Rugbymarakkas gee `n mens koue rillings

chiefs-logoDaar is `n ou uitdrukking in rugby dat wat op toer gebeur, bly op toer.

Maar geld dit nog in 2016 en waar word die streep getrek?

Daar het nie `n toer verloop, van internasionaal tot op klubvlak en ook wanneer die goue oues saamgetrek het, waar daar nie `n kwota omstredenheid was nie. In baie gevalle was dit pure kattekwaad, in ander gevalle vandalisme. Dink `n mens daaraan terug, kry jy koue rillings.

Van hoe beddens uit hotelkamers gegooi is, hoe brandslange in hotelgange afgevuur is, hoe matrasse aan die brand gesteek is en hoe daar in die gange lawaai is en marakkas gemaak is.

Die Nieu-Seelandse Rugbyunie (NZRFU) en Chiefs-franchise is nou in die spervuur en word oral oor gekritiseer oor hul hantering en ondersoek na `n onlangse voorval toe dinge hand-uit geruk het op die Chiefs se seisoenseindgeselligheid (wat die spelers gereël het) en ontkleedansers by betrokke was. Kon dit gekeer word? Hoe moet dit voortaan opgetree word?

Wanneer daar getoer word, maak spelers skande, soos die Engelse senter ManuTuilagi wat in 2012  in die Aucklandse hawe geduik het. Onthou u nog die voorval toe die Walliese losvoorspeler Andy Powell vroeggend (en hoog aangeklam) met `n gesteelde gholfkarretjie op die M4-snelweg beland het?

Wat van die Italiaanse stut Martin Castrogiovanni wat vroeër vanjaar deur die Franse klub Racing 92 geskors is omdat hy saam met die PSG-sokkerspelers in Las Vegas gaan rinkink het?  Gaan kyk maar na daardie foto’s. Hy was gewis nie by `n gesinsaamstrek nie, soos hy aan sy klub belowe het nie.

En wat van die Ierse slot Willie Anderson wat drie maande lank in `n Argentynse tronk gegooi is omdat hy `n landsvlag van `n staatsgebou af gegaps het. Twee Argentynse generaals het selfs geëis dat hy die doodstraf opgelê word.

`n Gewese Walliese kaptein Gareth Thomas en `n spanmaat Phil Booth moes `n groot boete betaal het ná `n aarandingsklag. Só ook Gavin Henson en Scott Gibbs.

En wat van die Wallaby-losskakel Quade Cooper wat by `n huis ingebreek en onder meer `n skootrekenaar gesteel het. En wat van James O’Connor, Danny Cipriani, Kurtley Beale?

Ek het geen antwoorde daarop nie, dalk kan iemand `n doktorstesis oor die gedrag van rugbyspelers doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

So loop hy ·

Rugby en drank loop hand-aan-hand en so ook gaan daar voorvalle wees. Dis stories wat die manne oor dekades by saamtrek geleenthede nog oor en oor gaan vertel. Dit het al baie gebeur en sal nog baie gebeur. Geen tesis nodig…

Andre ·

Alhoewel ek niks van Wuade Cooper hou nie, moet ek darem vir die waarheid opkom. Soos ek verstaan het en sy vrienden verhoudings probleme gehad. Hy het sy eie rekenaar gesteel. Ek weet nie of dit in haar huis was nie, maar dit is wat ek kon aflei.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.