Rykste rugbytiener se salaris laat monde water

Marcus Smith – rykste rugbytiener. (Foto: Twitter)

ʼn Speler wat pas sy skoolloopbaan voltooi het, sal na wat berig word tydens die eersvolgende Engelse rugbyseisoen die ekwivalent van miljoene rande verdien.

Die Britse media berig dat Marcus Smith, ʼn 18-jarige losskakel van die Engelse klub Harlequins, dan glo minstens £230 000 (sowat R3,9 miljoen) per jaar sal verdien – ʼn salaris wat menige senior speler se mond sal laat water.

Dit sal hom heel waarskynlik die rykste tienderjarige rugbyspeler ter wêreld maak.

As akademiespeler verdien hy tans £30 000 (sowat R510 000) per jaar.

Beserings aan die klub se voorste losskakels, die oud-Stormer Demetri Catrakilis en die oud-Shark Tim Swiel, het die jongeling ʼn kans gebied wat hy met albei hande aangegryp het, en hy het tot dusver in 11 van Quins se 13 wedstryde hierdie seisoen gespeel.

Smith, wat in die Filippyne gebore is, het verlede jaar Suid-Afrika saam met die Engelse o.18-span besoek.

Hy het ook al vir die Engelse o.20-span gespeel, en was eweneens deel van die Rose se senior oefengroep.

Engeland se afrigter, Eddie Jones, het aangedui dat hy die jong ster vir 2019 se toernooi om die Wêreldbeker in die oog het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yankee ·

Wow, compare to a US NFL quarterback that make $24 million a year.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.