Rugbyster in sop oor uitlatings

Israel Folau. Foto: Facebook.

Die Australiese rugbyster, Israel Folau, se uitlatings op sosiale media het ʼn storm ontketen en kan daartoe lei dat sy kontrak beëindig word.

Die Waratahs-agterspeler het Woensdag die volgende op sy Instagram-rekening geplaas: “Dronkaards, homoseksuele persone, egbrekers, leuenaars, hoereerders, diewe, ateïste en afgodedienaars – Hel wag vir julle.”

Hy het bygevoeg dat hulle hulself moet bekeer en dat net “Jesus kan red”.

Folau se kommentaar is deur Rugby Australië veroordeel en in ’n verklaring het hulle gesê hulle is van plan om sy kontrak te beëindig.

“Rugby Australië en die New South Wales Rugbyunie het sedert Woensdag herhaaldelik met óf Israel óf sy verteenwoordigers in verbinding probeer tree, maar sonder sukses.

“Hoewel Israel geregtig is op sy geloofsoortuigings, is die manier hoe hy dié oortuigings oordra nie in ooreenstemming met die waardes van die sport nie.

“Israel het gefaal in sy verantwoordelikheid as Rugby Australië- en Waratahs-werknemer deur materiaal op sosiale media te deel wat teen mense diskrimineer op grond van hul seksuele oriëntasie.”

Die verklaring gaan voort deur te sê dat hulle herhaaldelik vir Folau gewaarsku het teen sosialemedia-wanbestuur, asook dat onvanpaste kommentaar tot dissiplinêre optrede kan lei.

“In die afwesigheid van versagtende omstandighede is dit ons voorneme om sy kontrak te beëindig.”

Die Waratahs-speler is in die sop ná sy uitlatings op sosiale media. Foto: Facebook.

Die Wallabies se hoofborg, Qantas-lugredery, se hoof- uitvoerende beampte, Alan Joyce, is homoseksueel en het Folau se sosialemedia-inskrywings as “betreurenswaardig” bestempel.

Folau het pas die topdriedrukker in Superrugby-geskiedenis geword. Hy word as een van Australië se gevaarmanne in die komende Wêreldbeker beskou.

Tog eis talle kenners en oudspelers nou sy kop op ’n skinkbord.

Peter FitzSimons – voormalige Aussie-voorspeler – het in die Sydney Morning Herald geskryf “Folau sal en moet gaan”, anders gaan rugby verspot lyk.

Selfs Nieu-Seeland se eerste minister, Jacinda Adern, het tot dié woordestryd toegetree en gesê Folau se opmerkings moet niemand beïnvloed nie.

Intussen is daar ’n vuurwarm debat op sosiale media, met bespiegeling dat Folau hierna in Europa sy rugbyheil gaan soek. Veral Toulon en Sale Sharks is glo van sy gunstelingbestemmings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

71 Kommentare

Annette ·

Vryheid van spraak, laat my lag. Dis net “vry” solank hy sê wat die mense “wil” hoor. Die oomblik as hy die waarheid praat, is hy die vark in die verhaal.

Steenkamp ·

Die man is ‘n briljante rugbyspeler, maar ongelukkig as dit kom by godsdiens is hy totaal verward.

Carl ·

Korrek. Haatspraak word nou gebruik om die doring in die vlees, “Vryheid van spraak”, te omseil.
Dit gaan nie lank wees voor die Bybel ook moontlik as Haatspraak, geklassifiseer gaan word nie.

Papa G ·

Is hy, of enige iemand anders, verbaas oor die reaksie? Ek is nie. Sulke uitsprake het sulke reaksies tot gevolg. Dis die tye waarin ons lewe. Die NG-kerk weet dit reeds… Oeps, moes dit nie sê nie!

Pieter ·

Ek stem saam hom. Hy doen sy taak soos verwag word. Hy het alamsl gewaarsku en nou moet hulle luister. Amen aan hom.

Genieve ·

Bekeer julle van julle verkeerde wee..net Jesus kan jou red ek stem saam met hom as jy nie Jesus ken nie sal jy nie sy uitspraak wat hy hier gee verstaan nie moenie my aanval nie asb dis net my mening.

Hennie ·

Daar is soveel sonde en verkeerde goed in die lewe maar ek as mens het self so baie sonde ek moet eers my lewe in plek kry so ek kan nie oordeel . Daar is nie een sonde groter as n ander nie. Al wat ek se ons moet vir mekaar bid.

