Rugbykampioenskap: knoop dit tog net in die sakkie toe

springbok-rugby-logoDis ʼn toets wat jou ʼn beklemming gee, een wat vooraf al die verwagtinge skep maar waarin dinge verkeerd kan loop.

Dis soos daai pad in die wildtuin waarmee jy ry en ry, maar net rooibokke sien.

Wanneer jy na die kamp terugkeer, word jy begroet met: “Het julle daai groot trop leeus net hier buite die hek gesien? En wat van daai luiperd op die S100?”

Nee, nee, nee!

Die verwagting is ook dat die Bokke Saterdag in Perth die toets in die Rugbykampioenskap teen die Wallabies sal wen. Hoe dan anders? Die Bokke is dan onoorwonne in vyf opeenvolgende toetse en rugby in Australië is in ʼn moeras, een wat jare kan neem voordat die Australiese Rugbyunie (ARU) hom daaruit gaan loswikkel.

Ons hoor net goeie dinge vanuit die Bok-kamp – hoe goed die spangees is, hoe die spelers vir mekaar omgee en speel, hoe goed die senters is, die slotte, hoe stewig die stutte skrum, hoe doeltreffend die bank is.

Ja, dit wys jou net wat vyf seges kan doen. Die Bokafrigter, Allister Coetzee, kry weekliks ʼn klop op die skouer; daar is reeds daarvan vergeet hoe hy verlede seisoen byna die trekpas gekry het.

Die Bokke het skaflik begin in die eerste toets teen die Franse in Junie en gaandeweg na ʼn hoër rat oorgeskakel teen die Argentynse Pumas.

Hulle druk weer drieë, hulle skrum, dryf en spring goed en wanneer laas was die Bokke voor op die Rugbykampioenskap se puntelys?

Ons is verheug oor die vernuwing en optimisme wat heers, maar moet nooit verby die slaggate kyk nie.

Die Bokke het laas in 2013 ʼn toets in die Rugbykampioenskap (of die Drienasies) in Australië gewen. Die Wallabies het in 2014 met 24-23 gewen, in 2015 met 24-20 en verlede jaar met 23-17 … en dit was soms swakker Australiese spanne as hierdie een.

Die Wallabies het die hef in die hand in Australië. Hulle het 24 van die 37 toetse daar gewen, het 700 punte opgestapel en 601 afgestaan.

In Israel Folau en Kurtley Beale het hulle wêreldbrekers wat in die twee toetse teen die All Blacks die verdediging oopgeruk het.

Dis juis sulke dinge wat ʼn sege só soet sal maak, om tong uit te steek sonder om arrogant te raak.

Die spanne –

Australië
15 Israel Folau, 14 Henry Speight, 13 Tevita Kuridrani, 12 Kurtley Beale, 11 Reece Hodge, 10 Bernard Foley, 9 Will Genia, 8 Sean McMahon, 7 Michael Hooper (kaptein), 6 Ned Hanigan, 5 Adam Coleman, 4 Rory Arnold, 3 Sekope Kepu, 2 Tatafu Polota-Nau, 1 Scott Sio. Bank: 16 Jordan Uelese, 17 Tom Robertson, 18 Allan Alaalatoa, 19 Rob Simmons, 20 Jack Dempsey, 21 Nick Phipps, 22 Samu Kerevi, 23 Curtis Rona.

Suid-Afrika
15 Andries Coetzee, 14 Raymond Rhule, 13 Jesse Kriel, 12 Jan Serfontein, 11 Courtnall Skosan, 10 Elton Jantjies, 9 Ross Cronjé, 8 Uzair Cassiem, 7 Jaco Kriel, 6 Siya Kolisi, 5 Pieter-Steph du Toit, 4 Eben Etzebeth (kaptein), 3 Coenie Oosthuizen, 2 Malcolm Marx, 1 Beast Mtawarira. Bank: 16 Bongi Mbonambi, 17 Steven Kitshoff, 18 Trevor Nyakane, 19 Lood de Jager, 20 Jean-Luc du Preez, 21 Francois Hougaard, 22 Handré Pollard, 23 Damian de Allende.

Skeidsregter: Glen Jackson (Nieu-Seeland)
Assistent-skeidsregters: John Lacey (Ierland) en Paul Williams (NS)
TV-skeidsregter: Ben Skeen (NS).
Verwagte weer: Mooiweer en koel.

Afskop: 12:00 (SA tyd).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Callie ·

Die hulp afrigters wat eintlik afrig moet die klop op die skouer kry. Saterdag is egter iets heeltemal anders as die Franse en Argintinie. Hoop verloor nie te ver sodat daar selfvertroue teen All Blacks is.

Vra net ·

So as ons wen is dit Bredan en Franco, en as ons verloor Callie, is dit dan weer AC se skuld?

Christo Visagie ·

Die Wallabies is ‘n baie goeie span,,,,,,,,,,,,,,,,,op die aanval verseker beter as die Bokke, ons kan baie bly wees as ons die toets teen hulle wen (wat ek hoop gebeur).

James ·

Gert, hulle speel in pienk truie en pers broeke en nr 10 se skewe kophare en klossies baard is wit gekleur! Ons gaan hulle trap. Bokke wen met minstens 12 punte.

Callie ·

Vra net, jy sal sien ek hoop ons verloor nie te ver nie. Wen of verloor sal wees teen Franco hulle. Verlede jaar het AC en sy hulpafrigters SA rugby verneder. So waaraan skryf jy die swaai toe. AC het nog niks nerens gewen nie, so die hulp afrigters saldit moet doen. Hulle word egter deur kwotas ondermyn

Se Net ·

Presies, so laas jaar het AC en sy hulpafrigters naam weg gegooi, en die jaar doen AC en sy hulp afrigters beter, so sy hulp afrigters het laas jaar aangejaag, want hy is nogsteeds in dieselfde kapasitieit as hoofafriger daar die jaar.

Callie ·

Hy doen nog steeds niks. Mos logies, Kon niks doen en nou lyk dit beter. Geluk Franco en Brendan. Begin nou net bestes kies dan kan bokke Aussies klop

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.