doen dit vir SA rugby.

Lukie Carelsen ·

16 Septemer 2017 sal bekend staan as “DIE SWART SATERDAG VAN SPRINGBOKRUGBY”. SARU moet asb. die Springbok embleem en die groen en goud trui verwyder want vandat die rugby deur die rasbehepte ANC beheer word is dit nie meer ‘n Springbok span nie!

Gerbrandt ·

Onnosel om nog te wonder waar die probleem le.Allister het laasjaar al bewys hy hoort nie daar nie.sterkte as julle dink hy gaan iewers kom met die bokke.hartseer om na bokke te kyk.sterkte vir die hulpafrigters

Piet ·

Ek het vandag sweet besef die Ja stemmers gaan nog die hardste huil.
Huil boetas huil. Julle wou mos mag deel. Deel die pyn ook nou. Myne is nou net ń laggie vir julle. Die bok
moet bly om julle nog verder te trap. Geniet dit omdat julle aan julle afgod bly vasklou het

Eens ywerige Springbok ondersteuner ·

Whahahaha! Ai. Askies! Mensekinners… Wat in hierdie pragtige land van ons het tog verbeter die afgelope klompie jare. Geen steen is onaangeroer gelaat om die hart van ons ou volkie uitmekaar te ruk nie. Ook maar goed. In die verlede sou hierdie telling my nogal ontstel het, want daar was trots in ons eertydse springbok trui. Ons appelkar word darem nou al geruime tyd al taamlik geskud. Laat mens weer wonder waaroor die lewe regtig gaan. Al onse ou afgodjies… Ek het net ‘n ernstige pleidooi… aan SARU… asseblief… haal tog uit respek vir ons ryke en trotse Springbok erfenis tog net die Springbok van daai trui af. Julle is dan verder welkom om jul transformasie agenda met die grootste plesier te dryf en die stadions leeg te speel.

John ·

Die wereld het hard gewerk om die Springbokke daar te kry… En nou is ons daar. Ons hoop hulle is nou tevrede met hul prestasie. Wat kan ons nog vir hulle gee? 100-0? Verander sommer ook gou hul naam na iets Engels soos die Kakiebokke en doen so met die truie ; galgeel om ons gevoel uit te druk na’ elke wedstryd.

lionel ·

Ons moet die velde sluit hier en geen rugby toelaat tot gespeel kan word nie. My pa het my kar se sleutels weg gevat as ek nie my na my kar kyk nie.

Eens ywerige Springbok ondersteuner ·

Skitterend Lionel! Ek hou van jou humor. Lekker gelag nou!!

Johanna Botha ·

Ek stel voor ons verander die naam van die springbok na iets anders asb want die Sprinkbok wat ons altyd ondersteun het was nie heeltyd SO pateties nie !

Toppie ·

Johanna wat daarvan as ons die Springbok verander na die Sprinkaan span. Die beste spelers het ongelukkig by die huis gebly weens die kwota vereistes. Leeus en Blou Bul wedstryd was tops en ‘n plesier om te kyk

Dries ·

Skolerugby is ook stadig besig om te sterwe. Die makro-skole koop en werf al die talent wat hulle kan kry. Hulle hoef dan nie intense vaardigheidsontwikeling te doen nie. Jy koop maar wat jy op die oog af dink die beste is. Die kwaliteit van die rugby by die oorblywende skole daal by die dag omdat seuns belangstelling verloor as hulle slae kry teen die koop-skole. Elke enkele skool onder die top 30 skole in die land werf kinders met beurse en aantreklike aanbiedinge. Die rede? Om sover moontlik met die liga te kom of om te wen! Dit gaan dus maar oor die ego’s van skoolhoofde onder die dekmantel van rugby-ontwikkeling en natuurlik ouers met diep sakke wat dit verwag. Ons vaardighede is nou baie ver benede die peil van NZ en Engeland en dit begin reeds op skolevlak. Daar is nou ongeveer 30% minder seuns wat rugby speel as 15 jaar gelede. Die sport in sy geheel in SA is aan die sterf. Skole bied ook nou soveel wyd uiteenlopende geleenthede en rugby is nie meer al opsie nie.

