Rugbyspelers ondersteun ook BLM

Ashwin Willemse. Foto: SuperSport

Amper 50 rugbyspelers en -afrigters, waaronder Adrian Jacobs, Peter de Villiers en Kabamba Floors, het ook hul gewig agter die Black Lives Matter-beweging ingegooi.

Hulle het terselfdertyd ook vir Lungi Ngidi vir sy kommentaar geloof, terwyl hulle bekommerd is oor die gebrek aan swart afrigters op nasionale en provinsiale vlak.

“Wat verborge was, is nou in die openbaar vir almal om te sien. Dit is duidelik dat daar ook ander wit sportpersone in Suid-Afrika is wie se sienings deur rassisme gevorm word, ” het die verklaring begin.

Dit is ook deur Ashwin Willemse onderteken. Hy het in 2018’n mediastorm ontketen toe hy op regstreekse televisie uit die SuperSport-ateljee gestap het omdat hy koppe met sy mede-aanbieders, Nick Mallett en Naas Botha, gestamp het.

SuperSport het na afloop van ʼn ondersoek na dié voorval gesê daar was geen rassistiese optrede deur Botha en Mallett nie, maar Willemse het wel besluit om die gelykheidshof oor die voorval te nader.

Volgens die skrywers van die verklaring het SA Rugby tot dusver stilgebly oor die BLM-beweging.

“Alhoewel SA Rugby reusevordering gemaak het om toe te sien dat die spelersgroep verteenwoordigend op nasionale vlak is, duur die uitsluiting van swart hoofafrigters en topadministrateurs voort.”

Die volgende is as feite deurgegee:

  • 100% uitsluiting van swart hoofafrigters op Springbok-, SA o. 20-, Pro14-, Superrugby- en Curriebeker-vlak.
  • 100% uitsluiting van swart uitvoerende hoofbeamptes.
  • 100% uitsluiting van swart hoëprestasiebestuurders.

Volgens die spelers het hulle nie vantevore oor die onderwerpe gepraat nie omdat hulle bang was dat hulle hul werk sou verloor.

“Ons kan egter nie langer in vrees leef nie en ons stemme sal nie stil bly nie. Sedert kolonialisme was daar ononderbroke wit beheer van topafrigter- en administrateursposte. Hierdie ongelykheid moet ophou.”

Spelers en afrigters wat die verklaring onderteken het: Mac Masina, John Williams, Ashwin Willemse, Adrian Jacobs, Wayne Julies, Vuyo Zangqa, Peter de Villiers, Thando Manana, Labeeb levy, Jonathan Mokuena, Paul Treu, David Manuel, Hilton Lobberts, Danwel Demas, Gary Boshoff, Deon Carelse, Nirven Arendse, Norman Jordaan, Eddie Fredericks, Johan Mettler, Wilbur Kraak, Anvor Schooney, Aschin Klein, Bronson Weir, Reginald Nutt, Chumani Booi, JP Kellerman, Jearus Nicholas, Carlos Katywa, Saaid Blake, Darryl Coeries, David Hendricks, Sino Ganto, Brendal Brandt, Sammy Horne, John Booysen, Travor Pieterse, Wylie Seroot, Tiger Mangweni, Denzil Frans, Neil Papier, Jerome Pietersen, Nazeem Adams, Warren Petersen, David Maidza, Therlow Pietersen, Kaya Malotana, Kabamba Floors en Chris October.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Mia ·

Peter de Villiers het ‘n kans gehad om die bokke af te rig en hy kon nie die juis goed regkry nie. Niemand se dat nie-blankes mag nie afrig nie, maar die meeste van hulle stel nie belang in die sport nie. Ons almal weet rugby is, maar eintlik die afrikaner sport en sokker nou weer die nie blankes se sport. En as Ashwin so graag wil afrig hoekom dan nie aansoek doen vir die pos nie? Of is dit dalk omdat hy weg is by supersport nadat sy mede aanbieders volgens hom rassisties was teenoor hom.(NIEMAND HET OOIT WEER IETS GEHOOR VAN DIT NADAT HY WEG IS NIE.)
Ek is net so moeg om te hoor dat hulle benadeel word, maar hulle word is goeie poste geplaas en dan neuk hulle dit self op en dan is die weer apartheid se skuld..

