Rugbyspelers ondersteun ook BLM

Ashwin Willemse. Foto: SuperSport

Amper 50 rugbyspelers en -afrigters, waaronder Adrian Jacobs, Peter de Villiers en Kabamba Floors, het ook hul gewig agter die Black Lives Matter-beweging ingegooi.

Hulle het terselfdertyd ook vir Lungi Ngidi vir sy kommentaar geloof, terwyl hulle bekommerd is oor die gebrek aan swart afrigters op nasionale en provinsiale vlak.

“Wat verborge was, is nou in die openbaar vir almal om te sien. Dit is duidelik dat daar ook ander wit sportpersone in Suid-Afrika is wie se sienings deur rassisme gevorm word, ” het die verklaring begin.

Dit is ook deur Ashwin Willemse onderteken. Hy het in 2018’n mediastorm ontketen toe hy op regstreekse televisie uit die SuperSport-ateljee gestap het omdat hy koppe met sy mede-aanbieders, Nick Mallett en Naas Botha, gestamp het.

SuperSport het na afloop van ʼn ondersoek na dié voorval gesê daar was geen rassistiese optrede deur Botha en Mallett nie, maar Willemse het wel besluit om die gelykheidshof oor die voorval te nader.

Volgens die skrywers van die verklaring het SA Rugby tot dusver stilgebly oor die BLM-beweging.

“Alhoewel SA Rugby reusevordering gemaak het om toe te sien dat die spelersgroep verteenwoordigend op nasionale vlak is, duur die uitsluiting van swart hoofafrigters en topadministrateurs voort.”

Die volgende is as feite deurgegee:

  • 100% uitsluiting van swart hoofafrigters op Springbok-, SA o. 20-, Pro14-, Superrugby- en Curriebeker-vlak.
  • 100% uitsluiting van swart uitvoerende hoofbeamptes.
  • 100% uitsluiting van swart hoëprestasiebestuurders.

Volgens die spelers het hulle nie vantevore oor die onderwerpe gepraat nie omdat hulle bang was dat hulle hul werk sou verloor.

“Ons kan egter nie langer in vrees leef nie en ons stemme sal nie stil bly nie. Sedert kolonialisme was daar ononderbroke wit beheer van topafrigter- en administrateursposte. Hierdie ongelykheid moet ophou.”

Spelers en afrigters wat die verklaring onderteken het: Mac Masina, John Williams, Ashwin Willemse, Adrian Jacobs, Wayne Julies, Vuyo Zangqa, Peter de Villiers, Thando Manana, Labeeb levy, Jonathan Mokuena, Paul Treu, David Manuel, Hilton Lobberts, Danwel Demas, Gary Boshoff, Deon Carelse, Nirven Arendse, Norman Jordaan, Eddie Fredericks, Johan Mettler, Wilbur Kraak, Anvor Schooney, Aschin Klein, Bronson Weir, Reginald Nutt, Chumani Booi, JP Kellerman, Jearus Nicholas, Carlos Katywa, Saaid Blake, Darryl Coeries, David Hendricks, Sino Ganto, Brendal Brandt, Sammy Horne, John Booysen, Travor Pieterse, Wylie Seroot, Tiger Mangweni, Denzil Frans, Neil Papier, Jerome Pietersen, Nazeem Adams, Warren Petersen, David Maidza, Therlow Pietersen, Kaya Malotana, Kabamba Floors en Chris October.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

22 Kommentare

jongste oudste gewildste
Mia

Peter de Villiers het ‘n kans gehad om die bokke af te rig en hy kon nie die juis goed regkry nie. Niemand se dat nie-blankes mag nie afrig nie, maar die meeste van hulle stel nie belang in die sport nie. Ons almal weet rugby is, maar eintlik die afrikaner sport en sokker nou weer die nie blankes se sport. En as Ashwin so graag wil afrig hoekom dan nie aansoek doen vir die pos nie? Of is dit dalk omdat hy weg is by supersport nadat sy mede aanbieders volgens hom rassisties was teenoor hom.(NIEMAND HET OOIT WEER… Lees meer »

Andrew

Daar het julle dit nou. Toe Jan in die kaap kom was nuweland reeds daar . Toe die engelse eers die kaap 1795 , en toe SA kolonialiseer in 1902 was rugby n inheemse sport en was die kolonialiseerders in beheer van Sringbok afrigting. Dit is goed dat kolonialisme geiendig het in 1961 anders so Pieter D en Alistair C, en Hostikns, en Mark Alexander seker nie in jou ononderbroke stelling nie sin gemaak nie.

Andrew

Ek is mal oor wiki se stelling; “The South African Rugby Board was the rugby union governing body of white South Africans between 1889 – 1992”. Daar het nie n plek soos South Africa in 1889 bestaan nie. Daar was die kaap en natal kolonies, die ZAR, die OVS , maar geen South Africa nie.

Pieter

As mens so lees wonder jy regtig hoe rassisties is meeste mense wat eintlik blm support. My opinie en soos ek hier lees en kyk. Ek stem maar saam vir beweeging All Lives Matter (ALM).

Andrew

Hierdie tiepe vals propeganda, soos vekondig deur die BLM en hulle “groupie” aanhangers soos die lot hierbo, moet feitelik aangevat word vir hul valshede. populis aswin het nou uiteindelik n paar aanhangers gekry om sy wraak te vat omdat die MRK nog niks kon vind om sy “saak” te veg nie (ten spyte van “broadening the scope of investigation”). Mens moet die vraag vra, ly meer aan meerderwaardigheids kompleks of meer aan n minderwaardigheids kompleks? In n land wat al 26 jaar nie onder wit beheer meer is nie, met wette vir qoutas , BEEE ens is dit als nogsteeds… Lees meer »