Gertryda ·

Niemand mag hul opinie gee nie. Hoekom moet jy altyd saamstem met die meerderheid? Hy sê wat hy glo

koos ·

Nee saam stem met die minderhede. Snaaks hoe 70% van alle mense op aarde sê hulle is Christene, maar nie so optree nie. Hoe het Jesus self gesê dat baie sal Hom roep maar Hy sal hulle nie ken, tydens die maaltyd nie.

Boemerang ·

Koos, wat se bron gebruik jy om te beweer daar is 70% Christene op die aardbol? Asia het min Christene, dieselfde met die Midde Ooste. In Europa is hordes agnosties en ateiste.

Johan ·

Boemerang. Lees weer wat Koos gesê het. Hy sê nêrens 70% mense is Christene nie maar wel dat 70% van alle mense seg dat hulle Christene is.
Moenie iemand anders se woorde verdraai vir jou eie doelstellings nie.

Boemerang ·

@Johan
Waar en wanneer het 70%van die aarde se mense gesê hulle is Christene? Gee vir my ‘n bron. Indien nie praat Koos mos twak.

Genieve ·

Dit wat vir my wins was moes ek skade lei agv die evangelie se Petrus.

Agie ·

Ek sukkel
Hy het dit só duidelik gestel dat almal kan verstaan
Indien die skoen jou pas …………trek dit baie vinnig uit!!!!!!!
Sonde is sonde
Ek hoop hy kry plek in ‘n span wat Australië op hulle herrie gee

Wurmpie ·

Te minste iemand wat opstaan vir sy geloof. So bly om te sien jong manne staan nog sterk in geloof

Johann ·

Ek wonder of die Australiese rugbybase nou spelers gaan verban indien hulle Christene is wat die Bybel letterlik verstaan!!

Ollie ·

Eindtye, so begin alhoemeer kinders van God vervolg, meerderheid wil nie die Waarheid hoor nie

Net nie dit nie ·

Lyk vir my dat solank ons net nie mense se gevoelens seermaak nie, is alles reg. Ek vrees liewers die God wat alles gemaak het, as een van Sy skepsels.

Smirre ·

Ek respekteer Folau. En stem saam met hom. Ongelukkig wil die wereld nie die ware boodskap hoor nie. Ons kan maak net wat ons wil solank ons dit liefde noem is ons gered. Geloofs “motherhood en apple pie”. Die bloed van Jesus kan nie so goedkoop gemaak word nie.

Honesty ·

Sjoe, what a bold move! This is what Christianity fired by a Living God is all about!! This is what do many of us, trying to spread the Word, wish we had the GUTS to do! Serving God is not about sugar-coating, white lies and treading ice. It’s about TELLING IT AS IT IS. Too often we try and spread the message in a “diplomatic” way. Well, diplomacy’s not likely to get you eternal life. Kudoes to you sir!!

willem Botha ·

Ek gaan my hand opsteek en hom ten volle ondersteun ongelukkig doen ons ook baie verkeerde dinge en daarom kan ons nie oordeel of vinger wys nie .

Boesman ·

Ja, daar is geen leuen aan wat hierdie man sé nie, ek dank God dat ek vashou aan Hom. Die humanisme kom van satan af. Die stryd teen satan en sy volgelinge sal ons stry. Prys Hom, Halleluja

Sandra ·

Net mense van twyfelagtige voorkeure, liberales, ateïste en politici is deesdae reg. Randfigure wat nou hul stempel op ‘n siek wêreld afdwing. Hierdié man se oortuigings word nou mee gespot en word hy gestenig deur afvalliges. Ware gelowiges weet egter waar hul heil lê. God laat nie met Hom spot nie.

Jack Klok ·

Ons leef nou in die tyd waar die grense tussen waarheid en leuen vervaag het. Mense ken nie meer die verskil nie (Openbaring 16). Die leuen is selfs in die kerk ingedra en word as die waarheid verkondig. Kyk maar na die NG Kerk se standpunte oor homoseksualisme.

Wat vryheid van spraak betref: dit beteken dat jy dinge mag sê wat ander mense aanstoot mag gee. As jy niks mag sê wat ander aanstoot kan gee nie dan is daar geen vryheid van spraak nie. Dan het politieke korrektheid in die plek van spraakvryheid gekom.

Kiewiet ·

Die dag gaan kom wanneer Rugby Australia se Base vir Folau gaan se. Jy het die waarheid gepraat, Maar dan gaan dit vir hulle te laat wees. Want God gaan vir hulle se, gaan weg van my af want ek ken julle nie.

