Rugbykampioenskap: swart dag vir die Bokke

Ross Cronjé – maagvirus(Foto: GB Jordaan)

Jy wag maande lank op hierdie kans.

Jy vee Frankryk in ʼn reeks van drie toetse uit jou pad, jy knak die Argentynse Poemas in die skrum op pad na nog twee oorwinnings, en jy staan jou man teen die Wallabies.

Maar jy wil gemeet word aan die All Blacks, die wêreld se beste span, en dan slaan die noodlot toe.

Die onttrekking van die Springbok-skrumskakel Ross Cronjé (maagvirus) vir Saterdag se toets in die Rugbykampioenskap teen die All Blacks in Albany, is een van die grootste terugslae wat die span kon tref. Dis dalk die grootste.

Cronjé word deur Francois Hougaard vervang met Rudy Paige op die bank.

Eina!

Baie het om Cronjé gedraai, sy kommunikasie, taktiekse skopwerk, sy aangeewerk, samespel en vermoë om die die beste uit die losskakel Elton Jantjies te haal.

Hy is die Aaron Smith van die Bokspan, en baie van die taktiek het om hom gedraai.

Gaan die Bokke nog op die All Blacks se onervare agterste driehoek skop? Gaan Hougaard die bal voor die voorspelers kan hou?
Hougaard is ʼn begaafde rugbyspeler, maar is hy werklik ʼn skrumskakel van toetsgehalte? Is Paige die spelbreker wat impak in die tweede helfte moet maak wanneer die All Blacks loodvoetig begin raak?

Hopelik is ek verkeerd, maar Hougaard gee die bal te stadig uit en hy gee gewoonlik eers ʼn tree of twee voordat hy die bal uitgee. Dit sal die All Black-losvoorspelers en -snellers met hul opskietverdediging kans gee om die Bokke agter die voordeellyn vas te pen … en dis wanneer Jantjies die klus kwyt kan raak.

Dit kan Jesse Kriel en Jan Serfontein as senterpaar beïnvloed, dit kan die Bokke se kaarte baie deurmekaar krap.

Maar nou ja, as jy die beste span in die wêreld wil wees, moet jy die All Blacks tuis bloedneus kan gee, met of sonder Cronjé.

Jy moet hul voorspelers kan vasvat, jy moet Beauden Barrett onder druk plaas, jy moet slim speel en nie doelloos op Damian McKenzie, Nehe Milner-Skudder en Rieko Ioane skop nie.

Jy moet die All Blacks wurg, hulle dwing om hul patroon te verander, om soos jy te speel.

Maar sonder Coenie Oosthuizen, Jaco Kriel en nou ook Ross Cronjé?

Die spanne –

Nieu-Seeland: 15. Damian McKenzie, 14. Nehe Milner-Skudder, 13. Ryan Crotty, 12. Sonny Bill Williams, 11. Rieko Ioane, 10. Beauden Barrett, 9. Aaron Smith, 8. Kieran Read (kaptein), 7. Sam Cane, 6. Liam Squire, 5. Sam Whitelock, 4. Brodie Retallick, 3. Nepo Laulala, 2. Dane Coles, 1. Kane Hames. Bank: 16. Codie Taylor, 17. Wyatt Crockett, 18. Ofa Tu’ungafasi, 19. Scott Barrett, 20. Ardie Savea, 21. TJ Perenara, 22. Lima Sopoaga, 23. Anton Lienert-Brown.

Suid-Afrika: 15. Andries Coetzee, 14. Raymond Rhule, 13. Jesse Kriel, 12. Jan Serfontein, 11. Courtnall Skosan, 10. Elton Jantjies, 9. Francois Hougaard, 8. Uzair Cassiem, 7. Jean-Luc du Preez, 6. Siya Kolisi, 5. Franco Mostert, 4. Eben Etzebeth (kaptein), 3. Ruan Dreyer, 2. Malcolm Marx, 1. Tendai Mtawarira. Bank: 16. Bongi Mbonambi, 17. Steven Kitshoff, 18. Trevor Nyakane, 19. Lood de Jager, 20. Pieter-Steph du Toit, 21. Rudy Paige, 22. Handré Pollard, 23. Damian de Allende.