Andrew ·

Daar het julle dit nou. Toe Jan in die kaap kom was nuweland reeds daar . Toe die engelse eers die kaap 1795 , en toe SA kolonialiseer in 1902 was rugby n inheemse sport en was die kolonialiseerders in beheer van Sringbok afrigting. Dit is goed dat kolonialisme geiendig het in 1961 anders so Pieter D en Alistair C, en Hostikns, en Mark Alexander seker nie in jou ononderbroke stelling nie sin gemaak nie.

Andrew ·

Ek is mal oor wiki se stelling; “The South African Rugby Board was the rugby union governing body of white South Africans between 1889 – 1992”. Daar het nie n plek soos South Africa in 1889 bestaan nie. Daar was die kaap en natal kolonies, die ZAR, die OVS , maar geen South Africa nie.

Pieter ·

As mens so lees wonder jy regtig hoe rassisties is meeste mense wat eintlik blm support. My opinie en soos ek hier lees en kyk. Ek stem maar saam vir beweeging All Lives Matter (ALM).

Andrew ·

Hierdie tiepe vals propeganda, soos vekondig deur die BLM en hulle “groupie” aanhangers soos die lot hierbo, moet feitelik aangevat word vir hul valshede. populis aswin het nou uiteindelik n paar aanhangers gekry om sy wraak te vat omdat die MRK nog niks kon vind om sy “saak” te veg nie (ten spyte van “broadening the scope of investigation”). Mens moet die vraag vra, ly meer aan meerderwaardigheids kompleks of meer aan n minderwaardigheids kompleks? In n land wat al 26 jaar nie onder wit beheer meer is nie, met wette vir qoutas , BEEE ens is dit als nogsteeds 5% van die land se skuld.

Adam Adriaan ·

Om sulke snert te bedryf soos die BLM, toon net ‘n mens se eie onvermoë, erkenning, om te presteer en om positiewe bydrae te maak in die samelewing. Iemand moet blameer word vir die eie onvermoë en dit is nie die eie ek nie. Help my mamma!!!

Niklaas ·

Maar niemand staan in die pad van die ondersteuners van BLM nie. Daar is meer as normale kanse vir hulle. Geleenthede moet net aangegryp word , Dit word deesdae byna op ‘n skinkbord aangebied. Word daar deur enigiemand gemor oor die TV advertensies waar weinig blanke gesigte gesien word in die huidige SA ?

JJ ·

Hoe stop mens rassisme? Die antwoord is eenvoudiger as wat dit lyk. Kyk na Morgan Freeman op YouTube:
WALLACE: How are we going to get rid of racism until …?

FREEMAN: Stop talking about it. I’m going to stop calling you a white man. And I’m going to ask you to stop calling me a black man. I know you as Mike Wallace. You know me as Morgan Freeman. You’re not going to say, “I know this white guy named Mike Wallace.” Hear what I’m saying?

Piet ·

Nou noem vir ons die swart afrigters wat op meriete ‘n span op daai vlak kan afrig? So terloops – Wat het van die Etsebeth-saak geword. Weet iemand?

Kokerboom ·

Die BLM is onverbloemde rassisme en dien as rookskerm om die ondersteuners se totale onvermoeë om aan te pas te verbloem. Vir 26 jaar het hul reeds alles..ek weet nie wat hul nog soek. Die mier/sprinkaan storie kom hier te pas

christo ·

Die arme ‘ black chip on the shoulder’ . Gaan dan maar graag terug na ‘n leefstyl waar die swartmense nie bedreig word deur ander rasse nie . Indien ek uithaler geleenthede deur my eie optrede bevonkfaai blameer ek net myself, nie ‘n ander ras nie.

