SA afrigter se Moeflons deur na Euro-eindstryd

Oostenryk se sege Saterdag oor Slowenië in Afdeling 2 Suid van die Europese Kampioenskap verseker dat ʼn Suid-Afrikaanse afrigter se span se plek in die eindstryd van sy reeks bespreek is.

Die Oostenrykers het hul kragmeting teen die tuisspan in Lubljana, Slowenië, met 22-18 gewen.

Die Steenbokke (vernoem na ʼn wilde Alpynse bok wat nie verwant aan die Suid-Afrikaanse wildsbokkie is nie) se 13 reekspunte nadat hulle hul verpligtinge afgehandel het, is een minder as die onoorwonne Ciprus se 14 ná drie wedstryde.

Dit beteken Ciprus wen die Afdeling, al het hy nog ʼn wedstryd teen Serwië oor.

Die Moeflons (ʼn soort bergskaap eie aan Ciprus), wat deur die KwaZulu-Nataller Andrew Binekos afgerig word, het Oostenryk vroeër met 42-5 afgeransel.

Dit beteken Ciprus wen die onderafdeling, al het hy nog ʼn wedstryd teen Serwië oor.

Hy sal op die ou end kragte teen die wenner van Afdeling 2 Noord meet.

Luxemburg is ná twee wedstryde onoorwonne en die vroeë voorloper in die Noorde. Dié deel van die reeks begin egter nou eers in alle erns.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.