Skeidsregter: Nigel Owens (Wallis).

Asistent-skeidsregters: Angus Gardiner (Australië) en Matthew Carley (Engeland).

Televisiekeidsregter: George Ayoub (Australië).

Afskop: 09:35.

Verwagte weer: Koel en kans vir ligte reën.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Lukie Carelsen ·

Wat ‘n ramp! Waar is Faf de Klerk en Jano Vermaak? Nou sit ons met Rudy Paige wat verseker een vd swakste skrumskakels van alle tye is (of was dit Bolla Conradie?) En Fracois Hougaard is nie veel beter nie. Eisch dis nou ‘n lelike penarie waarin ons sit!

Koos ·

Nou is daar 3 sukkelaars op die bank wat ons die game gaan kos- Die Ellende, Pollard en Paige!

Kobus ·

Ek hoop hulle bewys my verkeerd, maar ek sou eerder vir sheff vaatjie gekies het, hy is vinniger !

Jaybee ·

Nou kan ons maar ‘n oorwinning op ons mae skryf. Dit is die swakste span wat nog gekies is vanjaar. Waar is Vermaak, en F Venter, een ding is seker en dit is dat Coetzee en die ander afrigters die toets gaan dop. Daar is ander spelers wat ook glad nie in die bok groep behoort nie. All Blacks gaan met die bokke mors.

Bloues ·

Faf het besluit om oorsee te gaan net nadat hy uitgesluit is in die bokgroep. Ek dink egter nie die probleem lê by Coetzee nie want ek dink Franco het n goot sê in die spankeuse van die agterly.
As dit dan so is sien ek probleme. As n afrigter vir van Rensburg en Venter by die huis los en voortsukkel met De Allende, wys dit dat die afrigter nie genoegsame kennis het nie. Ek sien baie moeilikheid voorlê

Henk ·

Ek stem dat Hougaardt nie die antwoord is nie, maar om sy tree of twee uit te wys voor hy uitgee laat my wonder of die skrywer van die artikel al ooit opgemerk het hoe Cronje gemaklik tot by sy losskakel hardloop voor hy die bal uitgee!?

Dawie ·

Ek sê nog heel jaar, ons word opgewonde toe ons powere Franse en Argentyne gewen het en toe gelykop teen ‘n self-erkende swak Wallabies span. Toetie is USELESS en het byna die dood van bok rugby veroorsaak. Voorspel groot loesing more en ook maar middelmatige toekoms vir TOETIE se bokke.

Roos ·

Oh no Hougaard watse ramp hy tas na die bal terwyl hy voor en langs hom kyk .. lankal past due ☺

rollie ·

Selfs sonder enige beserings sal hierdie Bokspan nie die All Blacks klop nie (wel beslis nie in NS nie). Kyk net na ons span, daar is GEEN wereldsterre nie. Kitshoff, Marx en Etsebeth is die naaste wat ons kom aan wereldklas. Die uitsonderlike gehalte van ‘n Danie Gerber, Naas Botha en Carel du Plessis ontbreek in hierdie span.

Chris ·

Ek begin saamstem dat die Springbok embleem van die nasionale span weggeneem moet word. Die huidige spul het nie die hart nie en is nie die Springbok naam werd nie. Laat die Springbokke onthou vword vir wat hulle was en nie vir die treurspel wat hulle nou is en in die toekoms gaan wees nie. Hulle kan nooit weer regkom nie. My hart is baie seer.

Toppie ·

Die span wat nou speel is nie die Springbokke nie maar kan bekend staan as die Sprinkane – Jantjies skop voor die pale mis want dit lyk of sy wielsporing geheel en al uit is – regtig het ons geen beter skopper in hierdie land nir

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.