Karin ·

Erebs het hy verander,.maar.die veroordeelaars ry nog dieselfde wa as gister, hul kreun nog steeds in die gevangenis! Hartseer, mag hulle die Lig sien!

Estelle van Wyk ·

Hoor! Hoor!!!
Pragtige getuienisse onder ons Suid-Afrikaners. Doen my hart goed.
Dalk kom daar nog baie tot bekering onder Folau se uitlatings. Hy praat reg uit die BYBEL. BLESSINGS!!!!

Kiewiet ·

Die dag gaan kom wanneer Rugby Australia se Base vir Folau gaan se. Jy het die waarheid gepraat. Maar dan gaan dit vir hulle te laat wees, Want God gaan vir hulle se, gaan weg van my af want ek ken julle nie.

PJC ·

Duidelik is die Australiese rugby base nie beïndruk met wat Folau te sê het nie maar duidelik is hulle ook nie gretig om hom as rugbyspeler te verloor nie want hy is een van die beter heelagters in hul rugby.

CFS ·

Hou so aan Folau,die wêreld wil dit nie hoor nie want die waarheid maak seer.

Uiltjie ·

Ek lees nog om te sien wat het die man verkeerd gesê DAT hy nou so gekruisig moet word?

Shaun ·

Isaiah 5:20-21 New King James Version (NKJV)
20 Woe to those who call evil good, and good evil;
Who put darkness for light, and light for darkness;
Who put bitter for sweet, and sweet for bitter!

21 Woe to those who are wise in their own eyes,
And prudent in their own sight!

Matt ·

Hoekom kan ander sê wat hulle wil en as jy as dienaar in Christus iets sê wat die waarheid is, is jy die een wat verkeerd is. Jesus is ons enigste redding!!

Fonnie ·

Die gene wat hom kritiseer sal nog agterkom dat dit vreeslik is om te val indie hand van die Lewende God. Hy praat net die WAARHEID!!!!

Patat ·

So bly om te sien dat hy opstaan vir Jesus in die openbaar. Niks wat hy gese het is verkeerd nie. Sy beloning sal groot wees!

PJN ·

Folau jy is ‘n man…… so sal die christene vervolg word aan die einde van die wêreld… go man go….

Antoon ·

Goeie Evangelis. Die vraag moet ook wees. As jy vandag tot sterwe kom, het jy die versekering dat jy die ewige lewe het?

HESTER ·

STEENKAMP: Hoekom is die man verwaard as dit by godsdiens kom? Miskien omdat jy nie glo nie? Vra maar net??

gatiep ·

Geen vryheid van spraak meer nie,behalwe as jy se wat hulle wil hoor.

Willie Nel ·

So word daar in toenemende mate teen die Christelike geloof gediskrimineer omdat hulle nie vir mense wil sê: “Alles is reg” nie. Ek wens hom ‘n goeie toekoms vry van die Ausie – juk toe.

Peter ·

Dis amper woord vir woord n vers uit die Bybel, (1Corithians 6:9), ons geloof en nie ons oordeel nie. As iemand aanhaal wat geskrewe word is en erkening gee ons die skrywer “Jesus” kan jy hom/haar nie verantwoordelik hou vir die ontvangs nie. Is ons wereld nie juis in die verknorsing omdat ons aanhoudend gedwing word om te aanvaar en net met alles saam te leef nie?

Frans C ·

Jesus se boodskap in Mat 10 vers 33 is duidelik.”Wees ook gewaarsku dat iemand wat nie oor My wil praat as die gevaar nader kom nie,nie moet verwag dat Ek allerhande mooi dinge oor hom vir die hemelse Vader sal vertel nie.”

Kind ·

Tatoo of nie…hy praat die waarheid.Ek salueer jou..homoseksualiteit is n gruwel in God se oe.So probeer die wereld ons stil maak.

DeVill ·

Johannes 8 vers 7: Toe hulle aanhou om Hom te vra, het Hy regop gekom en vir hulle gesê: “Laat die een van julle wat ‘n skoon gewete het, eerste ‘n klip op haar gooi.”

Leviticus 19:28 r “You shall not make any cuts in your body for the dead nor make any tattoo marks on yourselves: I am the Lord.”

