Rugbyman in murg en been is Leeus se nuwe rugbybaas

Die oue en die nuwe. Kevin de Klerk, wat as president van die GLRU uitgetree het, wens sy opvolger, Neville Jardine, geluk met sy verkiesing. (Foto GLRU)

Neville Jardine,  wat uit ʼn rugbyfamilie soos min kom, is Maandag tot die nuwe president  van die Goue Leeus rugby-unie verkies.

Hy volg die oud-Springbok Kevin de Klerk op wat ná nege jaar in die tuig bedank het.

Jardine is die seun van wyle Bill Jardine, wat in 1995 die sameroeper van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie was en dus ook as ʼn keurder vir die 1995 Wêreldbeker-wenspan gedien het.

Die nuwe president is al die afgelope 40 jaar as speler, skeidsregter en administrateur by die spel betrokke.

Jardine het 25 jaar op die voorsittersraad van die Goue Leeus gedien en was sedert 2009 die adjunkpresident van die unie.

“Dit is ʼn eer vir my om die Leeus as president te dien. Ek voel ná my jare in die voorsittersraad en as adjunk-president gereed om hierdie nuwe uitdaging te takel,” het hy ná sy verkiesing gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Niklaas ·

Nouja, laat hy homself bewys eers. Dis moontlik n politieke aanstelling , maar dalks is hy een ster. Dis beslis wys om te wag en kyk hoe die rugby sake vaar onder sy leiding. Dit klink nie asof hy n groentjie is nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.