Pierre ·

Dankie Dries jy is doodreg, skole rugby is teen ‘n spoed besig om dieselfde pad te loop as ons provinsiale en internasionale rugby, kleinboet leer mooi by ouboet. Het presies dieselfde patroon hierdie jaar gesien by menige skole wedstryde waar dit nie gaan oor die beste speler in posisie nie. Daar is egter ‘n ander waarneming by klub rugby in die onder ouderdom groepe. Hier speel baie skoolseuns hulle rugby en moet ek se dat van hulle briljant is maar nie eers sy skool se 1ste of 2de span haal nie.

Rianto ·

Bring die twee Ruan’s (J v Rensburg en Combrink) terug.. hou op om die swakste speler in super rugby (Rule) te kies…..

Arie ·

Vandat politiek ons rugby oorgeneem het, het ons rugby begin verswak – op alle vlakke!! En dit sal nooit weer dieselfde wees nie, plaas hulle maar die Springbokke die kwaggas gemaak het, nie dat ek iets teen ‘n kwagga het nie maar ek het nou ‘n helse probleem met die bokke – van parlement vlak af dwarsdeur!!!!

Chris Ws ·

Weer is die Springbok trui en naam met ‘n ma se plank geslaan.Waarom het hulle nie in rooi klere gespeel nie?Die Springbok embleem MOET vervang word.Dankie tog ek maak dstv nie soos baie mense ryk met ‘n premium paket nie – en dit net om na ‘n gekkespul te kyk!Koebai SA rugby.

Toppie ·

Al wat DSTV se premium pakket sorgvuldig op al sy sport kanale kan dek is sokker Ek glo een of selfs twee kanale vir sokker is genoeg, daar is soveel ander sport wat ook van belang is en waarin gereelde kykers belangstel maar net sokker sokker en nogmaal sokker nie. In sokker is daar nie eers ‘n kwota stelsel nie – wit is totaal afwesig in die kwota samestelling –

Proefvlug ·

Hoe maak n speler met die swakste verdediging dit tot op die hoogste vlak. Alistair bring die twee Ruans (Combrink en JvR) terug. Ironies dat ons spelers van kleur kies sodat die ondersteunersbasis in die land kan vergroot. Maar dit het die teenoorgestelde effek.. verstaan my reg asb? Ek se nie alles is spelers van kleur se skuld nie… maar dit is duidelik dat SARFU van bo tot onder moet besin oor bestuur afrigters en spankeuses… my ondersteuning aan so span vir eers opgeskort … nie my geld en my tyd werd nie..

rollie ·

Stem saam maar terselfdertyd raak ons ontslae van die ander Leeu-spelers soos Dreyer, Jantjies, Skosan en Coetzee wat useless is.

Egbert ·

Dis Apartheid se skuld!
Daar is steeds te veel wit Afrikaanssprekendes in die span

Waghond ·

Daar is ‘n paar punte waaraan ons dal moet werk, maar toe het ons geen punte!?

Willie Daffue ·

Die nare waarheid is dat die All Blacks ‘n derde span kan kies wat die Springbokke nog steeds ‘n loesing sal gee.