Thelsa ·

Wanneer gaan die blanke spelers opstaan en ook keel skoonmaak oor hulle beroepe kortgeknip is omdat hulle moes terugstaan met spankeuses en plek moes maak vir ‘n speler van kleur om die raskwotasie op die vled reg te hou en die politici se smoele te snoer. Ons weet mos van baie wit spelers wat uitegsluit is vanaf skolevlak regdeur tot Internasionale vlak omdat ‘n speler van kleur in plaas van ‘n speler met talenst gekies word.
Ons het ‘n Nasionale Sokkerspan met 100% swart spelers en 100% swart afrigters en waar het hulle geïndig ?. . . kon nie eers kwalifiseer vir die African Cup of Nations nie.
Ons moet besluit wil ons kompeterend wees of wil ons op die spanfoto wees met die openingseremonie.

koos10 ·

Gaan lees gerus op MM wat Hashim Amla oor BLM gesê het.

Dit gee nie om wat enige wit persoon hieroor sê nie, dit pas nie in die agenda van BLM nie, en daarom sal dit nie versprei word nie. Dan help Max de Preez en die ander slapgatte, wat saam met BLM stem ook nie regtig nie. Is ‘n swart persoon se lewe meer werd as ‘n Indier, Bruin of Wit mens s’n? Is almal nie kinders van God nie? Is enige van die BLM ondersteuners gelowiges? Indien wel wil hulle soos, onder apartheid, glo dat Jesus net vir ‘n spesifieke ras aan die kruis gesterf het? Dieselfde Jesus wat sy dissipels soos ‘n slaaf bedien het?

Wat BLM nie beself nie is dat hulle uitsprake rasiste van wit mense maak, nie oor so seer ras nie, maar oor aanvalle op mense weens hul velkleur.

Jakes ·

Hoekom word Ashwin Willemse se foto vertoon by hierdie berig? Sy aantygings teen Botha en Mallet was as vals verklaar. Swart of bruin mense wat enige sport wil afrig moet op meriete gekies word en nie volgens velkleur nie. Dieselfde geld vir spelers wat op die hoogste vlak wil meeding. Daar is baie swart en bruin spelers wat wel op meriete gekies word maar die hele herrie is polities van aard en n storm in n teekoppie. Hoekom word daar nie in golf lawaai opgeskop oor transformasie nie? Want daar sal die speler beslis vinnig uit die bus val as hy swak presteer.

Chris ·

Ek is as witte ten volle ondersteuner van die BLM (BOERE LIVES MATTER). Ai tog wanneer gaan mense oor minderwaardigheidskomplekse en onvermoë kom. Ek gaan my nie uitlaat oor die vorige Springbok rugby afrigters nie. Die rekord spreek vanself. Soos die Ingesle sal sê, “Say no more” ‘n Persoon met ‘n minderwaardigheidskompleks sal altyd die fout by ander en omstandighede soek as by homself. Steek hand in eie boesem.

Stephanie ·

As jy n job kán doen, dan kan jy. As jy níé kan nie, gaan die resultate jou uitlig. NIKS met velkleur te doen nie. Hou op sanik.

Frans ·

Ek lag ma net een van die dae is da net 1 span wat teen die boke gaan speel en dit zimbabwe dis te se as die boke nie op strike gaan nie die wereld stel nie mee belang om teen die boke te speel nie

Train ·

Waar is die groot manne se ondersteuning aan hulle eie mense. Swart en wit boere wat gemoor word?! Maar neee!!! Eks al so keelvol vir die blm.

Frans ·

Tyd vir Ashwin en meepraters om weereeens die volgende te lees en te onthou.The Winner is always part of the answer; The Loser is always part of the problem.

The Winner always has a program; The Loser always has an excuse.

The Winner says, “Let me do it for you”; The Loser says, “That is not my job.”

The Winner sees an answer for every problem; The Loser sees a problem for every answer.

The Winner says, “It may be difficult but it is possible”; The Loser says, “It may be possible but it is too difficult.”

When a Winner makes a mistake, he says, “I was wrong”; When a Loser makes a mistake, he says, “It wasn’t my fault.”

A Winner makes commitments; A Loser makes promises.

Winners have dreams; Losers have schemes.

Winners say, “I must do something”; Losers say, “Something must be done.”

Winners are a part of the team; Losers are apart from the team.

Winners see the gain; Losers see the pain.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.