Rugbykampioenskap: Wie wil nou weer hul susters soen?

Die ouer rugbymense het altyd gesê dis soos om jou suster te soen wanneer ’n belangrike wedstryd gelykop geëindig het. Maar ʼn tweede keer?

Saterdag se toets in die Rugbykampioenskap in Bloemfontein tussen Suid-Afrika en Australië het met 27-elk gelykop geëindig, nadat die onlangse toets in Perth se uitslag 23-elk was.

Die rustydtelling in Perth was 13-10 in die Wallabies guns, en Saterdag het hulle weer met 13-10 voorgeloop.

Een honderd en sestig minute se spel – en geen wenner nie.

Jinne mense, dis die Wallabies van wie ons hier praat, nie die All Blacks nie. Dis ʼn span wat bou vir die toekoms, wat op die knieë gedwing is oor dinge buite hul beheer. Maar steeds kan die Bokke hulle nie klop nie.

Verwag ons te veel van die Bokke? Is ons te skerp met ons kritiek?

Nee, as ons nie omgegee het nie, sou ons nie daaroor gekla het nie, en nie oplossings probeer soek het nie. Dis pynlik en dit maak seer.

Dis ʼn toets wat die Bokke kon gewen het, maar waar die Wallabies sewe jaar gelede in Bloemfontein die Bokke met ʼn strafdoel in die doodsnikke gekelder het toe Kurtley Beale met ʼn monster-strafdoel geslaag het, het Elton Jantjies ʼn strafskop in die 78ste minuut skeef getrek.

Wat ʼn teleurstelling, want as die Bokke nie die Wallabies tuis kan klop nie (ook nie in Perth nie) en met 57-0 deur die All Blacks vermorsel word, is daar rede tot kommer, al skerm die bestuurspan ook hoe.

ʼn Gesukkel in die skrums, swak besluitneming en verdediging. Dink terug aan die Wallabies se eerste drie deur Israel Folau. (Dit was uit Bokke se 1967-handleiding toe die skrumskakel Dawie de Villiers wyd gebreek het, na die losskakel Piet Visagie na loop het met ʼn kort binne-aangee terug na die vleuel Corra Dirksen op volle vaart gedruk het. Kyk spanne en afrigters nie meer nie na ou (wen)video’s nie?)

Daar was ook weer ʼn gebrek aan dissipline – speldissipline omdat gans te veel strafskoppe afgestaan word.  Dit help nie om vir vyf minute te swoeg om in die teenstanders se gebied te kom en dan ʼn strafskop prys te gee nie. In een geval was daar na die lynstaan van ʼn strafskop af nog een.

Dit het voor begin, by die kaptein, Eben Etzebeth. Ook Steven Kitshoff, Francois Louw … noem maar van die ander name ook op, het gesondig.

Dan sukkel die Bokke voort sonder ʼn baljagter. O, waar was ʼn Heinrich Brussouw, Jan Boland Coetzee en sulke manne?

Talle kanse is ook nie gebruik nie. Om die eerste helfte byna 70% gebiedsvoordeel en besit te geniet en steeds nie te kan wen nie, is kommerwekkend.

Ai, nog ʼn kans is daarmee heen … en nog ʼn Rugbykampioenskap-titel vir die All Blacks op ʼn skinkbord.

Puntemakers –

Suid-Afrika (10 ) 27:  Drieë:  Ruan Dreyer, Jan Serfontein, Courtnall Skosan. Doelskoppe: Elton Jantjies 3. Strafdoele: Jantjies 3.
Australië (13) 27: Drieë: Israel Folau, Marika Koroibete 2. Doelskoppe: Bernard Foley 3. Strafdoele: Foley 3.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Francois ·

Nee wat. Na sulke eenogige (Provinsialistiese) beriggewing is ek nou klaar met Maroela Media. Moenie ons IK onderskat nie.

bollie ·

Stem saam. Die ouens wat hy noem was definitief van die beter spelers op die veld. Gewoonte-oortreders soos Ruan Dreyer word nie eers genoem nie. As laasgenoemde nou nog nie weet hoekom hy elke keer op sy pens val nie, dan weet ek nie.

bollie ·

SA en Aus is by gelyk, min te kies tussen hulle. Verskil tussen ons en die AB’s is dat hulle kan afrond, ons skep geleenthede net om die bal weg te gooi. Ook seker een van die swakste Bok-agterlyne ooit. Hoeveel strafskoppe moet Ruan Dreyer nou nog afstaan?

Bwahaha hahaaaa! ·

Hahaha ja amokrokko bokko….ja wat het n paar manne laas week gese oor die amokrokko bokko ,hoe goed hul gaan wees tuis????.laat iemand wat die regte spelers kan kies en in regte posisies speel en afrig en jy sal n verskil sien maar tot dan spandeer ek nie n sent om na hul getjommel te kyk nie dankie! Dit is pateties maar dis duidelik kwotas en provinsialiame en stupid span keuses deur nogmeer kwota afrigters wat heeltemal uit hul diepte is en kans na kans na kans gegin word sink die spel…..nee wat dankie ek gee dit n mis ,kyk eerder rolbal….

Ouboet2 ·

bollie is seker die grootste eenoog wp man sedert die bulle se Quintus van Rooien.

Manie ·

Ek het die idee gekry ons het baie bal besit gehad maar het nie geweet wat om daarmee te maak

Daan ·

As jy hoop die bokke sal ooit weer kampioen rugby speel wil ek iets se. Dit maak my seer maar die waarheid is dat dis dieselfeds as om te hoop dat ESKOM en SAL sal weer regkom. Dit gaan nie gebeur nie. Ek verlekker myself nie om dit te se nie. Ek wil ook he dinge gaan regkom. Daar is baie spelers wat nie kan speel op klubvlak want hulle is die verkeerde velkleur soos wat goeie bestuurders in ESKOM en SAL ook nie tot hulle reg sal kom nie. Dis maar net 2, wat van telkom, spoornet om 2 te noem. Ek weet dis deel van ons kultuur om rugby te kyk en te braai . Ek sal maar moet aan pas. Ek weet daar is mense wat sal se ek in negatief maar ek maar net realisties. Jammer manne.

PieterF ·

Die sukkel-Bokke kry darem net swaar in die lynstane, skrums en verdediging terwyl aanvallende bevoegdheid effens afwesig is. Net 2 (groepe ) spelers moet vervang word en dit is die voor- en agterspelers. Die bestuurspan en veral Toetie is ewige studente en leer elke week hoe om iets positiefs te identifiseer as basis vir nog ‘n suksesvolle mislukking op die veld. Voorspoed met die 80 minute teen die ABs – julle behoort nie meer as 80 punte en 15 driee af staan nie en met goeie voorbereiding kan hierdie doewit gemaklik bereik word. Voorspoed Toetie.

Liz ·

Dit lyk of die manne hulle fighting fit verllor het. Het al na 14 min gelyk of hulle blaas?

Callie ·

Almal kan praat soveel hulle wil. Voor daar nie n ordentlike afrigter is en alle spelers op meriete gekies word nie sal dit so gaan. Hou op spelers al die skuld gee

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.