Sjo! ·

Wats die seerste? Die babbalas oor oormatigge gesuipery oor die amokrokko krokko bokko se patetiese spel en rekord na wereld rekord se verloor of die hartseer om agter te kom dit wat eens was is nie meer…,Ai die nostalgie..
Ek stem saam laat die springbok nou aftree met al die politieke gemors wat nie net die rugby maar ok die land opgedons het,maar helaas die Springbok embleem sal bly,die politieke afrika kanker sal bly!
Gemeet aan die wereld se beste het die amokkroko bokko gelyk soos een van die wereld se slegstes..hehe..Dit was n helse vernederende pakslae en dit is snaaks hoe vinnig maroela die rugby nuus na die agterste blaaie geskuif het..Ag lag sommer lekker soos ek hier sit…
Ek moet dankie se aan almal wat bygedra het om my van my verslawing genaamd Springbok rugby te bevry,nou gaan ek meer geld he aangesien ek my lus verloor het vir Springbok rugby,ok meer tyd vir my familie,vriende,gesels en braai en minder maagsere en swooibrand…Eerstens groot Dankie All blacks vir die harde skop onder die …
Dankie ammokrokko vir die gemors wat jul so vrylik opdis en om te glo ek het ten duurste betaal om na jul getjommel te kyk ,Dankie AC,Dankie Saru,dankie Suid Afrika politieke inmenging,dankie aan almal wat bygedra het…sterkte aan almal voorentoe wat nog vasklou aan strooihalms….eks klaar…

gneis ·

Laat wei n klompie boerbokke op die rugbyvelde. Dan kan die toeskouers Saterdae na hulle kom sit en kyk. Meer opwindend as springbokrugby.

Therese van Schalkwyk ·

As Suid-Afrikaners, en veral Springbok-ondersteuners, enige trots en ruggraat gehad het, het hulle lánkal hul stemme dik gemaak teen die tragedie wat in die nuwe SA op sportgebied, asook vele ander terreine, afspeel.

Die boikot van wedstryde, en nie kla en kerm op webblaaie nie, sou die boodskap sommer vroeg-vroeg, hard en duidelik by die ‘verantwoordelikes’ tuisgebring het.
Dis ietwat laat om nou so ontnugter en verontwaardig te voel.

NS.
Hoeveel Afrikaner Springbokke het bv. al hul stem laat hoor teen die moord en doodslag in SA, en hulle speel breëbors met Nelson Mandela se tronknommer op die mou?
Eie-belang voer die bo-toon en de duiwel met die res …

Henry ·

En daar slaan ‘n dame toe die spyker bo-op sy kop!
Die ewige ge-temery is soooo vervelig en uiteindelik van geen nut of waarde vir mens of dier nie.

Hou dit eenvoudig…hou op om kwotarugby by te woon; of op DSTV te koekeloer; of om die SARU sirkus op enige wyse met jou deelname en nikswerd Rande te ondersteun; moedig jou bloedjie(s) aan om skolerugby met gholf, tennis en ander sporte te vervang, wat nie deur die politiek korrektes gekaap kan word nie, ens ens ens.
Daar is inderdaad lewe anderkant die vrot rugby wat deur die SANZAR sirkus se politiekgedrewenes bedryf word.

jano ·

Voorspeler stormlope werk nie meer nie
Spoed,spoed en hardlooptegnieke is al wat punte verkaf
Kry die vinnigste 8 rugbyspelers in die land en.maak hulle almal bokke in die agterlyn
7 rugby bewys dit

Lhs ·

De Klerk, Jantjies, van Rensburg, Vorster, Combrinck, Skosan, Coetsee. Twee nuwe stutte, een flank, agtsteman. Moontlik bulle se heelagter op vleuel in Skosan se plek. Lionel Cronje moontlik losskakel.

Frans C ·

Vandat die Curriebeker nir meer die kompetisie is wat dit eens was,sukkel Suid Afrikaanse spanne., op alle vlakke.Ons sit met patroonafrigters tot in die Soapies,rafel die patroon soos ‘n los draad van ‘n trui uit,is die Bokke soos ‘n klomp berdwaalde skapies,want niks wat ingedril en geoefen is,werk uit nie.
NZ het ook ‘n patroon en dit is speel dit wat op die veld gebeur met flinke voete en basiese vaardighede en jy kry ‘n rekord oorwinning.Niemand onder die Bokke beraam ‘n alyernatiewe plan as dinge skeefloopwat hul is soos robotte afgerig wat ‘n kortsluiting ondervind.

