SA A-speler een van verskeie Pumas-skuiwe

Chris Cloete ontwortel die Cheetahs se oud-Pumas-vleuel, Rosko Specman. (Foto: André Meintjes/Steval Pumas)

ʼn Speler wat in Junie vir Suid-Afrika se naasbestes teen die Franse gespeel het, kry Saterdag in Kimberley sy eerste kans in die Pumas se opdrafspan.

Chris Cloete is ná ʼn paar stewige vertonings van die bank af in Francois Kleinhans se plek as flank vir die Laevelders se Curriebeker-kragmeting teen Griekwas gekies.

Stefan Willemse begin die wedstryd in Jeremy Jordaan se plek op slot nadat laasgenoemde harsingskudding opgedoen het.

Gerrit Smith skuif van senter af in Devon Williams se plek, heelagter toe, Jerome Pretorius skuif middelveld toe, en JP Lewis is die nuwe linkervleuel.

Die span –

15. Gerrit Smith, 14. JP Lewis, 13. Jerome Pretorius, 12. Hennie Skorbinski (kaptein), 11. Ruwellyn Isbell, 10. Justin van Staden, 9. Stefan Ungerer, 8. Francois Kleinhans, 7. Lambert Groenewald, 6. Chris Cloete, 5. Hugo Kloppers, 4. Stefan Willemse, 3. Pieter Scholtz, 2. Mark Pretorius, 1. Khwezi Mona. Bank: 16. Frank Herne, 17. De-Jay Terblanche, 18. Lindsay Cameron, 19. Thembelani Bholi, 20. Carel Greeff, 21. Reynier van Rooyen, 22. Sias Ebersohn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.