8 Daarna het Hy weer gebuk en op die grond geskrywe. 9Toe hulle hoor wat Hy sê, het hulle een vir een begin wegloop, die familiehoofde eerste. Jesus is alleen agtergelaat saam met die vrou daar in die middel van die kring mense. 10Toe het Hy regop gekom en vir haar gevra: “Mevrou, waar is hulle? Het nie een van hulle die oordeel oor jou voltrek nie?”
11“Niemand nie, Here,” sê sy.
Toe sê Jesus: “Ek doen dit ook nie. Gaan maar en moet van nou af nie meer sonde doen nie.”

En ek ook Mnr. Falau. Ek, as ongelowige, sal jou ook nie veroordeel tot die hel nie. Ek sal, jou Jesus, se voorbeeld volg!

Frans C ·

Jy vertolk Levitikus 19 vers 28 verkeerd.Dit gaan oor navolging van heidense gewoontes wanneer hulle oor dooies rou.Die vers lees volledig:’Julle moet ook nie die hare teen jul slape en die kant van julle baard afskeer en merke in julself kerf of tatoeërmerke op julle lyf maak soos die heidene wanneer hulle oor hul dooies rou.Ek is die Here.’

Levitikus is geskryf +- 1200 v C dus opdrag voor die intrek in beloofde land.Daar moes dus ‘n duidelike onderskeid wees.
Jy verstaan ook die begrip ‘hel’ verkeerd.Dit beteken dat by die finale oordeel ,jy vir ewig
van jou Skepper geskei word en nooit weer met Hom vereenig kan word nie.Lees gerus die gelykenis van die arm en ryk man.

Mense wat die soenverdienstes van Jesus Christus onverwaardelik aanneem ,word God se aangenome kinders al vallende en struikelende op hierdie aarde.Per aspera ad astra .

Devill ·

@Frans C

Reken jy die tattoos op Falau se bors, bo arm en onder arm is van Christelike afkoms?

Haan ·

Die meerderheid is reg. Die minderheid is opreg… Staan sterk Izzy!

Frans C ·

Tatoes het niks met Christen wees uit te waai nie.Ons bring ook nie meer diere offerandes nie.Daar is ‘n nuwe testament (verbond).Die ou verbond was ‘n geslote verbond tussen
God en die uitverkore volk.

Deur Christus se lewe,sterwe en opstanding het ‘n nuwe oop verbond tot stand gekom vir elkeen, tatoes en al, hoere en in wateer sonde toestand jy ook al was, wat Jesus Christus as hul enigste borg en Saligmaker aan neem.Hy was eers ‘n Mormon.

Frans C ·

Beste Toffieappel

Wanneer reken jy is Levitikus geskryf. Jou onkunde straal uit jou antwoord.

Gaan lees eers Jesus se uitnodiging na die feesmaal en kyk wie dit op die ou einde bygewoon het.Wat is jou naam?

Marius ·

Dis jammer dat ons mense so op ons eie opinies kan staatmaak. Dit wat Folau gesê het is nie sy woorde nie maar God se Woorde. Dis maklik om te praat as jy nie voor God se almag staan nie. Wat sal jy kan sê op die oordeelsdag as jy voor God staan? Dan sal die Woord van God realiteit word. Folau het die realiteit reeds besef en waatsku mense net.

Vryheid ·

Mag Israel Folau waarlik die beskerming van ons Hemelse Vader ontvang en ervaar.
Dapper man!

Liamari ·

Verbaas my glad nie dat almal teen hom is nie. As jy die waarheid praat sal jy veral in die laaste dae veroordeel word. Dis jou plig as Christen om mense te vertel van die Here en van Sy wil. Hy het sy bekendheid as platform gebruik, wonderlik! Vir enigeen wat twyfel oor homoseksualiteit lees Romeine 1. Kies die waarheid of kies die wereld.

Anoniem ·

Wat de …….. het Sy rugby speel te doen met Sy Christelike oortuiging ! Waarheid is waarheid en dankie Folau vir Jou ‘GUTS’ ! Al die snert vind plaas onder die kombers en daar is menige geraamtes in KASTE (nie meer lank nie dan sal die koring van die kaf geskei word – GOD gaan nie die snert verder duld nie) DIT KOS MAAR NET 1 GEHOORSAME MAN OF VROU OM ‘N GROOT VERSKIL TE MAAK ???

Peet ·

Deesdae is alles wat reg is verkeerd en alles wat verkeerd is is reg.Almal wil” in “wees.Mense volg die wereld dis waarom dit so gaan.Folau vir president.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.