Rustenburg Warriors mik na nuwe hoogtes

rtbw bestuurRustenburg Warriors mik die komende seisoen na nuwe hoogtes nadat hy die uitspeelwedstryde in die Luiperds se Jaap Steynliga vanjaar net-net misgeloop het, sê die herkose president, Reinier Ras.

Die klub het sy bestuur vir 2016-2017 op sy afgelope jaarvergadering aangewys.

Xandré Bosse is die voorsitter, Chané Venter die ondervoorsitter, Reinette Ras die sekretaris, en Karlien Bosse die penningmeester.

Annelie Griffiths is die vrouekomitee se voorsitter, en die bykomende lede is Shani Edwards (bestuursake) en Divan van Niekerk (terreinsake).

John Griffiths is die hoofafrigter en hy word deur Henry van Niekerk bygestaan.

Agter op die foto bo regs is Xandré Bosse, John Griffiths, Reinier Ras en Divan van Niekerk. Voor is Annelie Griffiths, Karlien Bosse, Shani Edwards, Reinette Ras en Chané Venter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.