Johannes van Rooyen ·

ANC se politiekery is die heel grootste probleem
Daar speel +- 400 spelers oorsee
SA het die spelers maar mag nie gekies word nie
SA sal nooit weer regkom nie nie voor meriete 100% die maatstaf word nie

Faan ·

Ons het laas in ’95 Wereldbeker (moontlik) vir die laaste keer met n “beste beskikbare” span gespeel. Elke toets daaran en toenemend met tyd was die coach se een hand agter sy rug gebind. Daar was nog NOOIT weer n meriete Bok span op n veld nie. Was dit nie vir n paar puik coaches soos Mallet en White nie, sou die verval baie vinnig gewees het. Spare a thought vir die coaching spanne wat sederdien wereldbeker en toernooi op toernooi heimlik weet hulle MAG nie die beste van die beste kies nie, en altyd opkom teen elke ander toetsunie wat dit wel mag Doen. My hart is seer vir al die ouens wat wel daardie challenge opneem en hulle gatte af probeer om die Bok naam hoog te hou te midde hulle beperkings. Die politiek in ins sport is nie iets nuut nie, so waarom die verbasing, dis soos om n padda te kook, sit hom in n pot koue water op die stoof en verhit stadig. Ons is almal al van die begin af in daardie pot water wat stadig warm word. Dis n stadige proses van de- sensitizing met die doel om oor te neem. Kyk na die Bok embleem, twee keer verander, bors verander, minder prominent. Dis net n kwessie van tyd dan is hy weg. Selfde met die trui, is dit toeval dat ons paar weke gelede in rooi gespeel het, i think not. Ons is besig om tou op te gooi, met rede.

Lcom ·

DIE SPRINGBOK MOET VIRWYDER WORD. EN GLO MY ONS MAAK DIE MENSE OOSEE DUERMEKAAR, HULLE KEN NIE HIERDIE SPRINGBOK RUGBY NIE. EN ASB VAT DIE HANDVOL STER SPELLERS UIT DIE SPAN HULLE NAME WORD IN DIE MODDER GETREK DEUR DIE NON PREFORMERS.

Callie ·

Hartseer. Die trots van rugby op dieselfde vlak as ons sokker. Ondenkbaar, tog waar. Kan n afrigter na wat gebeur het praat van al die positiewe wat hy daaruit kan kry. Dink hy is verward. Net een ding goed gewees, bokke het reg opgedraf, ongelukkig eintlik n fout gewees. Hulle moes game gegooi het. Nie eers opgedraf het nie

Rianto ·

Hoe kan AC wat soveel jare in die rugby wereld is dit nog nie snap dat jy man but man die beste speler moet kies…. ai tog AC word tog walker!!

adam smith ·

Straf die sg. Springbokrugby by die stadions. BLY WEG!!

Carel Wilken ·

Therese, hoe boikot ‘n mens wedstryde waar daar in alle geval niemand op die paviljoen is nie?

Boetman ·

NZ se swakste superspan sal bokke klop. Met al die jare se stampkar rugby het ons verleer om op die veld te dink en visie te hè

Pierre ·

Ek wil my verstout om te se dat Saterdag niks met politiek of kwotas te doen gehad het nie, daar was nie een enkele Springbok op die veld wat sy man gestaan het nie. So kom ons kyk vir ‘n slag na die volle prentjie en hou op om in hierdie geval kwotas te wil blameer. As daar net die talent was sou ek die hele span net so die trekpas gegee het. Ons soek nou iemand met vuur wat eerstens as Kaptein kan optree, tweedens moet ons ophou met Laerskool truuks in die lynstane want dit maak ons meer deurmekaar as die opponente. Wat is die antwoord, ek weet self nie maar ten minste kon ek die swembad mooi skoonmaak en my so weerhou van ‘n hartaanval. Die bure se gevloek en geskree het my op hoogte gehou van die game.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.